Back

ⓘ SAS President Pretorius. Die SAS President Pretorius is die laaste van drie presidentklas Tipe 12 fregatte wat in die Verenigde Koninkryk vir die Suid-Afrikaans ..



                                     

ⓘ SAS President Pretorius

Die SAS President Pretorius is die laaste van drie presidentklas Tipe 12 fregatte wat in die Verenigde Koninkryk vir die Suid-Afrikaanse Vloot gedurende die 1960s gebou is. Die skip was meestal vir opleiding gebruik en het ander hawens in Afrika en Australie besoek. Sy was gemoderniseer en verbeter in die 1970s. Hierna was die skip se aktiwiteite beperk deur n te kort aan mannekrag om haar te beman nadat sy opgegradeer is in 1977. Sy is in 1985 uit diens gestel en 1992 verkoop as skroot.

                                     

1. Tegniese besonderhede

Die presidentklasskepe het normaalweg 2170 langton water verplaas en 2605 langton met volvrag. Dit was 112.78 m lank, 12.5 m wyd en het n diepgang van 5.33 m gehad. Die skepe was aangedryf deur twee stoomturbines met ratoorbrenging wat deur English Electric vervaardig is. Elke turbine het n skroef aangedryf via n dryfas. Stoom vir die turbines is opgewek deur twee Babcock & Wilcox -stoomketels. Die turbines het 3 000 perdekrag op die dryfas ontwikkel wat n maksimumspoed van dertig knope 56 km/h verseker het. Die skepe het 308 langton brandstof aan boord geneem wat n togafstand van 4 500 seemyl teen 12 knope moontlik gemaak het. Die bemanning het bestaan uit 14 offisiere en 200 matrose.

Die presidentklasskepe was toegerus met een skiettoring aan die voorkant wat twee QF 4.5-duim MK V meerdoelige kanonne bevat het en aan die agterkant met een skiettoring wat twee Bofors 40 mm lugafweerkanonne bevat het. Die skepe was ook toegerus met Tipe 162, 170 en 177M sonars saam met die trippelloop MK10 Limbo teenduikbootmortiere. Hulle was ook toegerus met Tipe 293Q radar vir gebruik op die oppervlakte, Tipe 262 en 275 radars vir die kanonne, Tipe 277Q radar vir hoogtevind en Tipe 978 navigasieradar.

In die middel van die 1960s het dit duidelik geword dat die sonars van die presidentklasskepe in staat was om duikbote op te spoor buite die trefafstand van die Limbo teenduikbootmortiere. Die Suid-Afrikaanse Vloot het toe besluit om die Britse Vloot se voorbeeld te volg en die skepe toe te rus met helikopters wat teenduikboot-torpedos kon dra of dieptebomme en dit aansienlik verder van die skip af gebruik. Die voorste Limbo-mortier is verwyder en sy plek is verander na n klein vliegdek. Die agterste Bofors-skiettoring, sy beheerstelsel en van die agterste bobou is verwyder en vervang met n loods vir die Westland Wasp helikopter. Daar is twee enkel Boforskanonne op die dak van die loods aangebring en daar is ook voorsiening gemaak vir vier M2-Browninig 12.7 mm masjiengewere. n Paar Amerikaanse Mk 32 324 mm trippeltorpedobuise, ontwerp vir gebruik deur oppervlakskepe, is ook in die middel van die skip aangebring en die elektronika opgegradeer. Die opgradering het n ekstra Thomson-CSF Jupiter vroeewaarsku-radar ingesluit wat op n nuwe hoofmas aangebring is en ook die Selenia Orion vuurbeheerstelsel. Die President Pretorius was omgeskakel om diesel te gebruik en sommige van haar water ballastenks was omgeskakel na brandstof tenks.

                                     
  • Joubert was die ander twee lede. Die fregat SAS President Pretorius is na hom vernoem. Marthinus Wessel Pretorius is op 17 September 1819 in Graaff - Reinet
  • Die SAS President Kruger is die eerste van drie presidentklas Tipe 12 fregatte wat in die Verenigde Koninkryk vir die Suid - Afrikaanse Vloot gedurende
  • Hierdie drie skepe van 2250 ton, die SAS President Kruger, die SAS President Steyn en die SAS President Pretorius met hul wapentuig duikbootjagmortiere
  • en die Sentraal - Suid - Afrikaanse Spoorweë om die Suid - Afrikaanse Spoorweë SAS te vorm. In die vroeë jare ontwikkel Durban se hawe vlakby die huidige Punt - gebied

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →