Back

★ Karel XIII van Swede - artikels met gnd-identifiseerders ..



Karel XIII van Swede
                                     

★ Karel XIII van Swede

Karel XIII was van 1809 tot 1818 die koning van Swede en van 1814 tot 1818 as Karel II die koning van Noorwee.

Karel, uit die huis Holstein-Gottorp, was die tweede seun van koning Adolf Frederik van Swede en Louisa Ulrika van Pruise, die suster van Frederik II van Pruise. Hy volg n loopbaan in die vloot en word n admiraal, waar hy enkele suksesvolle seeslae in die Russies-Sweedse Oorlog 1788–1790 lewer.

Na sy broer, koning Gustaaf III in 1792 vermoor is, was hy vier jaar lank regent vir die minderjarige kroonprins Gustaaf IV. Die werklike regering is egter deur sy vertroueling, baron Gustaf Adolf Reuterholm behartig, wat hy in die Geheime Raad aangestel het. Reuterholm het aanvanklik hervormings deurgevoer, onder andere meer persvryheid. Nadat die Sweedse pers met besprekinge oor die meriete van die republikeinse grondwette van Frankryk en die Verenigde State van Amerika begin, is die liberalisering stopgesit. Toe Gustaaf IV meerderjarig word moes Reuterholm na die buiteland vlug. Sy oom, Karel XII het homself na sy landgoed teruggetrek.

Op 13 Maart 1809 het die Sweedse leer die jong koning afgesit en die 60-jarige prins Karel weer tot regent uitgeroep. Op 6 Junie word hy die koning nadat hy die nuwe liberale grondwet, waarin die mag van die koning beperk word, erken. Op 4 November 1814 word hy ook die koning van Noorwee, wat deur die Verdrag van Kiel van Denemarke losgemaak is, en in n personele unie met Swede verbind is. Dit vergoed die vorige verlies van Finland aan Rusland.

Karel se kinders het jonk gesterf hy was met sy niggie, Hedwig Elizabeth Charlotte van Holstein-Gottorp getroud. Die afgesette Gustaaf Adolf het met sy kinders en al na die buiteland gevlug, wat hulle ook van die troon uitgesluit het. Die Deense prins Christiaan August van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Augustenburg herdoop tot Karel August is as troonopvolger aangewys. Baron Reuterholm, wat in 1809 uit ballingskap teruggekeer het, is nie toegelaat om die koning te word nie.

Na die skielike, onverwagte dood van die Deense kandidaat-troonopvolger in 1810 nooi die Sweedse regering die Franse maarskalk Jean-Baptiste Bernadotte om as troonopvolger en regent te regeer. Hy word deur Karel XIII as sy stiefseun aangeneem. Na Karel se dood bestyg hy die kroon as Karel XIV Johan. Sy nageslag regeer Swede tot vandag toe.

                                     

1. Nageslag

Hy het die volgende kinders by Hedwig Elizabeth Charlotte van Holstein-Gottorp gehad:

  • Louisa Hedwig van Swede 2 Julie 1797 – 2 Julie 1797 prinses van Swede.
  • Karel Adolf van Swede 3 Julie 1798 – 10 Julie 1798 prins van Swede.

By sy buite-egtelike minnares, die hofdame Christina Augusta von Fersen 10 Maart 1754 – Stockholm, 8 April 1846, verwek hy:

  • Carl Axel Löwenhielm Stockholm, 3 November 1772 – 9 Junie 1861.

Aangenome kinders:

  • Jean Baptist Jules Bernadotte 1763–1844 as Karel XIV Johan koning van Swede.
  • Christiaan August van Sleeswijk-Holstein-Sonderburg-Augustenburg 1768–1810 as Karel August kroonprins van Swede.
                                     
  • dogter van prins Christiaan August van Anhalt - Zerbst. Sy was n niggie van konings Gustaaf III en Karel XIII van Swede en van die Russiese troonopvolger Pieter
  • egter geabdikeer. Op 4 November is Karel XIII van Swede verkies tot nuwe koning van Noorweë onder die naam Karel II. Op 3 Desember 1839 het Christiaan
  • aartsbiskop van Teodosia en Antonio Francesco Sanvitale, aartsbiskop van Urbino, aan as kardinale. 27 Junie Peter die Grote verslaan Karel XII van Swede by die
  • troonafstand van Romulus Augustulus in 476 nie. 875 Pous Johannes VIII kroon Karel die Kale tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk. 967 Pous Johannes XIII kroon
  • teken van rou oor die val van Bologna. 1584 Pous Gregorius XIII stig die Maroniete seminarie in Rome. 1709 Pieter die Grote verslaan Karel XII van Swede
  • Molinos veroordeel word. 1700 Tydens die Slag van Narva verslaan Koning Karel XII van Swede die leër van tsaar Pieter die Grote. 1722 Die Nederlandse
  • Opvolgingsoorlog. 1818 Karel III van Swede word as koning van Noorweë gekroon. 1822 Brasilië verklaar onafhanklikheid van Portugal. 1940 Die Blitz
  • die grootste deel van Italië. Bonifatius en Clemens VII het mekaar oor en weer geëkskommunikeer. Clemens het Karel III tot koning van Napels gekroon, maar
                                     
  • van Swede Op 28 - jarige ouderdom word hy prefek van Rieti. Vervolgens kry hy poste in Sabina en Orvieto. By sy terugkeer na Rome word hy vikaris van die
  • aangegaan met Karel I van Engeland en met ander Protestantse state soos die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande, Denemarke en Swede Hy het ook
  • finansierder van koning Karel Karl VII 1395 1495 Dorothea von Brandenburg - Kulmbach, koningin van Denemarke, Noorweë en Swede en ook hertogin van Schleswig
  • bevestig. Alhoewel die land nou in n politieke unie met Swede verenig is, het die Sweedse koning Carl XIII in n proklamasie Noorweë se outonomie erken: Die
  • Nadat dele van Sweeds - Pommere reeds in die Vrede van Stockholm in 1720 Pruisies geword het, het Swede op die Weense Kongres in 1815 ook die res van die gebied
  • die basis van n verskeidenheid Normandiese geregte. Die beroemde kok van die Franse konings Karel V en Karel VI, Taillevent, is n boorling van Normandië
  • teraardebestelling van oorledenes het sy geskiedkundige voorbeeld daarnaas ook in die graflegging van Jesus Christus gehad. In n dekreet van Karel die Grote uit
  • vervolg van dié wat deur die Franse Rewolusie van 1789 aangehits is en het tydens n deel van die Eerste Franse Republiek en die hele bestaan van die Eerste

Users also searched:

karel xiii van swede, artikels met gnd-identifiseerders. karel xiii van swede,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →