Back

ⓘ Chronologie van die antieke Nabye Ooste. Die chronologie van die antieke Nabye Ooste is ’n raamwerk van datums vir gebeure, heersers en dinastiee. Historiese in ..



Chronologie van die antieke Nabye Ooste
                                     

ⓘ Chronologie van die antieke Nabye Ooste

Die chronologie van die antieke Nabye Ooste is ’n raamwerk van datums vir gebeure, heersers en dinastiee. Historiese inskripsies en tekste dui gebeure gewoonlik aan volgens ’n opeenvolging van amptenare of heersers: "in die jaar X van koning Y". Deur baie rekords te vergelyk kan ’n relatiewe chronologie van datums bepaal word in stede oor ’n groot gebied.

                                     

1. Millenniums

Vir die 1ste millennium v.C. kan die relatiewe chronologie verbind word met werklike kalenderjare deur belangrike sterrekundige gebeure te identifiseer. ’n Inskripsie uit die 10de bewindsjaar van die Assiriese koning Ashur-Dan III verwys na ’n sonsverduistering, en sterrekundige berekenings van die aantal moontlike jare bepaal dat die verduistering op 15 Junie 763 v.C. plaasgevind het. Dit kan bevestig word deur ander sterrekundige voorvalle wat aangeteken is en so kan ’n absolute chronologie bepaal word wat die relatiewe chronologie met die Gregoriaanse kalender verbind.

Vir die 3de en 2de millennium v.C. is dié verband minder seker. ’n Sleuteldokument is die Venus-tablet van Ammisaduqa in wigskrif, wat rekord gehou het van sterrekundige waarnemings van Venus gedurende die bewind van die Babiloniese koning Ammisaduqa, wat die vierde heerser ná Hammurabi was in die "relatiewe kalender". Die konjunksie van die opkoms van Venus met die donkermaan verskaf ’n verwysingspunt, of eerder drie punte, want die konjunksie is ’n periodieke verskynsel. Deur ’n Ammisaduqa-konjunksie met een van hierdie berekende konjunksies te verbind sal die troonbestyging van Hammurabi byvoorbeeld vasgestel kan word op óf 1848 óf 1792 óf 1736 v.C.; dit is bekend as die "lang", "middel-" en "kort" chronologie.

Vir die 3de en 2de millennium v.C. kan die volgende tydperke onderskei word:

  • Die verval van die Bronstydperk: ’n "Donker eeu" het begin met die val van Babilonie se Dinastie III Kassities omstreeks 1200 v.C., die inval van die Seevolke en die val van die Hetitiese Ryk.
  • Vroee Bronstydperk: ’n Reeks heersers en dinastiee wie se bestaan hoofsaaklik geskoei is op die Sumeriese Koningslys, buiten ’n paar wat met inskripsies bevestig kan word. Geen absolute datums met ’n sekerheid van minder as ’n eeu kan aan dié tydperk toegeskryf word nie.
  • Middel- tot laat Bronstydperk: Vanaf die Akkadiese Ryk omstreeks 2300 v.C. word die chronologiese bewyse meer konsekwent. ’n Goeie beeld kan gevorm word van wie vir wie opgevolg het en ooreenkomste tussen Mesopotamie, die Levant en antieke Egipte kan vasgestel word. Die toekenning van absolute datums is debatteerbaar; die konvensionele middelchronologie bepaal dat die verwoesting van Babilon in 1595 v.C. plaasgevind het, terwyl die kort chronologie die datum vasstel op 1531 v.C.
  • Vroee Ystertydperk: Omstreeks 900 v.C. word geskrewe rekords weer talryker met die opkoms van die Nieu-Assiriese Ryk, en dit sorg vir betroubare absolute datums. Klassieke bronne soos die Kanon van Ptolemaeus, die werk van die Babiloniese skrywer en sterrekundige Berossus en die Hebreeuse Bybel verskaf chronologiese ondersteuning en ooreenkomste. ’n Sonsverduistering in 763 v.C. maak die datums van die Assiriese lys van keiserlike amptenare seker.
                                     
  • Die antieke Nabye Ooste was die tuiste van vroeë beskawings in n streek wat rofweg ooreenstem met die moderne Midde - Ooste Mesopotamië moderne Irak
  • koninkryk en ryk van die Antieke Nabye - Ooste Dit het sowat ses eeue lank as n onafhanklike staat bestaan van omstreeks 1250 tot 612 v.C. van die Vroeë Bronstydperk
  • bestaan het nie, kan die gebeure gesinchroniseer word. Indien n mens dan n ingevoerde, gedateerde stuk vanuit Egipte of die Nabye Ooste in n Europese vindplaas
  • 1696 1654 v.C., kort chronologie n ryk gevestig het uit die landstreke van die voormalige Akkadiese Ryk. Babilonië het die geskrewe Semitiese taal
  • beheer oor die gebied oorgeneem en die mag is daarna weer gefragmenteeer in stam - of streekseenhede. Die voorgeskiedenis van die antieke Nabye Ooste begin
  • een van die antieke beskawings in Suid - Mesopotamië, die hedendaagse Suid - Irak, tydens die vroeë Bronstydperk. Hoewel die vroegste voorbeelde van skrif
  • die Nabye Ooste begin: aan die heuwels van Palestina of Egipte. Grinin dateer die begin van landbou uit die tydperk 12 000 tot 9 000 v.C., hoewel die
  • Turukkeërs in die Zagrosgebergte in noordwestelike Antieke Iran in die ooste die Elamiete in wat nou Suid - Sentraal - Iran is in die suidooste, die Amoriete
  • Die Vrugbare Halfmaan is n sekelmaanvormige streek in die Midde - Ooste die hedendaagse Irak, Sirië, Libanon, Israel, Palestina, Jordanië, die noordoostelike
  • en aangrensende lande, wat tussen Thracië in die noordweste, Egipte in die suidweste en Indië in die ooste geleë was. Dit het tussen 550 v.C. en 330 v
  • oonde. Die Akkadiese Tydperk word gewoonlik aangedui as omstreeks 2334 - 2154 v.C. volgens die middelchronologiese tydlyn van die antieke Nabye Ooste of
                                     
  • studie van die geskiedenis van die Nabye - Ooste beskou ander geleerdes die tekste as bloot kulturele en letterkundige dokumente en sien hulle die tekste
  • Egiptiese mitologie is die versameling mites van Antieke Egipte wat die optrede van die Egiptiese gode beskryf as n manier om die wêreld te verstaan. Mites
  • met die Nabye Ooste afgesny. Terselfdertyd is Wes - Europa geteister deur nuwe invalle van barbare uit die noorde en ooste Die gevolg was dat die Italiaanse
  • is in die vroeë 6de eeu v.C. deur die Mede verower. Die erfgename van Urartu is die Armeniërs en hul daaropvolgende koninkryke. Eberhard Schrader, The
  • 4 200 jaar lank, van die middel van die 4de millennium v.C. tot omstreeks die 10de eeu n.C., in Mesopotamië gewoon het. Die streek het die huidige Irak
  • Sonder die regte lettertipe sal jy blokkies of snaakse tekens sien. Jy kan die regte lettertipe hier kry. Wigskrif of spykerskrif is een van die vroegste

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →