Back

★ Krasnodar-krai - artikels met gnd-identifiseerders ..



Krasnodar-krai
                                     

★ Krasnodar-krai

Krasnodar-krai is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Suidelike Federale Distrik en die hoofstad is Krasnodar. Volgens die Russiese sensus van 2010 het die krai ’n bevolking van 5 226 647 – dit is die federale gebied met die derde meeste inwoners.

Krasnodar-krai is formeel en informeel bekend as Koeban Кубань, ’n term wat verwys na die voormalige Koeban-volksrepubliek en die historiese streek Koeban tussen die See van Azof en die Koebanrivier, wat die grootste deel van die krai se gebied uitmaak. Dit word in die noorde deur die Rostof-oblast begrens, in die ooste deur Stawropol-krai en in die suidooste deur Karatsjai-Tsjerkessie. Adigea is ’n enklawe binne die krai se grense. Krasnodar-krai deel ’n internasionale grens met Abchasie in die suide en grens aan die betwiste gebied Krim in die weste, oorkant die Kertsj-straat.

Die noordelike deel van die krai behoort tot die Donsteppe, terwyl die suidelike streek se Mediterreense klimaat dit ’n gewilde toeristebestemming maak. Noworossijisk is Rusland se belangrikste hawe aan die Swartsee een van die min stede waaraan die titel "Heldestad" toegeken is. Sotsji het die Olimpiese Winterspele 2014 aangebied. Krasnodar-krai bevat ook ’n aansienlike infrastruktuur van die Russiese Vloot se Swartseevloot.

                                     

1. Geskiedenis

Daar word na die streek se eerste bekende bewoners verwys as die Maiote, na aanleiding van die antieke Griekse naam vir die See van Azof Maiotis-meer. In die 6de eeu v.C. het Pontiese Grieke die streek se eerste stede gebou, soos Fanagoria naby die hedendaagse Sennoi en Hermonassa op die Tamanskiereiland. Hulle het met nomadiese volke handel gedryf, onder andere die Skitiers en Sindi.

Tussen die 8ste en 10de eeu is die gebied oorheers deur die Chasare, ’n Turkse volk wat vroeer uit die ooste daarheen migreer en hulle tot Judaïsme bekeer het. Ná die oorwinning oor die Chasaarse Khanaat in 965 het die Kiefse prins Swjatoslaf I die gebied verower en dit het onder beheer van die Kiefse Ryk gekom. Die Tmoetarakan-prinsdom is toe gestig. Later, vanwee toenemende aansprake deur Bisantium aan die einde van die 11de eeu het die Tmoetarakan-prinsdom onder die gesag van die Bisantynse keisers gekom tot 1204.

In dié tyd is die Sirkassiers die eerste keer genoem, onder die naam Kasogs. Prins Kasozjski word byvoorbeeld in Die Verhaal van Igor se Veldtog genoem.

Van 1243 tot 1438 was die hedendaagse grondgebied van die Koeban deel van die Goue Horde. Ná die verval van laasgenoemde het dele van Koeban geval in die Krim-khanaat, Sirkassie en die Ottomaanse Ryk, wat die streek oorheers het. Die Tsaredom Rusland het die protektoraat van die Ottomaanse Ryk in die gebied gedurende die Russies-Turkse Oorloe begin bevraagteken.

In April 1783, ná die ontbinding van die Krim-khanaat, is die deel van die Koeban aan die regteroewer asook die Tamanskierieland op bevel van Katharina die Grote deur die Russiese Ryk geannekseer. In 1792-1794 het Kosakke daarheen getrek vanaf Zaporozje, wat nou in Oekraïne gelee is, en die Swartseetroepe gevorm. Hulle het ’n kordonlyn gevorm vir die Koebanrivier en die naburige Sirkassiers afgesluit. Die administratiewe streek het die status "Land van die Swartsee-Kosakleer" gekry.

Tydens die veldtog om beheer oor die Noord-Kaukasus die Kaukasiese Oorlog van 1763-1864 het Rusland die Ottomaanse Ryk uit die gebied verdryf, en dit is gevolg deur ’n volksmoord op die plaaslike bevolking Sirkassiers.

In 1900 het die bevolking van die streek op sowat 2 miljoen gestaan. Krasnodar-krai is op 13 September 1937 gestig, toe die Azof-Swartsee-krai van die Russiese SFSR opgedeel is in Krasnodar-krai en Rostof-oblast. Op 30 Januarie 1996 het Krasnodar-krai ’n magdelingsooreenkoms met die federale regering gesluit, waarvolgens die streek outonomie gekry het. Dié ooreenkoms is op 12 April 2002 afgeskaf.

                                     

2. Geografie

Krasnodar-krai beslaan die westelike deel van die Voor-Kaukasus en ’n deel van die noordelike hange van die hoof-Kaukasus. Dit grens, regsom vanaf die weste, aan die Oekraïne, waarvan dit geskei word deur die Kertsj-straat en die See van Azof, Rostof-oblast, Stawropol-krai en Karatsjai-Tsjerkessie, en Georgie se wegbreek-republiek Abchasie.

Krasnodar-krai se suidelike grens word gevorm deur Rusland se Swartsee-kus, met die belangrikste hawe Noworossijisk en vakansieoord Sotsji in dié deel van die land.

Geografies word die krai deur die Koebanrivier in twee dele verdeel: Die suidelike derde, histories bekend as Tsjerkessie, lê in die submediterreense Krimwoudkompleks-ekostreek. Die noordelike twee derdes lê op die Ponticsteppe. Die grootste meer is die Abraoe in die wynstreek Abraoe-Djoerso.

                                     

3. Demografie

Die bevolking 5 226 647 volgens die 2010-sensus is gekonsentreer in die Koebanstroomgebied, wat tradisioneel Kosakgrondgebied was. Die Koeban-Kosakke word steeds beskou as ’n belangrike minderheid in die streek. Ander etniese groepe sluit in Armeniers en Oekraïners en talle kleineres.

Volgens die 2010-sensus was daar 33 etniese groepe van meer as 2 000 elk en dit maak dit een van die veelrassigste deelgebiede in Rusland.

                                     
  • artikel oor die krai met dieselfde naam, sien Krasnodar - krai Krasnodar Russies: Краснода р is die grootste stad en hoofstad van Krasnodar - krai in die suidwestelike
  • Federale Distrik. Stawropol - krai het in 2010 n bevolking van 2 786 281 gehad. Die krai word begrens deur die Krasnodar - krai in die weste, Rostof - oblast
  • republiek n deelgebied van Rusland Dit word heeltemal omring deur die Krasnodar - krai Die republiek lê aan die voet van die Kaukasus - gebergte, met vlaktes
  • Krai Russies: край is n term wat verwys na nege van Rusland se administratiewe of deelgebiede. Dit word op verskeie maniere vertaal: as distrik, provinsie
  • Ingoesjetië Kabardino - Balkarië Karatsjai - Tsjerkessië Krasnodar - krai Noord - Ossetië - Alanië Rostof - oblast Stawropol - krai Tsjetsjnië Russia. The Columbia Encyclopedia
  • Woronezj - oblast Suidelike Южный, Joezjni Adigea Astrachan - oblast Kalmikië Krasnodar - krai Rostof - oblast Wolgograd - oblast Noordwestelike Северо - Западный, Sewero - Zapadni
  • Rusland. Die republiek is 14 100 km² groot en grens aan Krasnodar - krai Kabardino - Balkarië, Stawropol - krai en Georgië. Daar is sowat 130 mere. Van die belangrikste
  • Republiek van Karatsjai - Tsjerkessië Krasnodar - krai Republiek van Noord - Ossetië - Alanië Rostof - oblast Stawropol - krai Wolga Поволжский, Powolzjski die
  • Krasnojarsk - krai Russies: Красноярский край, Krasnojarski krai is n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad
  • Chabarofsk - krai Russies: Хаба ровский край, Chabarofski krai is n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Verre - Oosterse Federale Distrik en die hoofstad


                                     
  • Altai - krai Russies: Алта йский край, Altaiski krai is n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Barnaoel
  • Perm - krai Russies: Пе рмский край, Permski krai is n deelgebied van Rusland wat op 1 Desember 2005 tot stand gekom het ná die samesmelting van Perm - oblast
  • Primorski - krai Russies: Примо рский край, Primorski krai ook bekend as Primorje Примо рье is n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Verre - Oosterse
  • Kamtsjatka - krai Russies: Камчатский край, Kamtsjatski krai is n deelgebied van Rusland wat op 1 Julie 2007 ná n referendum gevorm is deur die samesmelting
  • Zabaikalski - krai Russies: Забайкальский край is genoem na die geografiese gebied Transbaikal agter die Baikal en is sedert 1 Maart 2008 n krai van Rusland
  • terwyl sy infrastruktuur op verskillende plekke op die Krim en in Krasnodar - krai geleë is. Dit is vermoedelik op 13 Mei 1783 saam met sy hoofbasis, die
  • weste, Tomsk - oblast in die noorde, Kemerowo - oblast in die ooste en Altai - krai en Kazachstan in die suide. Dit strek oor meer as 600 km van oos na wes en
  • omskep in die Middel - Wolga - krai Op 27 Januarie 1935 is Samara en die krai hernoem tot onderskeidelik Koeibisjef en Koeibisjef - krai ter ere van die Bolsjewistiese
  • in die streek: Amoer - oblast Chabarofsk - krai Joodse Outonome Oblast Kamtsjatka - krai Magadan - oblast Primorski - krai Sacha Sachalin - oblast Tsjoekotka Hierdie
  • die noorde, Krasnojarsk - krai en Chakassië in die ooste, die Republiek Altai in die suide en Nowosibirsk - oblast en Altai - krai in die weste. Hoewel Kemerowo
  • Rusland, hoewel sommige steeds onder die jurisdiksie van die spesifieke krai of oblast is. Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia - artikel
                                     
  • Jakoetië in die noorde, Chabarofsk - krai en die Joodse Outonome Oblast in die ooste, China in die suide en Zabaikalski - krai in die weste. Dit het in 2008 n
  • in die noorde aan die Russiese deelgebiede Karatsjai - Tsjerkessië en Krasnodar - krai Soms word na Abchasië, Suid - Ossetië, Transnistrië en Artsach as post - Sowjetse
  • luister hulp inligting is n Russiese vakansie - en hersteloord in Krasnodar - krai net noord van die Russiese Federasie se suidelike grens met n bevolking
  • in die streek: Boerjatië Chakassië Irkoetsk - oblast Krasnojarsk - krai Tiwa Zabaikalski - krai Russia. The Columbia Encyclopedia, 6de uitg. 2001 - 07 Hierdie artikel
  • volgens die Russiese sensus van 2010 altesaam 1 341 312 inwoners. Kirof - krai is op 7 Desember 1934 gestig. Dit is op 5 Desember 1936 in die Kirof - oblast
  • characteristics of the present condition of the Sea of Azov shore within the Krasnodar Krai ru Lotysh, I.P. 2006 Geography of Kuban. Collegiate Dictionary
  • Magadan - oblast O SO Chabarofsk - krai SO Amoer - oblast S Krai Zabaikalski S Irkoetsk - oblast S SW Krasnojarsk - krai W Water: Noordelike Yssee
  • gebied in Rusland. Dit grens in die weste aan Chabarofsk - krai in die noorde aan Kamtsjatka - krai en in die suide aan Hokkaido, Japan. Die oblast se bevolkingsyfer
  • Rusland. Dit is 50 300 km² groot en grens aan Kalmikië, Tsjetsjnië, Stawropol - krai Azerbeidjan, Georgië en die Kaspiese See. Die grootste deel bestaan uit

Users also searched:

krasnodar-krai, artikels met gnd-identifiseerders. krasnodar-krai,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →