Back

★ Kerriewors - artikels met gnd-identifiseerders ..



Kerriewors
                                     

★ Kerriewors

Kerriewors is n braaiwors wat gebraai of diepgebraai, in stukkies gesny en saam met n sous bedien word wat van tamatieketchup of -puree en kerriepoeier gemaak word. Tipiese byvoegsels is aartappelskyfies of rolletjies.

Kerriewors is vandag n gewilde wegneemete wat by worsstalletjies verkoop word. Kerriewors word normaalweg in tamatiesous gedoop, met kerriepoeier besprinkel en in happiegroottes gesny, waarna dit met n plastiek- of houtvurk geeet word.

Tans is daar twee variante van kerriewors in Duitsland - naas dié van Berlyn het n sterk gekruide kerriewors in die Ruhrgebied in Noordryn-Wesfale gewild geraak.

                                     

1. Geskiedenis

Die resep vir kerriewors word algemeen verbind met Herta Heuwer 1913-1999, n boorling van Koningsberg en eienares van n worsstalletjie wat op die hoek van Kant- en Kaiser Friedrichstraat in die Berlynse stadsdeel Charlottenburg gelee was. Volgens oorlewering het sy op 4 September 1949 die eerste gebraaide wors saam met n sous bedien wat sy van tamatiepuree, kerriepoeier, Worcestershiresous en ander bestanddele gemaak het wat sy van Britse soldate verkry het. Haar sous is op 21 Januarie 1959 onder die handelsmerk Chillup - n samevoeging van chili en ketchup - gepatenteer.

Herta Heuwer se besigheid het vervolgens na n peuselkroeg in Kaiser Friedrichstraat 59 - naby die destydse busterminaal in die rooiligdistrik rondom die plein Stuttgarter Platz - verhuis waar dit tot n vaste instelling ontwikkel het. Die kroeg was 24 uur per dag oop en het op sy hoogtepunt tot 19 verkoopsters in diens gehad. Heuwer se kerriewors was só gewild dat die Amerikaanse voedselreus Kraft tans Mondelēz na bewering gepoog het om haar resep en handelsmerk te koop. Sedert 2003 herinner n gedenkplakaat in Kantstraat 101 h / v Kaiser Friedrichstraat 59 aan Herta Heuwer.

Heuer word weens die patent, wat sy op haar sous en handelsmerk Chillup verkry het, dikwels as "uitvinder" van die kerrieworsresep beskou. Die Duitse Kerrieworsmuseum, wat in 2009 in Berlyn geopen is, het n hele uitstallingsaal aan Heuwer en haar Chillup gewy. Die internetreus Google het Herta Heuwer ter geleentheid van haar honderdste verjaardag op 30 Junie 2013 met n Google Doodle vereer.

Die Duitse kultuurhistorikus Petra Foede gaan egter daarvan uit dat meerdere Berlynse worsverkopers by die ontwikkeling van die kerrieworsresep betrokke was. Die resep is moontlik uit nood gebore aangesien ketchup in die naoorlogse jare nouliks verkrygbaar was. Worsverkopers het indertyd met verskillende kruiemengsels geeksperimenteer om dit te vervang.

In Sakse het die slagter Max Brückner vanaf omstreeks 1947 met alternatiewe omhulsels vir wors geeksperimenteer nadat natuurlike derms, waarin worsmassa tradisioneel gepers is om styf te word en sy kenmerkende vorm te kry, kort ná die Tweede Wêreldoorlog skaars geraak het. Brückner se nuwe metode het verseker dat lang worsies ook sonder derms gemaak kon word. In die vroee vyftigerjare het Brückner hom in Wes-Berlyn gevestig waar hy die worsvervaardigingsproses vervolmaak het en sy produk met sukses bemark het.

Die Jankowitz-gesin uit Berlyn-Spandau was sy eerste klante. Brückner se Spandauer ohne Pelle "Spandause wors sonder dermomhulsel" het saam met die tamatiesous, wat hy volgens Herta Heuwer se voorbeeld berei het vinnig gewild geraak. Steeds meer worsverkopers het "kerriewors sonder derm" by hul stalletjies verkoop sodat dié benaming algemeen aanvaar is.

Sedert die 1980s het ander wegneemetes soos Turkse döners en Amerikaanse hamburgers strawwe mededingers vir die kerriewors geword wat drie dekades lank die gewildste produk by Duitse worsstalletjies was. Dit is steeds baie gewild in Berlyn, Hamburg, die Ruhrgebied, die Rynland en in die kafeterias van baie Duitse ondernemings. As verkoelde kitskos word kerrieworsies ook in supermarkte aangebied.

                                     
  • Wolgemut geskilder. Die gewildste geregte is moontlik die beroemde Berlynse kerriewors en die Turkse döner n met vleis en groente gevulde brood wat albei

Users also searched:

kerriewors, artikels met gnd-identifiseerders. kerriewors,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →