Back

ⓘ Spaansematrivier. Die Spaansematrivier is n stroom in die Kaapse Skiereiland. Die rivier ontspring op Witteboomen en Glen Alpine in die Constantiavallei. Daarna ..



                                     

ⓘ Spaansematrivier

Die Spaansematrivier is n stroom in die Kaapse Skiereiland.

Die rivier ontspring op Witteboomen en Glen Alpine in die Constantiavallei. Daarna vloei dit deur Silverhurst, naby die hek van Groot-Constantia onderdeur die Constantia-hoofweg, deur Sillery, langs Spaanschematrivierweg en Kreupelboschweg, deur Belle Constantia, onderdeur die Simon van der Stel-snelweg, deur Bergvliet en aan die oostekant van Louwsvlei verby. Net suid van die stasie van Retreat sluit die rivier by die Keysersrivier aan en mond dan uit in Sandvlei naby Lakeside en Muizenberg. Ook die Dieprivier en Prinskasteelrivier mond in die Sandvlei uit. Groot dele van die Spaansematrivier is gekanaliseer.

Met sekerheid kan nie gesê word waar die Spaansematrivier aan sy naam kom nie. Omdat die rivier in die omgewing van die Silwermyn-natuurreservaat ontspring en daar na silwer gesoek is, het die vroee setlaars dalk planne gehad om hul eie Spaanse mat muntte te munt.

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →