Back

★ Krasnojarsk-krai - artikels met gnd-identifiseerders ..



Krasnojarsk-krai
                                     

★ Krasnojarsk-krai

Krasnojarsk-krai is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Krasnojarsk. Dit is die tweede grootse deelgebied naas Sacha en Rusland se grootste krai. Dit beslaan 13% van die land se totale oppervlakte, en is 56 keer so groot soos Nederland en 77 keer so groot soos Belgie.

                                     

1. Geografie

Die krai lê in die middel van Siberie en behoort tot die Siberiese Federale Distrik. Dit strek oor 3 000 km van die Sajan-berge in die suide met die Jeniseirivier langs tot aan die Taimir-skiereiland in die noorde. Dit grens aan Tjoemen-, Tomsk-, Irkoetsk- en Kemerowo-oblast, Chakassie, Tiwa, Sacha, en die Kara- en Laptef-see van die Noordelike Yssee.

Krasnojarsk-krai lê in die opvanggebied van die Noordelike Yssee en talle riviere vloei daardeur. Daar is ook ’n paar duisend mere, waarvan die grootstes die Beloje, Beljo, Gloebokoje, Itat en Chantaiskoje is.

Die klimaatstoestande verskil grootliks en is arkties, subarkties en gematig. Die temperature wissel ook baie deur die jaar. In die sentrale en suidelike dele, waar die grootste deel van die krai se bevolking woon, kom lang winters en kort, warm somers voor.

Ysgrond kom algemeen voor, veral in die noorde.

                                     

2. Geskiedenis

Volgens argeoloe het die eerste mense Siberie omstreeks 40000 v.C. bereik. Die Andronowo-kultuur, ’n groep volke van die Bronstydperk, het omstreeks 2000-900 v.C. in die streek gewoon. Oorblyfsels is in 1914 naby die dorp Andronowo ontdek. Die grafheuwels en monumente van die Skitiese kultuur in Krasnojarsk-krai dateer uit die 7de eeu v.C. en is van die oudstes in Eurasie. ’n Prins se graf, die Koergan Arsjan, is ook in 2001 in die krai ontdek.

Die Russiese besetting van die streek hoofsaaklik deur Kosakke het in die 17de eeu begin. Ná die bou van die Transsiberiese Spoorlyn het die Russiese kolonisasie van die gebied sterk toegeneem. Gedurende die tyd van beide die tsaars en die Bolsjewiste is die gebied van Krasnojarsk-krai gebruik vir die verbanning van politieke vyande. Die eerste leiers van die Sowjetunie, Wladimir Lenin en Josef Stalin, is onderskeidelik in 1897-1900 en 1903 verban na wat nou die krai is. In Stalin se tyd was baie Goelag-kampe in die gebied gelee.

In 1822 is die Jeniseisk-goewernoraat gestig met Krasnojarsk as sy administratiewe hoofstad – dit het min of meer die gebied van die hedendaagse krai beslaan.

Op 30 Junie 1908 het die Toengoeska-voorval plaasgevind in die bekken van die Podkamennaja Toengoeska-rivier. Dit was ’n kragtige ontploffing wat waarskynlik veroorsaak is deur die ontploffing van ’n groot meteoroïde of komeetstuk op ’n hoogte van 5-10 km bokant die Aarde se oppervlak. Die krag van die ontploffing was na ramig sowat 10-15 megaton. Dit het meer as 2 000 km 2 dennewoud platgevee en duisende rendiere se dood veroorsaak.

Krasnojarsk-krai is in 1934 gestig ná die ontbinding van die Wes-Siberiese en Oos-Siberiese Krai. In 1991 het Chakassie afgestig en ’n republiek binne die Russiese Federasie geword. Op 1 Januarie 2007, ná ’n referendum, het die outonome okroegs Ewenk en Taimir deel van die krai geword.

                                     

3. Ekonomie

Meer as 95% van die stede, nywerheid en landbou is in die suide van die krai gekonsentreer. Die streek is een van die rykstes aan natuurlike hulpbronne. Sowat 80% van die land se nikkel, 75% van die kobalt, 70% van die koper, 16% van die steenkool en 10% van die goud kom van hier, asook 20% van die hout.

Die krai se grootste nywerhede is metallurgie, energie, bosbou, chemikaliee en olieraffinadery.

                                     

4. Demografie

Die bevolking van Krasnojarsk-krai insluitend dié van die voormalige outonome okroegs Taimir en Ewenk was in 2010 altesaam 2 828 187.

Daarvan was 91.3% Russe, 1.4% Oekraïners en 1.3% Tatare. Etniese Duitsers was 0.8%, Azeris 0.6%, Belarusse 0.4%, Tsjoewasj 0.4% en die ander 2.5%. Die inheemse Siberiese volke het minder as 1% van die bevolking uitgemaak. Altesaam 100 621 mense het nie hulle etnisiteit verklaar nie. Daar word geraam die verspreiding van dié groep is dieselfde as vir die groep wat wel hulle etnisiteit verklaar het.

In Augustus 2009 het Krasnojarsk-krai ’n natuurlike aanwas in die bevolking aangeteken, vir die eerste keer in 16 jaar.

                                     
  • Vir n artikel oor die krai met dieselfde naam, sien Krasnojarsk - krai Krasnojarsk Russies: Красноя рск is n stad aan die Jenisei - rivier in Sentraal - Rusland
  • Rusland in die Arktiese Oseaan geleë en behoort administratief aan die Krasnojarsk - krai van die Siberiese Federale Distrik. Komsomoletseiland grens in die
  • Rusland in die Arktiese Oseaan geleë en behoort administratief aan die Krasnojarsk - krai van die Siberiese Federale Distrik. Oktoberrewolusie - eiland grens in
  • Krai Russies: край is n term wat verwys na nege van Rusland se administratiewe of deelgebiede. Dit word op verskeie maniere vertaal: as distrik, provinsie
  • Rusland in die Arktiese Oseaan geleë en behoort administratief aan die Krasnojarsk - krai van die Siberiese Federale Distrik. Bolsjewik - eiland grens in die weste
  • die Angara in n westelike rigting deur die Krasnojarsk - krai en mond sowat 250 km noord van Krasnojarsk in die Jenisejrivier uit. Die Selenga, die grootste
  • deur toendra oorheers. Die argipel behoort administratief aan die Krasnojarsk - krai van die Siberiese Federale Distrik. Die eilandgroep is in 1913 deur
  • val in die streek: Boerjatië Chakassië Irkoetsk - oblast Krasnojarsk - krai Tiwa Zabaikalski - krai Russia. The Columbia Encyclopedia, 6de uitg. 2001 - 07 Hierdie
  • Altai - krai Boerjatië Chakassië Irkoetsk - oblast Kemerowo - oblast Krasnojarsk - krai Nowosibirsk - oblast Omsk - oblast Tiwa Tomsk - oblast Zabaikalski - krai Oeral
  • Stawropol - krai Russies: Ставропо льский край, Stawropolski krai is n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Noord - Kaukasiese Federale Distrik en die


                                     
  • Krasnodar - krai Russies: Краснода рский край, Krasnodarski krai is n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Suidelike Federale Distrik en die hoofstad
  • Boerjatië Irkoetsk - oblast Republiek van Chakassië Krasnojarsk - krai Republiek van Tiwa Zabaikalski - krai Wolga - Wjatka Волго - Вятский, Wolgo - Wjatski Republiek
  • Chabarofsk - krai Russies: Хаба ровский край, Chabarofski krai is n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Verre - Oosterse Federale Distrik en die hoofstad
  • Altai - krai Russies: Алта йский край, Altaiski krai is n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Barnaoel
  • Perm - krai Russies: Пе рмский край, Permski krai is n deelgebied van Rusland wat op 1 Desember 2005 tot stand gekom het ná die samesmelting van Perm - oblast
  • Primorski - krai Russies: Примо рский край, Primorski krai ook bekend as Primorje Примо рье is n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Verre - Oosterse
  • Kamtsjatka - krai Russies: Камчатский край, Kamtsjatski krai is n deelgebied van Rusland wat op 1 Julie 2007 ná n referendum gevorm is deur die samesmelting
  • Zabaikalski - krai Russies: Забайкальский край is genoem na die geografiese gebied Transbaikal agter die Baikal en is sedert 1 Maart 2008 n krai van Rusland
  • 2 292 km 1 424 myl ontspring in die Sentraal - Siberiese Plato in die Krasnojarsk - krai Aansluitend vloei dié rivier in n oostelike rigting deur die Jakoetië - republiek
  • 2 650 km 1 647 myl ontspring in die Wiljoei - plato naby Ekonda, Krasnojarsk - krai net noordwes van Jakoetië. Aansluitend vloei dié rivier in n suidoostelike
  • Tomsk - oblast in die noorde, Krasnojarsk - krai en Chakassië in die ooste, die Republiek Altai in die suide en Nowosibirsk - oblast en Altai - krai in die weste. Hoewel


                                     
  • Sjoesjenskoje Russies: Шушенское is n dorp in die suide van Krasnojarsk - krai Rusland. In 2014 het dit n bevolking van 16 985 gehad. Dit is geleë aan
  • bereikbaar weens taiga, bosse en moerasse. Die streek grens aan die Krasnojarsk - krai en die oblaste Tjoemen, Omsk, Nowosibirsk en Kemerowo. Tomsk - oblast
  • dié rivier, Katanga genoem, in n noordwestelike rigting deur die Krasnojarsk - krai en bereik Wanawara, n nedersetting naby die Toengoeska - voorval se
  • Irkoetsk - oblast en bereik Jerbogachen. Net oos van die grens tot die Krasnojarsk - krai begin die Laer - Toengoeska in n noordwestelike rigting vloei en bereik
  • Swart Ijoes by Kopjowo in die Chakassië - republiek, net suid van die Krasnojarsk - krai Aansluitend vloei die Tsjoelim in n noordoostelike rigting tot by
  • 30 Junie 1908 by 60 55 N 101 57 O in die streek Toengoeska tans in Krasnojarsk - krai in Siberië n Groot aantal bome is in n omtrek van 30 tot 40 kilometer
  • Boerjatië en Tiwa, in die weste aan Krasnojarsk - krai in die noordooste aan Sacha en in die ooste aan Zabaikalski - krai Irkoetsk - oblast bestaan hoofsaaklik
  • Magadan - oblast O SO Chabarofsk - krai SO Amoer - oblast S Krai Zabaikalski S Irkoetsk - oblast S SW Krasnojarsk - krai W Water: Noordelike Yssee
  • Die republiek is 14 100 km² groot en grens aan Krasnodar - krai Kabardino - Balkarië, Stawropol - krai en Georgië. Daar is sowat 130 mere. Van die belangrikste

Users also searched:

krasnojarsk-krai, artikels met gnd-identifiseerders. krasnojarsk-krai,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →