Back

★ Tweede Konsilie van Nicea - artikels met gnd-identifiseerders ..



Tweede Konsilie van Nicea
                                     

★ Tweede Konsilie van Nicea

Die Tweede Konsilie van Nicea van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk is in 787 byeengeroep deur keiserein Irene van Bisantium tydens die pousskap van Adrianus I. Die sewende ekumeniese konsilie het gehandel oor die verering van ikone.

                                     

1. Agtergrond

In die 7de en 8ste eeu moes die Bisantynse Ryk baie gebiede afstaan aan die Arabiere en Slawiese volke. In 717 het keiser Leo III Konstantinopel pas weer bevry. Hy was uit Isaurie, ’n ruwe, onherbergsame streek waar hy van die Jode en Moslems geleer het om ikone te minag. Hy het vermoed die ryk verloor teen sy vyande omdat dit God se straf was vir die gebruik van ikone in die kerk. Hy het ’n paar dekrete teen ikone uitgevaardig en ’n periode het gevolg waarin talle ikone vernietig is.

Gou was daar onenigheid tussen die teenstanders van ikone, wat ikonoklaste "ikoonbrekers" genoem is, en die ikonodule "ikoonslawe". Volgens die ikonoklaste verbied die Tien Gebooie die verering van beelde en ikone, en volgens die ikonodule het die Ou Testament die uitbeelding van God verbied omdat ’n mens Hom nie kon uitbeeld nie, maar dit het verander ná die vleeswording van Christus omdat God toe wel sigbaar geword het en dus nou afgebeeld kan word.

Ná Leo se dood is hy deur sy seun Konstantyn V opgevolg. Hy was ook ’n ikonoklas. Gou ná sy troonbestyging het ene Artavasdus ’n staatsgreep probeer uitvoer om die gebruik van ikone te herstel. Die staatsgreep het misluk, maar die ryk is in ’n burgeroorlog gedompel wat drie jaar geduur het. In 754 het Konstantyn ’n konsilie in Hieria gehou wat ’n ekumeniese konsilie genoem is en waarin ikone veroordeel is. Daar was egter geen patriarg of patriargale verteenwoordiger teenwoordig nie, en dit is noodsaaklik vir ’n ekumeniese konsilie.

Hierna het Konstantyn die ikonodule begin vervolg. Ná sy dood in 775 is hy opgevolg deur sy seun Leo IV, wat ’n ikonoklas was, maar meer gematig as Konstantyn. Die vervolging het dus merendeels opgehou.

Leo se vrou, Irene, was in die geheim ’n voorstander van ikone en toe sy ná Leo se dood in 780 regent word vir hul seun Konstantyn VI, het sy die sewende ekumeniese konsilie byeengeroep. Dit sou in Konstantinopel gehou word, maar muitende ikonoklastiese soldate het die plan in die wiele gery en daar is toe besluit om die konsilie in Nicea te hou, waar die eerste ekumeniese konsilie sowat vierhonderd jaar tevore gehou is.

                                     

2. Verrigtinge

Die eerste sessie het op 24 September 787 begin en die laaste sessie, die agtste, op 23 Oktober van dié jaar. Die Bybel en kerkvaders is aangehaal om die verering van ikone te regverdig. Eindelik is besluit dat ikone van Christus, Maria en die heiliges vereer mag word. Latreia aanbidding van ikone mag nie plaasvind nie, maar wel dulia verering. Net God mag aanbid word. Die konsilie het ikonoklasme as kettery veroordeel. Die konsilie van Hieria is herroep en ikone in ere herstel.

Beide die Oosters-Ortodokse en die Rooms-Katolieke Kerk aanvaar vandag die Tweede Konsilie van Nicea.

                                     
  • stad in Klein - Asië. Dit is veral bekend vir die Eerste en Tweede Konsilie van Nicea wat in die eerste millennium n.C. daar gehou is. Dit is tans die stad
  • deur Theodosius I. Die konsilie het die geloofsbelydenis van die Eerste Konsilie van Nicea bevestig en het ook oor onderwerpe gehandel soos arianisme
  • aartsbisdom. 24 September Die Tweede Konsilie van Nicea vind plaas. 3 Oktober Tassilo III van Beiere lê die eed van trou af aan Karel die Grote en
  • vierde ekumeniese konsilie aanvaar. Die meeste Protestante beskou ook die begrippe van die Drie - eenheid en menswording wat in 325 in Nicea en in Chalcedon
  • Die Tweede Konsilie van Konstantinopel van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk is in 553 deur keiser Justinianus I van Bisantium byeengeroep tydens
  • n Ekumeniese konsilie is n konferensie van kerkleiers en teologiese kenners wat gehou word om leerstellings en praktyke in n kerk te bespreek en verskille
  • geformuleer wat tydens die konsilie van Nicea as grondslag vir die Christendom aanvaar is. Die grootste deel van die geloofsbelydenis van Nicea is ook deur hom geskrywe
  • Die Derde Konsilie van Konstantinopel van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk was die sesde ekumeniese konsilie en is in 680 byeengeroep deur keiser
  • oorsprong van die Heilige Gees in die Geloofsbelydenis van Nicea - Konstantinopel 325 en 381 nie aanvaar nie omdat dit nie deur n Groot Konsilie goedgekeur
  • nl.: 374 - Die konsilie van Rome. 380 Die konsilie van Konstantinopel wat die werk van Nicea voltooi het en die goddelikheid van die Heilige Gees
  • 1738 Pous Clemens XII stel Silvio Valenti Gonzaga, titulêr aartsbiskop van Nicea aan as kardinaal. 1961 Die Indiese weermag val die Portugese kolonie


                                     
  • volgelinge uit Mekka voltooi hulle Hijra na Medina. 787 Die Tweede Konsilie van Nicea vind plaas. 1370 Pous Urbanus V kom in Avignon aan na sy terugkeer
  • Heilige Week gevas. In 325 is tydens die Eerste Konsilie van Nicea oor die buigsame Romeinse datum van Paasfees beraadslaag. Rakende Goeie Vrydag en Heilige
  • as voorwerpe van aanbidding nie. Die maatstawwe waarvolgens hulle gebruik word, word duidelik uitgestippel in die Tweede Konsilie van Nicea die 7de ekumeniese
  • deelgeneem aan die Tweede Konsilie van Nicea Aan die begin van die 9de eeu was Athos n ruk lank verlate weens invalle deur die Emiraat van Kreta. Omstreeks
  • Michael II getrou het. Irene, wat n non geword het. By sy minnares en later tweede vrou, Theodote, het hy twee seuns gehad, wat albei jonk dood is: Leo Nog
  • die merk van die liggaam, het keiser Konstantyn die Grote die tatoeëring van gesigte omstreeks 330 n.C. verbied, en die Tweede Konsilie van Nicea het in
  • weggeskeur van die Katolieke hoofkerk weens die omstredenheid van die Konsilie van Chalcedon in 451 n.C. Die Armeens - Apostoliese Kerk is die tweede grootste
  • van 1645 tot 1676 regeer het, het in 1652 n sinode saamgestel om Russiese en Griekse liturgiese boeke met mekaar te vergelyk. In 1666 het n tweede sinode

Users also searched:

tweede konsilie van nicea,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →