Back

★ Kosmologiese konstante - artikels met gnd-identifiseerders ..



Kosmologiese konstante
                                     

★ Kosmologiese konstante

In kosmologie is die kosmologiese konstante die energiedigtheid van die ruimte, of vakuumenergie, wat voorkom in Albert Einstein se vergelykings van algemene relatiwiteit. Dit word nou verbind met die begrippe donker energie en kwintessens.

Einstein het die begrip aanvanklik in 1917 bekend gestel om die uitwerking van swaartekrag teen te werk vir ’n statiese heelal, wat toe die aanvaarde siening was. Einstein het die begrip in 1931 laat vaar ná Edwin Hubble se ontdekking dat die heelal uitdy en nie staties is nie. Van die 1930s tot laat in die 1990s het die meeste fisici aangeneem die kosmologiese konstante is gelyk aan nul. Dit het verander met die ontdekking in 1998 dat die uitdying van die heelal al hoe vinniger plaasvind. Dit het daarop gedui dat die kosmologiese konstante ’n postiewe waarde het in plaas van nul.

Sedert die 1990s het studies getoon sowat 68% van die massa-energie-digtheid van die heelal kan toegeskryf word aan sogenaamde donker energie. Die kosmologiese konstante is die eenvoudigste verduidelik van donker energie, en word gebruik in die huidige standaardmodel van kosmologie bekend as die ΛKDM-model.

                                     

1. In kwantummeganika

In die moderne kwantummeganika steek die kosmologiese konstante weer kop uit. Dit het egter ’n heel eenvoudige natuurkundige betekenis: Dit is die energie-inhoud van ’n vakuum. Hoewel in Einstein se tyd aangeneem is dat die waarde nul is dit tans nie die geval nie. Die aanwesigheid van virtuele deeltjies sorg daarvoor dat daar ook in ’n vakuum energie teenwoordig is.

Pogings is aangewend om die waarde van hierdie kosmologiese konstante te bereken. Die waardes wat gekry is egter baie groter as wat uit kosmologiese oorwegings moontlik behoort te wees – tot 10 150 keer so groot. Hierdie afwyking is al "die swakste teoretiese voorspelling in die geskiedenis van fisika" genoem.

Dit is een van die grootste geheime in wetenskap en baie fisici glo die vakuum bevat die sleutel tot ’n volle begrip van die natuur.

                                     

2. Geskiedenis

Einstein het die kosmologiese konstante in sy vergelykings vir algemene relatiwiteit ingesluit, want hy was ontevrede omdat sy vergelykings andersins blykbaar nie voorsiening gemaak het vir ’n statiese heelal nie: Swaartekrag sou veroorsaak dat ’n heelal wat aanvanklik in dinamiese ewewig was, inkrimp. Om hierdie moontlikheid teen te werk, het Einstein die kosmologiese konstante bygevoeg. Kort daarna het waarnemings deur Hubble aangedui die heelal lyk of dit uitdy, dit het ooreengestem met ’n kosmologiese oplossing vir die oorspronklike vergelykings vir algemene relatiwiteit wat gevind is deur die wiskundige Friedmann terwyl hy aan die Einsteinvergelykings gewerk het. Einstein het na berig word na hierdie nalating om die geldigheid van sy vergelykings te aanvaar – toe hulle die uitdying van die heelal in teorie voorspel het voor dit deur die waarneming van rooiverskuiwing gedemonstreer is – as sy "grootste vergissing" beskryf hoewel dit betwis word.

Inderwaarheid lei die toevoeging van die kosmologiese konstante tot Einstein se vergelykings nie tot ’n statiese heelal in ewewig nie, want die ewewig is onstabiel: As die heelal effens uitdy, sal die uitdying vakuumenergie vrystel wat tot verdere uitdying sal lei. Net so sal ’n heelal wat effens inkrimp, aanhou inkrimp.

Die kosmologiese konstante bly egter ’n onderwerp van belang. Die kosmologiese data van die afgelope paar dekades dui aan dat ons heelal wel ’n positiewe kosmologiese konstante het. Die verduideliking van hierdie klein maar positiewe waarde is ’n teoretiese probleem wat nog opgelos moet word.

                                     

3. Skakels

  • Michael, E., University of Colorado, Department of Astrophysical and Planetary Sciences, "The Cosmological Constant".
  • Carroll, Sean M., "The Cosmological Constant" kort, "The Cosmological Constant".
  • Cosmological constant, artikel uit Scholarpedia.
  • News story: More evidence for dark energy being the cosmological constant.
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kosmologiese konstante.
  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
                                     
  • die hand van die kosmologiese konstante deurdat dit dinamies is dit beteken dit verander mettertyd, anders as die kosmologiese konstante wat, soos die naam
  • die Oerknalmodel waarin die heelal drie hoofkomponente bevat: n kosmologiese konstante wat deur die Griekse hoofletter lambda Λ aangedui word en met
  • voorgestel, wat in die mees eenvoudige teoretiese modelle lyk of dit n kosmologiese konstante is. Terwyl spesiale relatiwiteit bepaal dat voorwerpe in die heelal
  • uitdying van die heelal voortgaan, word materie yler en raak die kosmologiese konstante oorheersend, wat lei tot n versnelling van die uitdying. Die geskiedenis
  • spesialiseer in wiskundige fisika en vroeë - heelal fisika, insluitende die kosmologiese konstante en die sikliese model van die heelal. Turok is gebore op 16 November
  • Die kosmologiese argument is n teorie dat alle dinge in die wêreld deur iets anders geskep of ontstaan het. Synde daar ʼn heelal is eerder as niks nie
  • soos drr. Russell Humphreys en John Hartnett beweer egter dat hulle kosmologiese modelle wat aanvaar dat die Melkweg naby aan die middel van die heelal
  • Oerknal is die benaming van die algemeen aanvaarde kosmologiese teorie wat gebaseer is op die algemene relatiwiteitsteorie en wat beskryf hoe die heelal


                                     
  • elementêre deeltjies en hul wisselwerkings, terwyl algemene relatiwiteit die kosmologiese en astrofisiese terreine, insluitende sterrekunde, raak. Derdens is spesiale
  • n mens aanneem donker energie bly konstant n onveranderlike kosmologiese konstante sodat die heelal al hoe vinniger bly uitdy, is daar n toekomstige
  • Newton - dinamika, en die bestaan van donker materie. Verder is baie van die kosmologiese voorspellings van die laaste paar dekades weerlê deur bewyse dat die
  • ontploffings geskep. Aangesien die halfleeftyd van 129I betreklik kort is op n kosmologiese skaal 16 miljoen jaar het dit beteken dat n kort tyd verloop het vanaf
  • wat kwantitatief identies is aan die standaardmodel, met n klein kosmologiese konstante wat donker materie en n geloofwaardige meganisme vir die kosmiese
  • heelal alle swaartekraggebonde strukture sou isoleer binne hulle eie kosmologiese horisonne. Teen dié tyd het die heelal uitgedy met n faktor van meer

Users also searched:

kosmologiese konstante, artikels met gnd-identifiseerders. kosmologiese konstante,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →