Back

★ Hans von Koessler - artikels met gnd-identifiseerders ..



Hans von Koessler
                                     

★ Hans von Koessler

Hans von Koessler was n Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser. In die Koninkryk van Hongarye, waar hy vir 26 jaar werksaam was, het hy bekendgestaan as János Koessler.

Koessler was n neef van Max Reger, en is gebore in Waldeck, Fichtelgebirge Fichtelgebergtes nou deel van Kemnath, Opper-Palts.

Hy het van 1874 tot 1877 die orrel onder Josef Rheinberger studeer en koorlesse van Franz Wüllner in München ontvang. Onmiddellik hierna het hy na Dresden verhuis waar hy aangestel is as direkteur en onderwyser vir musiekteorie en koorliedere aan die Hochschule für Musik Carl Maria von Weber Dresden. Vanaf 1878 was hy ook dirigent van die Dresdner Liedertafel orkes. Van 1882 tot 1908 het hy aanvanklik onderrig gegee in orrel en koormusiek aan die Franz Liszt Musiekakademie Nasionale Akademie van Musiek in Boedapest in Hongarye. Later het hy ook professor in komposisie geword en is hy tot die adelstand verhef.

Sy studente soos byvoorbeeld Zoltán Kodály, Béla Bartók en Ernő Dohnányi het van die beste Hongaarse komponiste van daardie era geword. Na sy aftrede in 1908 het hy teruggekeer na Duitsland.

Koessler het meer as 130 werke gekomponeer, waaronder n opera, twee simfoniee, simfoniese variasies vir orkes, n vioolconcerto, twee strykkwartette, n strykkwintet, n stryksekstet, n klavierkwintet, n suite vir klavier, viool en altviool, en n mis vir vrouekoor en orrel. Hy het ook psalms getoonset. As gevolg van sy wisselvallige leefwyse het n groot aantal van sy komposisies egter verlore gegaan of in private hande geland.

Koessler se kamermusiek is hoog aangeprys deur verskeie kommentators, waaronder die vooraanstaande kamermusiek wetenskaplike Wilhelm Altmann, wat Koessler se Tweede Strykkwartet en sy Trio-suite vir klavier, viool en altviool vir spesiale lof uitgesonder het.

Hy is in 1926 in Ansbach op 73-jarige ouderdom oorlede.

                                     

1. Bronne

  • Cobbetts Cyclopedic Survey of Chamber Music, Oxford University Press 1963.
  • The New Grove Dictionary of Music & Musicians, Macmillan 1980.
  • Handbuch für Streichquartettspieler, Wilhelm Altmann, Heinrichshofen Verlag 1972.
                                     

2. Eksterne skakels

  • Hans Koessler klankgrepe van & inligting oor sy Trio Suite vir Viool, Altviool en Klavier, Strykkwintet & Stryksekstet.
  • Musiek en media deur Hans von Koessler op die International Music Score Library Project.
                                     
  • dollar. Die Russiese tsaar beset Moldawië en Walachië. 1 Januarie Hans von Koessler Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser. 1926 10 Februarie
  • 1906 Henrik Ibsen, Noorse dramaturg en kritikus 1828 1926 Hans von Koessler Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser. 1853 1944 Grete
  • Mehmet VI, die laaste sultan van die Ottomaanse Ryk 1861 23 Mei Hans von Koessler Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser. 1853 8 Junie
  • komposisie onder Hans von Koessler n neef van Max Reger. István Thomán was n gunstelingstudent van Franz Liszt, en Hans von Koessler was n aanhanger
  • patriot 1818 1839 Ouida, Britse skryfster 1908 1853 Hans von Koessler Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser. 1926 1858 Dirk
                                     
  • aan die Franz Liszt Musiek - akademie in Boedapest, onder andere by Hans von Koessler Sy vroeëre werke is sterk deur Hector Berlioz, Franz Liszt en Richard

Users also searched:

hans von koessler, artikels met gnd-identifiseerders. hans von koessler,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →