Back

★ Kombinat - artikels met gnd-identifiseerders ..



Kombinat
                                     

★ Kombinat

Die term kombinat het in die sentrale planekonomiee van sosialistiese lande na die volgende verwys:

  • N Kombinasie van opvoedkundige instellings wat verskillende vlakke verenig het - van kleuterskool tot beroepspleidingsentrum "kinderkombinat".
  • N Kombinasie van verskeie ondernemings wat as n monopolie opgetree het.
  • N Groot industriele onderneming waarin verskeie maatskappye verenig is wat deur dieselfde tegnologiese proses of n gemeenskaplike bestuur met mekaar verbind was.

Die mees gebruiklike betekenis is dié van n konglomeraat of n groep ondernemings binne n sentrale planekonomie wat min of meer dieselfde profiel van produksie gedeel het en vertikaal en horisontaal geïntegreer is.

                                     

1. Kombinate in die DDR-ekonomie

Net soos in ander sosialistiese lande het kombinate ook in die ekonomiese ontwikkeling van die Duitse Demokratiese Republiek DDR n sentrale rol gespeel. In die Sowjet-besettingsone van Duitsland en latere DDR is Volkseigene Betriebe VEB ondernemings wat in volksbesit, dit wil sê min of meer staatsbeheerd was sedert 1948 in "verenigings van VEB" Vereinigungen Volkseigener Betriebe, VVB saamgesluit. Vanaf die laat 1960s is VVB -strukture in verdere sentraliseringsprosesse na kombinate verander.

Die term kombinat is in Oos-Duitsland se beplande ekonomie veral op samesluitings van industriele of ander ondernemings toegepas wat alle produksiestappe van n vervaardigingsproses dikwels insluitende leweransiers verteenwoordig het. So het enersyds groot genasionaliseerde maatskappye as kombinate voortbestaan, andersyds is ook nuwe kombinate in sleutelbedrywe gestig. In die 1950s het hierdie bedrywe veral grondstowwe, metallurgie, chemie en elektrotegniek ingesluit, later het nuwe kombinate ook in die infrastruktuur- en vervoerbedryf ontstaan. Omstreeks 1970 was reeds twee derdes van alle werknemers in sentraal geleide staatsondernemings in kombinate werksaam.

Aanvanklik is DDR-kombinate volgens die beginsel van horisontale integrasie binne n bepaalde bedryf gevorm - soortgelyke en belangrike, soms ook alle vervaardigers van n bepaalde bedryf is in kombinate saamgesluit. Geleidelik is ook leweransiers en handelsondernemings - insluitende groothandelaars - en selfs navorsingsinstitute en ingenieurskantore by hierdie proses ingesluit - in n kombinat kon dus die vervaardiging, navorsing, ontwikkeling en bemarking van n hele bedryf saamgesmelt word. Met hul struktuur sou kombinate n bydrae lewer tot die rasionalisering en n verbeterde en gesentraliseerde bestuur van produksieprosesse. Elke kombinat is vanuit n stamonderneming bestuur - meestal was dit die grootste of mees gekwalifiseerde VEB binne n kombinat.

Die ondernemings van n kombinat het nogtans voortbestaan as regspersone en het goedere steeds onder hul oorspronklike naam vervaardig. Kombinate is óf sentraal óf volgens distrikte deur n direkteur-generaal dikwels die direkteur van n kombinat se stamonderneming bestuur.

Binne die stelsel van die DDR-planekonomie was elke kombinat verplig om ook verbruiksgoedere vir die plaaslike bevolking te vervaardig - volgens voorskrif ten minste vyf persent van die totale produksie. Die leiers van kombinate moes rekenskap gee oor hul voorgeskrewe bydrae tot die vervulling van die staat se ekonomiese plan. Daar was wél kombinate wat volgens Oos-Duitse standaarde uiters winsgewend was - soms het hulle jaarlikse wins enkele miljard Mark van die DDR beloop. Aangesien tagtig persent van alle winste aan die staat afgestaan moes word en alle kombinate daarnaas in die COMECON-lande se vaste stelsel van werkverdeling ingebind was waar die ontwikkeling en vervaardiging van produkte vir Oosblok-markte - en hier veral die Sowjetunie - voorrang geniet het kombinate nogtans min kanse gehad om op westerse markte bekendheid te verwerf of om tred te hou met die voortsnellende tegnologiese ontwikkeling van westerse ekonomiee.

Ná die politieke omwenteling van 1989 / 1990 en die Duitse hereniging in 1990 is alle DDR-kombinate geprivatiseer. Weens strukturele en omgewingsprobleme, eiendomskwessies en die groot behoefte aan modernisering is die strukture van die oorgrote meerderheid kombinate ontbind.

                                     
  • maatskappy Carl Zeiss wêreldfaam geniet. Die Kombinat Carl Zeiss met 60 000 medewerkers was die grootste kombinat in die Duitse Demokratiese Republiek. Ná
  • 2000: Die Motorrad - Cops: Hart am Limit 2004: Ei verbibbsch - Das Comedy Kombinat 2006: Love Is in the Air 1995: Eine Frau wird gejagt 1995: Kinder der Nacht
  • in Tarnobrzeg is in die 1930 s wapenfabrieke en in 1960 n swaelsuur - kombinat opgerig word die Subkarpate deur n lae vlak van industrialisering gekenmerk
  • BSG Stahl Sangerhausen. Die klub is later weer herdoop na BSG Mansfeld - Kombinat Sangerhausen en het in 1980 sy grootste prestasie behaal deur vir 1 seisoen
  • naas hul amptelike naam nog n erenaam gedra, soos byvoorbeeld die VEB Kombinat Chemische Werke Walter Ulbricht Leuna - ter ere van die staats - en partyleier
                                     
  • woonkomplekse Wohnkomplexe Die nuut beplande stad en sy yster - en - staal - kombinat is ontwerp om in die destydse Duitse Demokratiese Republiek DDR se yster
  • en Grieks ontleen is, soos byvoorbeeld Traktorist trekkerbestuurder Kombinat n groep van staatsbeheerde ondernemings waarin navorsing, ontwikkeling
  • Die Trjochgornaja - tekstielaanleg is gedurende die Sowjet - tydperk in n kombinat omgeskep. Tans huisves die fabriekskompleks onder meer winkels, kroeë en

Users also searched:

kombinat, artikels met gnd-identifiseerders. kombinat,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →