Back

★ Kappadosië - artikels met gnd-identifiseerders ..



Kappadosië
                                     

★ Kappadosië

Kappadosie is ’n streek in Sentraal-Turkye, grootliks in die Nevsehir-provinsie.

Die naam is regdeur die geskiedenis in Christelike bronne gebruik en is steeds die naam van ’n streek met buitengewone natuurlike wonders, veral die unieke "feeskoorstene", en ’n unieke historiese en kulturele erfenis. Dit is ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.

In die tyd van Herodotus is berig dat die Kappadosiers die hele streek van Berg Taurus tot naby die Swartsee bewoon het. In hierdie sin is Kappadosie se grens in die suide gevorm deur die Taurus-gebergte wat dit van Silisie skei, in die ooste deur die Bo-Eufraat-rivier en die Armeense Hoogland, in die noorde deur Pontus en in die weste deur Likaonie en Oos-Galasie.

                                     

1. Etimologie

Die vroegste aantekening van die naam Kappadosie dateer uit die laat 6de eeu v.C. as een van die streke van die Persiese Ryk. In dié geskrifte is die Persiese naam Katpatuka, duidelik nie van Persiese oorsprong nie.

Volgens Herodotus het die Perse aan die Kappadosiers hulle naam gegee, terwyl die antieke Grieke hulle "Siriers" of "Wit-Siriers" Leucosyri genoem het.

Kappadosie word ook in die Bybelboek Handelinge genoem Hand.2:9 as een van die groepe wat die evangelie op die dag van die pinksterfees kort voor die opstanding van Jesus in hul eie taal van die Galileers gehoor het. Uit Hand 2:5 kan afgelei word dat die Kappadosiers "godsdienstige Jode" was.

Onder latere konings van die Persiese Ryk is die Kappadosiers in twee verdeel. Die een streek waar hulle gewoon het, die binnelandse gebied, is steeds Kappadosie soms Groot Kapadosie genoem en die ander Pontus. Hierdie artikel handel hoofsaaklik oor eersgenoemde.

                                     

2. Geografie en klimaat

Kappadosie lê in die oostelike deel van Anatolie, in die middel van wat vandag Turkye is. Dit bestaan hoofsaaklik uit ’n hoe plato meer as 1 000 m hoog met vulkaniese pieke, waarvan Berg Erciyes naby Kayseri op 3 916 m die hoogste is.

Die grense van die streek is baie vaag, veral in die weste.

In die suide vorm die Taurus-gebergte die grens met Silisie en skei dit Kappadosie van die Middellandse See. In die weste vorm die historiese streke Likaonie en Oos-Galasie die grense, in die ooste die Bo-Eufraat-rivier en die Armeense Hoogland, en in die noorde Pontus.

Vanwee sy hoogte en binnelandse ligging het Kappadosie ’n kontinentale klimaat met warm, droe somers en koue winters met sneeu. Reenval is laag en die streek is hoofsaaklik halfdroog tot droog.

                                     

3. Geskiedenis

Kappadosie was in die laat-Bronstydperk bekend as Hatti, en was die tuisland van die Hetiete. Ná die val van die Hetitiese Ryk is die streek regeer deur ’n soort feodale aristokrasie wat die boere soos slawe behandel het.

Nadat Alexander die Grote ’n einde gebring het aan die Persiese Ryk, het hy die gebied deur een van sy militêre aanvoerders probeer regeer. Ariarathes, ’n Persiese aristokraat, het egter op die een of ander manier koning van die Kappadosiers geword. Ariarathes I 332 - 322 v.C. was ’n suksesvolle heerser en het die grense van die Koninkryk van Kappadosie tot by die Swartsee uitgebrei. Die koninkryk het in vrede geleef tot met die dood van Alexander. Die voormalige ryk is toe in baie dele verdeel en Kappadosie het in die mag van Eumenes beland. Ná sy dood het Ariarathes se seun sy erfenis teruggekry en dit nagelaat aan ’n lyn opvolgers waarvan die meeste dieselfde naam as die dinastie se stigter gehad het.

Onder Ariarathes IV was die koninkryk eers ’n vyand en toe ’n bondgenoot van die Romeinse Republiek. Die intriges en oorloe wat op sy dood gevolg het tot die einde van die dinastie gelei.

Die streek het ’n mate van onafhanklikheid behou tot in 17 n.C., toe dit eindelik ’n Romeinse provinsie geword het. ’n Groot deel daarvan was ’n streek van die Bisantynse Ryk. Kappadosie het verskeie ondergrondse stede, soos dié van Kaymakli, waar vroee Christene geskuil het voordat die Christendom ’n aanvaarde godsdiens geword het. Vir die res van die Bisantynse tydperk is hulle taamlik min geraak deur die konflikte in die gebied, maar dit was later ’n belangrike grenssone teen Moslem-aanvalle.

Ná 1071 het verskeie groepe Seldjoekse Turke hulle in Anatolie gevestig. Kappadosie het geleidelik deel van die Turkse state geword wat in die ooste en weste tot stand gekom het en van die inwoners het hulle tot Islam bekeer. Deur die loop van die 15de eeu het Kappadosie deel van die Ottomaanse Ryk geword nadat die Ottomaanse Turke die gebied oorgeneem het. Dit is vandag steeds deel van die Republiek van Turkye.

In die vroee 18de eeu is ’n nuwe stad, Nevsehir, gestig om as streekshoofstad te dien, ’n rol wat dit steeds vervul.



                                     

3.1. Geskiedenis Kappadosiese Grieks

Baie voormalige Kappadosiers het ’n Turkse dialek begin praat wat in die Griekse alfabet geskryf word en in dele waar Grieks steeds gepraat is die taal in ’n groot mate deur Turks beïnvloed. Hierdie dialek van Grieks is bekend as "Kappadosiese Grieks". Dit word nog net deur ’n handvol afstammelinge van voormalige Kappadosiers in moderne Griekeland gepraat.

                                     

4. Moderne toerisme

Kappadosie is een van die wêreld se grootste natuurwonders. Dit is ’n gewilde toeristebestemming danksy sy unieke historiese, geologiese en kulturele erfenis. Dit is ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Die plato bestaan uit ’n turfsteenlandskap wat ná ’n enorme uitbarsting van drie vulkane miljoene jare gelede ontstaan het, en kalksteen. Die uitbarstings het duisende jare aangehou en die vulkaniese neerslag het ’n dik laag bo-oor die gebied gevorm. Deur geleidelike erosie van die verskillende tipes gesteentes, wat elk teen ’n ander spoed verweer het, is ’n unieke landskap by Göreme geskep. Veral die unieke "feeskoorstene" is ’n besonderse gesig.

Van die vroegste tye af is huise, kerke en kloosters in die turfsteen uitgekap. Dié is steeds oral in die rotswande te sien. In 300 - 1200 het Göreme ’n kloostersentrum geword. Dit is vandag die Göreme-opelugmuseum, een van die beroemdste terreine in Sentraal-Turkye.

                                     
  • I Grieks: Ἀριαράθης 331 v.C. 322 v.C. was die eerste koning van Kappadosië Hy was die seun van die Kappadosiese goewerneur, Ariamnes. Hy was bekend
  • Ariamnes Grieks: Ἀριάμνης was van 280 v.C tot 262 v.C koning van Kappadosië Hy het sy pa, Ariarathes II, opgevolg. Ariamnes was baie lief vir sy kinders
  • Ἀριαράθης Ἐπιφανής Φιλοπάτωρ was van 130 126 v.C tot 116 111 v.C koning van Kappadosië Hy was die jongste seun van Ariarathes V. Sy ma, Nysa, het al haar ander
  • Ariarathes III Grieks: Ἀριαράθης was van 262 255 v.C tot 220 v.C koning van Kappadosië Hy was die seun van sy voorganger, Ariamnes, en het saam met sy pa regeer
  • Ariarathes II Grieks: Ἀριαράθης was van 301 v.C. 280 v.C. koning van Kappadosië Hy was die seun van sy voorganger se oudste broer, Holophernes, en het
  • Grieks: ο Αρχέλαος was van 36 v.C tot 17 n.C die laaste koning van Kappadosië Hy was die seun van Archelaos III, die hoëpriester van Comana. Hy het
  • Ἀριαράθης Εὐσεϐής Φιλοπάτωρ was van 101 v.C tot 95 89 v.C koning van Kappadosië Hy is deur sy pa, koning Mithridates VI van Pontus, op die troon geplaas
  • Grieks: Ἀριαράθης Ἐπιφανής was van 101 v.C tot 96 v.C en weer in 95 v.C. koning van Kappadosië Hy was die tweede oudste seun van Ariarathes VI en sy vrou, Laodice
  • Ἀριαράθης Εὐσεϐής Φιλάδελφος was van omstreeks 42 v.C tot 36 v.C koning van Kappadosië Hy het aan die bewind gekom nadat sy broer, Ariobarzanes III, vermoor
  • Φιλοπάτωρ was van omstreeks 63 62 v.C tot omstreeks 51 v.C koning van Kappadosië Hy was n swak heerser en het die hulp van Gabinius in 57 v.C. nodig
  • Mithradates VI oor Kappadosië Tigranes trou met Mithradates se dogter Cleopatra. Mithradates, gesteun deur sy ooreenkoms met Armenië, val Kappadosië aan en lyf
  • Ariarathes I, die eerste koning van Kappadosië Aristoteles, n antieke Griekse filosoof 384 v.C.


                                     
  • Ἀριοϐαρζάνης Εὐσεϐής Φιλορώμαιος was van 51 v.C tot 42 v.C koning van Kappadosië Die senaat van die Romeinse Republiek het ingestem dat hy sy pa, Ariobarzanes
  • Grieks: Ἀριοϐαρζάνης Φιλορώμαιος was van 95 v.C tot 63 62 v.C koning van Kappadosië Hy is deur die Kappadosiërs as koning gekies nadat die Romeinse Republiek
  • Dit was die 75ste jaar van die 2de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Faustina die jongere in Kappadosië
  • Grieks: Ἀριαράθης Φιλομήτωρ was van 116 111 v.C tot 101 100 v.C koning van Kappadosië Hy was die seun van sy voorganger, Ariarathes VI, en sy vrou, Laodice
  • geïndustrialiseerde stad in die sentrum van Turkye en is in die streek Kappadosië geleë. Die stad het n bevolking van 904 699 in 2014 gehad en het n oppervlakte
  • Caesar, by die Masedoniese stad Philippi. Ariarathes X word koning van Kappadosië geraamde datum 16 November Tiberius, Romeinse keiser 37 Philippi
  • boereopstand teen keiser Wang Mang in die Lülin - heuwels in wat vandag die provinsie Hubei is. Archelaos, die laaste koning van Kappadosië onbekend
  • diktator, imperator opperbevelvoerder en konsul van Rome. Ariarathes X van Kappadosië kom Rome toe. Hy wil Caesar met geld oortuig om hom n koninkryk te gee
  • en Kartago sluit n verdrag teen Pyrrhus. Ariarathes III, koning van Kappadosië A Critical History of Early Rome: From Prehistory to the First Punic War
  • verower Dsopk and lyf dit in. Hiermee bedreig hy die Romeinse belange in Kappadosië maar die Romeine reageer nie. The Seleucid and Hasmonean Periods and
                                     
  • Eusebes Grieks: Ἀριαράθης Εὐσεϐής was van 220 v.C tot 163 v.C koning van Kappadosië Hy was die seun van koning Ariarathes III en was nog n kind toe hy die
  • Konstantyn Diogenes en lid van n magtige Bisantynse Griekse familie van Kappadosië Hy was verwant aan die meeste van die groot adellikes van Klein - Asië
  • is n Griekse filosoof, afkomstig van Tyana in die Romeinse provinsie Kappadosië in Klein - Asië wat in dieselfde tyd as Jesus Christus geleef het. Philostratus
  • geregeer het, verdryf vir sy broer na Cyrene. Ariarathes IV Eusebes van Kappadosië 220 v.C. Arsacids and Sasanians: Political Ideology in Post - Hellenistic
  • die Gote en Herulii te beveg. Junie - - Keiser Tacitus sterf in Tyana in Kappadosië Na Tacitus se dood roep Florianus, moontlik sy halfbroer homself tot
  • Grieks: Ἀριαράθης Εὐσεβής Φιλοπάτωρ was van 163 v.C tot 130 v.C koning van Kappadosië Hy is aanvanklik Mithridates genoem en was die seun van sy voorganger
  • word nie weer in historiese bronne genoem nie, maar het waarskynlik na Kappadosië uitgewyk. Gordon, Bruce. Regnal Chronologies in Engels Geargiveer
  • word aangeneem dat hy in die laat 3de eeu n.C. in n edele familie in Kappadosië n historiese streek in moderne Turkye gebore is. Hy het in die voetspore

Users also searched:

kappadosië, artikels met gnd-identifiseerders. kappadosië,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →