Back

★ Kauai - artikels met gnd-identifiseerders ..



Kauai
                                     

★ Kauai

Kauai is die vierde grootste en oudste eiland van die Hawaise Argipel. Die eiland het meer as agt miljoen jaar gelede as n vulkaankeel uit die see verrys. Die vulkaan is lankal geblus, en die lawarotse op die eiland is oor duisende jare deur wind, reen en getye verweer tot vrugbare grond.

Die hange teen die bergpieke in die middel van die eiland – soos Waialeale – behoort tot die natste plekke op aarde: die jaarlikse reenval beloop hier meer as 12 000 millimeter. In 1928 is selfs jaarlikse rekordneerslae van 22 000 millimeter aangeteken. Die verdamping van groot hoeveelhede water en die plaaslike topografie met opwaartse hellings laat die heersende vogtige Passaatwinde vinnig styg en veroorsaak sodoende die swaar reen wat gereeld oor die eiland uitsak. Danksy die groot watermassas is Kauai dan ook die enigste Hawaii-eiland waar egte riviere voorkom.

Saam met Niihau, die "Verbode Eiland", wat saam met Kauai geadministreer word, neem die eiland ook in ander opsigte n besondere posisie in die Hawaii-eilandgroep in. Vanwee sy ligging in die noordelike uithoek van die argipel kan Kauai nie vanaf enige ander eiland gesien word nie – om kartografiese redes word dit op toeristekaarte dikwels nader aan die hoofeiland Oahu verskuif.

Kauai was die eerste Hawaii-eiland waar kaptein James Cook op 21 Januarie 1778 voet aan wal gesit het en die laaste eiland van die argipel wat koning Kamehameha I se oproep tot politieke vereniging van alle eilande nagekom het. Terwyl alle ander Hawaii-eilande reeds teen die einde van die 18de eeu deur die heerser verower is, het die bewoners van Kauai hulle eers in 1810 vrywillig aan sy heerskappy onderwerp om n oorlog op hulle eiland te voorkom.

Kauai as een van die mees afgelee Hawaii-eilande is met sy lang ongerepte strande, skoon seewater en palms steeds n trekpleister vir toeriste wat op soek is na die rustigheid en bekoring van n tropiese eiland. Kauai het sy bynaam "Tuineiland" aan die geurige mohikana -bessies en bloeisels te danke wat hier oral blom.

                                     
  • n oppervlakte van bykans 180 km². Ni ihau is 28, 2 kilometer suidwes van Kauai anderkant die Kaulakahi - kanaal geleë. Nadat die eiland in 1864 deur Elizabeth
  • Oseaan en staan in Engels bekend as die Laysan albatros. By Kilauea Point op Kauai Hawaii. In vlug oor die oseaan. Van onder gesien. In vlug. Loop oor gras
  • meer media in die kategorie Kalākaua I van Hawaii. Christopher Buyers. Kauai Genealogy Royal Ark web site. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3
  • plaaslike naam, Néné, is n gans wat slegs op die Hawaiise eilande Maui, Kauai en Hawaii voorkom. Die Hawaiiese gans het in die middel van die 20ste eeu
  • Turkye, stig die Republikeinse Volksparty. 1924 Hanapepe - menseslagting in Kauai Hawaii. 1942 Tweede Wêreldoorlog: n Japanse vlottervliegtuig laat n
                                     
  • Groot Eiland en naamgewer met 10 548, Maui met 1 888, Oahu met 1 574, Kauai met 1 432, Molokai met 673, Lanai met 362, Niihau met 180 en Kahoolawe digby
  • horisontale bane wat die agt grootste eilande voorstel, nl. Hawaii, Oahu, Kauai Kahoolawe, Lanai, Maui, Molokai en Niihau. n Negende baan is op n tyd
  • Romeinse vuurtoring wat steeds in gebruik is. Die Kilaueavuurtoring op Kauai een van die Hawaiise eilande. Die Swakopmundvuurtoring in Namibië. Die

Users also searched:

kauai, artikels met gnd-identifiseerders. kauai,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →