Back

★ Derde Konsilie van Konstantinopel - artikels met gnd-identifiseerders ..



Derde Konsilie van Konstantinopel
                                     

★ Derde Konsilie van Konstantinopel

Die Derde Konsilie van Konstantinopel van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk was die sesde ekumeniese konsilie en is in 680 byeengeroep deur keiser Konstantyn IV van Bisantium tydens die pousskap van Agato en Leo II. Die leerstelling van monoteletisme is bespreek en uiteindelik deur beide die konsilie en die pous verwerp. Daar is besluit Christus is werklik God en werklik mens, elk met sy eie wil en energie.

                                     

1. Agtergrond

Monoteletisme was ’n kompromisleerstelling wat deur patriarg Sergius I van Konstantinopel voorgestel is met die ondersteuning van keiser Herakleios nadat die Tweede Konsilie van Konstantinopel nie daarin kon slaag om die Miafisiete terug te lok na die kerk nie. Laasgenoemde groep het geglo dat Christus net een natuur een wil het, in teenstelling met die kerk se standpunt soos geneem op die Konsilie van Chalcedon dat Hy ’n menslike en goddelike natuur het.

Aangesien niks by Chalcedon oor Christus se wil besluit is nie, was monoteletisme ’n kompromis tussen die Chalcedoniers, wat kon aanvaar dat Christus een wil het as Hy twee nature het, en die Miafisiete, wat kon aanvaar dat Christus twee nature het as Hy een wil het.

Dié leerstelling is deur verskeie pouse teengestaan en het gelei tot ’n skeuring tussen die kerk in die Oos-Romeinse en Wes-Romeinse Ryk. Met die dood van Herakleios in 641 is hy deur sy kleinseun Konstans II opgevolg. Dié het ’n verbod op die bespreking van God se wil en energie geplaas in ’n poging om verdere onenigheid te voorkom.

Pous Martinus I, ’n groot teenstander van monotelitisme, het in 649 ’n sinode in Rome gehou wat dié leerstelling en Konstans se verbod op die bespreking daarvan verwerp. Hy het pogings gesteun om die bewind oor te neem omdat hy geglo het ’n nuwe en ortodokse keiser sou goddelike beskerming vir die ryk kry teen sy vyande. Dit is egter as hoogverraad beskou en pous Martinus is verhoor, skuldig bevind en verban.

Met Konstans se dood in 668 is hy opgevolg deur sy seun Konstantyn IV. Hy wou vrede met Rome herstel en het dadelik aan die pous geskryf en gevra dat ’n konferensie oor die saak gehou word.

                                     

2. Verrigtinge

Op 7 November 680 het slegs 37 biskoppe byeengekom vir die Derde Konsilie van Konstantinopel. ’n Brief van pous Agato is voorgelees waarin hy die amptelike beleid van die kerk stel: dat Christus ’n goddelike én ’n menslike wil en energie het.

Die meeste van die biskoppe het die brief aanvaar. Daar is terselfdertyd besluit dat Christus se menslike wil "onderworpe is aan sy goddelike en almagtige wil". Dié besluite is na Agato se opvolger, Leo II, gestuur en hy het dit bekragtig.

                                     
  • Die Tweede Konsilie van Konstantinopel van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk is in 553 deur keiser Justinianus I van Bisantium byeengeroep tydens
  • Konsilie van Efese, ook bekend as die derde ekumeniese konsilie van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk is in 431 deur keiser Theodosius II van
  • dae en n 29 Februarie gehad. 7 November Begin van die sesde ekumeniese raad in Konstantinopel ook bekend as die Derde Konsilie van Konstantinopel
  • n stadium baie gewild, totdat dit eindelik in 681 op die Derde Konsilie van Konstantinopel as kettery veroordeel is. Hierdie artikel is vertaal uit die
  • Begin van die sesde ekumeniese raad van Konstantinopel ook bekend as die Derde Konsilie van Konstantinopel 1150 Pous Eugenius III keer terug na
  • Honorius I is juis daaroor as ketter veroordeel deur die derde konsilie van Konstantinopel in 680 Severinus het geweier. Die keiser het hom twee jaar
  • in lyn te bring met die res van die Kerk. Pous Honorius I is deur Pous Agatho tydens die derde konsilie van Konstantinopel in 680 meer as 40 jaar na sy
  • van die Eerste Konsilie van Konstantinopel van 381 n.C. Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van die hemel en aarde, van alle sigbare en
  • nl.: 374 - Die konsilie van Rome. 380 Die konsilie van Konstantinopel wat die werk van Nicea voltooi het en die goddelikheid van die Heilige Gees


                                     
  • besluite van die Eerste Konsilie van Konstantinopel die tweede Groot Konsilie in 381 wat deur latere konsilies ondersteun is, is dat die Patriarg van Konstantinopel
  • 553 Die Tweede Konsilie van Konstantinopel vind plaas. 1260 Kublai Khan word na die dood van sy broer Mongke tot heerser van die Mongoolse ryk verkies
  • hulle geglo dat Maria nie die moeder van Christus die God was nie, maar net van Christus die mens. Die Konsilie van Chalcedon, wat die hoofstroom - Christene
  • die hoeksteen van die ortodoksie. Ondanks die groot teenstand is die hervormings wat patriarg Nikon begin het, aanvaar op die konsilie van 1666 1667. Die
  • die Rooms - Katolieke Kerk het Latyn tot met die Tweede Vatikaanse Konsilie die taal van die mis gebly. Baie wetenskappe, soos geneeskunde en biologie, gebruik
  • Bybel. Die Armeense Kerk het die Konsilie van Chalcedon, wat in 451 plaasgevind het en waarvolgens die eenheid van goddelikheid en menslikheid in Jesus

Users also searched:

derde konsilie van konstantinopel,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →