Back

★ Karl-Marx-Hof - artikels met gnd-identifiseerders ..



Karl-Marx-Hof
                                     

★ Karl-Marx-Hof

Karl-Marx-Hof is een van die bekendste Gemeindebauten in Wene, Oostenryk, en is gelee in die distrik van Döbling. Die gebou is vernoem na die bekende Duitse filosoof Karl Marx.

Karl-Marx-Hof is gebou op die Hagenwiese, n smal strook grond wat tot die 12de eeu onder die water van die Donaurivier was, diep genoeg vir skepe om oor die gebied te vaar. Teen 1750 was dit net n poel water wat gedreineer is deur die Heilige Romeinse keiser Josef II. Tuine is toe in die gebied aangeplant wat in die middel van die 1920s verwyder is om plek te maak vir die oprigting van die derde grootste behuisingsontwikkeling in Wene, n program onderneem deur die sosiale demokrate.

Karl-Marx-Hof is gebou tussen 1927 en 1930 deur die stadsbeplanner Karl Ehn, n volgeling van Otto Wagner, en ontwerp as n monumentele "superblok". Dit beslaan 1 382 woonstelle vir sowat 5 000 bewoners en is genoem die Ringstrasse des Proletariats, of die ringstraat van die proletariaat in teenstelling met die elegante Wiener Ringstraße, n sirkelvormige straat aan die buitekant van die middestad. Slegs 20% van die 1 000 meter lange, 150 000 m² gebied is toegebou, die res van die gebied is ontwikkel in speelareas en tuine. Die perseel sluit in baie geriewe, insluitende droogskoonmakers, baddens, kleuterskole, n biblioteek, dokterspreekkamers en kantore. In die 1980s word Karl-Marx-Hof omgebou.

Karl-Marx-Hof was in die spervuur gedurende die Februaraufstand Februarie-Opstand van 1934 gedurende die Oostenrykse burgeroorlog. Die rebellerende werkers het hulself verskans binne Karl-Marx-Hof. Hulle was tot oorgawe gedwing nadat die Oostenrykse Leer en die Oostenrykse ver-regse paramilitêremagte Karl-Marx-Hof gebombardeer het met artillerie. Karl-Marx-Hof is hernoem Heiligenstädter Hof, maar het die oorspronklike naam teruggekry in 1945. Die artillerieskade is in die 1950s herstel.

Met n lengte van oor een kilometer 1 100 m, wat oor vier tremhaltes strek, hou Karl-Marx-Hof die rekord vir die langste enkele residensiele gebou in die wêreld.

                                     
  • 16de distrik die grootste kompleks met 1 587 woonstelle Karl - Marx - Hof 19de distrik 1 325 woonstelle en die kompleks Friedrich - Engels - Platz
  • van Karl Marx wat n korrespondensie met hom begin. Proudhon se beroemde antwoord, die eerste en laaste, sal hom die lewenslange vyandskap van Marx besorg
  • is ook die eienaars van groot fabrieke by die feodale klas gereken - Karl Marx het na die moderne kapitaalkragtige bourgeoisie as die nuwe vorm van feodalisme
  • grafkelder Kaiserliches Hofmobiliendepot Keiserlike meubelversameling Karl - Marx - Hof Lutherische Stadtkirche Lutheraanse Stadskerk Karlskirche St. Karelskerk
  • Karl Marx Friedrich Engels, Ludwig Feuerbach, Arthur Schopenhauer, Albert Schweitzer, Friedrich Nietzsche, Edmund Husserl, Eduard von Hartmann, Karl
  • die DDR bestaan en was hoofsaaklik in die suide in stede soos Leipzig, Karl - Marx - Stadt tans Chemnitz en Dresden gekonsentreer. Ander belangrike industriële
                                     
  • wyse die politiek in die hemel, met historiese figure soos Nietzsche, Karl Marx Paulus, Confucius en Freud wat elkeen ook n rol speel. Hierdie boek
  • tjellis en direkteur van die Stellenbosse Internasionale Kamermusiekfees Frans Marx 1942 - akteur en draaiboekskrywer Hugh Masekela 1939 - sanger, musikant

Users also searched:

karl-marx-hof, artikels met gnd-identifiseerders. karl-marx-hof,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →