Back

★ Tweede Konsilie van Konstantinopel - artikels met gnd-identifiseerders ..



Tweede Konsilie van Konstantinopel
                                     

★ Tweede Konsilie van Konstantinopel

Die Tweede Konsilie van Konstantinopel van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk is in 553 deur keiser Justinianus I van Bisantium byeengeroep tydens die pousskap van Vigilius. Dit was sowat ’n eeu ná die Konsilie van Chalcedon en was veral daarop gemik om die Miafisiete, wie se dogma dat Christus net een natuur het by Chalcedon verwerp is, weer terug te bring in die kerk deur ’n paar toegewings aan hulle te doen.

                                     

1. Agtergrond

Keiser Theodosius II van Bisantium het in 449 die Tweede Konsilie van Efese byeengeroep nadat die opperab Eutyches die vorige jaar in Konstantinopel afgesit is deur patriarg Flavianus omdat Eutyches nie wou instem met ’n teologiese formulering wat benadruk het dat Christus twee nature, een goddelik een menslik, het nie. Eutyches was ’n aanhanger van monofisitisme, die opvatting dat Christus slegs een, goddelike natuur het.

Eutyches se afsetting is op die konsilie ongedaan gemaak en Flavianus is self afgesit. Dit was veronderstel om ’n ekumeniese konsilie te wees, maar het die bynaam "Rowersinode" van pous Leo I gekry omdat ’n paar van die besluite afgedwing is deur die teenwoordigheid van gewapende soldate.

In 451 het Theodosius se opvolger, Marcianus, ’n nuwe konsilie by Chalcedon byeengeroep, waar die 449-konsilie van Efese tersyde gestel is. Eutyches se leerstelling is verwerp en die Chalcedoniese geloofsbelydenis uitgereik waarvolgens Jesus, as die tweede persoon in die Heilige Drie-eenheid, in twee nature erken word: menslik en goddelik.

Daarna het ’n groot chaos in die Oos-Romeinse Ryk geheers. Die ryk was verdeeld tussen die Chalcedoniers, wat die leerstellings van die Konsilie van Chalcedon aanvaar het, en die Miafisiete, wat dit verwerp het en geglo het dat Christus net een natuur het, wat sowel goddelik as menslik was. Hulle het geglo die leerstellings van Chalcedon grens aan Nestorius se dwaalleerstellings dat Jesus se goddelike en menslike natuur twee aparte entiteite is. Dit het dikwels gelei tot gewelddadige konfrontasies tussen die twee partye.

Die situasie was so sleg dat verskeie keisers probeer het om die situasie te besleg. Keiser Zeno het in 482 op advies van patriarg Acacius van Konstantinopel die Henotikon uitgevaardig, ’n kompromisformule om albei partye tevrede te stel. Dit het egter misluk.

Justinianus I, wat in 527 aan die bewind gekom het dit as sy taak beskou om die eenheid in die kerk te herstel. Onderhandelings het op niks uitgeloop nie. Die keiser wou egter aan die Miafisiete bewys dat die Konsilie van Chalcedon nie Nestoriaans was nie en het die Nestoriaanse werke van Theodoretus van Cyrrhus, die teoloog Theodorus van Mopsuestia en die brief van Ibas van Edessa aan Mari de Perzier, wat saam die Drie Hoofstukke genoem is, veroordeel. Daarmee wou hy dit duidelik maak dat die kerk die goddelike en menslike natuur van Christus in een persoon erken sonder ’n verdeling van die twee nature, en dat die kerk teen diegene was wat Nestorius gehelp of geïnspireer het.

                                     

2. Verdere konflik

Die Tweede Konsilie van Konstantinopel het van 5 Mei tot 2 Junie 553 plaasgevind. Die hoofdoel daarvan was om die keiser se veroordeling van die Drie Hoofstukke te bevestig.

In die weste was die veroordeling egter nie baie gewild nie. Pous Vigilius het in 548 ook die Drie Hoofstukke veroordeel, maar gestaan by die Konsilie van Chalcedon. Die kerke van Afrika, Italie en Dalmasie het hom toe geekskommunikeer. Twee jaar later het hy sy veroordeling teruggetrek en by die konsilie in Konstantinopel het hy geweier om die Drie Hoofstukke weer te veroordeel. Die konsilie het nogtans voortgegaan met hul veroordeling daarvan.

Die direkte gevolg van die konsilie was ’n groot skeuring in die weste, wat tot in 700 n.C. geduur het toe die kommunie met die pous herstel is. Dit het ook nie die kerk regtig verenig nie. Die Miafisiete was nie beïndruk deur wat hulle as ’n klein toegewing beskou het nie. Hierna sou hulle net verder van die kerk wegdryf. Nog een keer is probeer om die kerk te verenig met die leer van monoteletisme. Ook dit het egter misluk toe dit op die Derde Konsilie van Konstantinopel veroordeel is.

Vandag word die Tweede Konsilie van Konstantinopel deur sowel die Oosters-Ortodokse as die Rooms-Katolieke Kerk erken as die vyfde ekumeniese konsilie.

                                     
  • Die Derde Konsilie van Konstantinopel van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk was die sesde ekumeniese konsilie en is in 680 byeengeroep deur keiser
  • Konsilie van Konstantinopel word as die tweede ekumeniese konsilie erken deur alle moderne Christelike kerke. Dit was die eerste ekumeniese konsilie van
  • Die Tweede Konsilie van Nicea van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk is in 787 byeengeroep deur keiserein Irene van Bisantium tydens die pousskap
  • Die Tweede Konsilie van Efese is in 449 byeengeroep deur keiser Theodosius II van Bisantium. Dit was veronderstel om n ekumeniese konsilie te wees, maar
  • Aartsbisdom van Konstantinopel Nuwe Rome gelyke aansien en gesag as Rome het, bo die aartsbisdomme van Alexandrië en Antiogië. Die konsilie word deur
  • jaar van die 6de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 5 Mei Die Tweede Konsilie van Konstantinopel vind
  • Leo I skryf die Tome aan patriarg Flavianus van Konstantinopel Tweede Konsilie van Efese vind plaas waar Flavianus van Konstantinopel veroordeel word.
  • het, onder andere patriarg Josef II van Konstantinopel Die hereniging het misluk weens teenstand in Konstantinopel maar Johannes kon eindelik die stad
  • oorsprong van die Heilige Gees in die Geloofsbelydenis van Nicea - Konstantinopel 325 en 381 nie aanvaar nie omdat dit nie deur n Groot Konsilie goedgekeur
  • nl.: 374 - Die konsilie van Rome. 380 Die konsilie van Konstantinopel wat die werk van Nicea voltooi het en die goddelikheid van die Heilige Gees
  • pontifikaat van Pous Leo I het hy die veroordeling van Flavianus van Konstantinopel op die tweede konsilie van Efese in 449 sterk teengestaan. Op 19 November
  • 1272 word hy aartsbiskop van Lyon en in 1273 kardinaal - biskop van Ostia. Hy het prominent deel geneem aan die tweede konsilie van Lyon. Op 21 Januarie 1276
  • volg Pous Simplicius op as pous van die Rooms - Katolieke Kerk. 874 Die beendere van Sint Nicephorus word in Konstantinopel begrawe. 1406 Pous Innocentius


                                     
  • besluite van die Eerste Konsilie van Konstantinopel die tweede Groot Konsilie in 381 wat deur latere konsilies ondersteun is, is dat die Patriarg van Konstantinopel
  • Justinianus I van Bisantium gee onmiddellik die opdrag om die koepel te herbou. 1274 In Frankryk open die Tweede konsilie van Lyons om die verkiesing van die
  • van Novara. Op 9 Desember 1513 bevestig die 5de Lateraanse konsilie die vrede met koning Lodewyk XII en maak sodoende n einde aan die skeuring van Pisa
  • opvolger. 553 Die Tweede Konsilie van Konstantinopel vind plaas. 1260 Kublai Khan word na die dood van sy broer Mongke tot heerser van die Mongoolse ryk
  • deelgeneem aan die Tweede Konsilie van Nicea. Aan die begin van die 9de eeu was Athos n ruk lank verlate weens invalle deur die Emiraat van Kreta. Omstreeks
  • gebruik. In die Rooms - Katolieke Kerk het Latyn tot met die Tweede Vatikaanse Konsilie die taal van die mis gebly. Baie wetenskappe, soos geneeskunde en biologie
  • weggeskeur van die Katolieke hoofkerk weens die omstredenheid van die Konsilie van Chalcedon in 451 n.C. Die Armeens - Apostoliese Kerk is die tweede grootste
  • sentrale burokrasie. Ná Konstantinopel die vervolging van die kerk beëindig het, het die plaaslike administratiewe strukture van die Ryk die westelike
  • en n paar van die laaste pouse het dit al besoek. Die Kerk van Maria naby Efese se hawe is in 431 gebruik vir die Eerste Konsilie van Efese, wat gelei
  • filosofie ontvang, maar is na sy dood by die Tweede Konsilie van Konstantinopel in 553 veroordeel aangesien sommige van sy leerstellings as ketters beskou is
                                     
  • Bybel. Die Armeense Kerk het die Konsilie van Chalcedon, wat in 451 plaasgevind het en waarvolgens die eenheid van goddelikheid en menslikheid in Jesus
  • van 1645 tot 1676 regeer het, het in 1652 n sinode saamgestel om Russiese en Griekse liturgiese boeke met mekaar te vergelyk. In 1666 het n tweede sinode

Users also searched:

tweede konsilie van konstantinopel,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →