Back

★ Koronavirus - artikels met gnd-identifiseerders ..



Koronavirus
                                     

★ Koronavirus

Koronavirusse is n groep virusse wat siektes by soogdiere en voels veroorsaak. By mense veroorsaak die virusse respiratoriese infeksies - insluitend gewone verkoue - wat gewoonlik lig is. Skaars vorme soos Ernstige akute respiratoriese sindroom, Midde-Oosterse respiratoriese sindroom en die nuwe koronavirus wat veroorsaak dat die Wuhan-koronavirus-uitbraak van 2019 tot 2020 dodelik is. By beeste en varke veroorsaak koronavirusse diarree. By hoenders veroorsaak dit n boonste respiratoriese siekte. Daar is geen entstowwe of antivirale middels wat goedgekeur is vir voorkoming of behandeling nie.

Koronavirusse is virusse in die subfamilie Orthocoronavirinae in die familie Coronaviridae, in die orde Nidovirales.

Koronavirusse word beskryf as omhulde virusse met n positiewe sin, enkelstring, RNS-genoom en met n nukleokapsied van heliese simmetrie.

  • Enkelstring beteken net die een helfte van die bekende dubbele heliksstruktuur van DNS.
  • Nukleokapsied is die proteïenbedekking van n virus se kern.
  • Positiewe sin beteken dat n spesifieke virale RNS-volgorde direk vertaal kan word in die gewenste virale proteïene. Daarom kan die virale RNS-genoom onmiddellik deur die gasheersel vertaal word.

Die genomiese grootte die totale hoeveelheid DNS wat in een eksemplaar van n volledige genoom bestaan van die koronavirus wissel van ongeveer 26 tot 32 kilobase, die grootste vir n RNS-virus.

Die term "koronavirus" is afgelei van die Latynse corona, wat "kroon" beteken en verwys na die kenmerkende voorkoms van die virusdeeltjies virione: hulle het n rand wat aan n koninklike kroon of die son se korona herinner.

                                     

1. Oordrag

Die oordrag van koronavirusse van mens tot mens vind vermoedelik hoofsaaklik plaas in situasies van noue kontak, deur asemhalingsdruppels wat gegenereer word tydens nies of hoes.

                                     

2. Menslike koronavirus

Daar word geglo dat koronavirusse n beduidende persentasie van alle verkoues by volwassenes en kinders veroorsaak. Koronavirusse veroorsaak verkoue met erge simptome, bv. koors, geswelde adenoïede in die keel, veral by mense in die winter- en vroee lente-seisoene. Koronavirusse kan longontsteking veroorsaak, hetsy direkte virale longontsteking of n sekondêre bakteriele longontsteking, en dit kan ook brongitis veroorsaak, hetsy direkte virale brongitis of n sekondêre bakteriele brongitis. Die bekendste menslike koronavirus wat in 2003 ontdek is, EARS-CoV, wat ernstige akute respiratoriese sindroom EARS veroorsaak, het n unieke patogenese omdat dit infeksies in die boonste en onderste lugwee veroorsaak.

Daar is sewe stamme van menslike koronavirus bekend:

  • Nuwe koronavirus EARS-KoV-2, aanvanklik bekend as Wuhan-koronavirus. Die siekte wat die koronavirus EARS-KoV-2 veroorsaak word COVID-19 genoem.
  • Ernstige akute respiratoriese sindroomverwante koronavirus EARS-CoV.
  • Menslike koronavirus 229E HCoV-229E.
  • Menslike koronavirus OC43 HCoV-OC43.
  • Midde-Oosterse respiratoriese sindroomverwante koronavirus MORS-CoV voorheen bekend as die nuwe Koronavirus 2012 en HCoV-EMC.
  • Menslike koronavirus HKU1.
  • Menslike koronavirus NL63 HCoV-NL63, New Haven koronavirus.

Die koronavirusse HCoV-229E, -NL63, -OC43 en -HKU1 sirkuleer voortdurend in die menslike bevolking en veroorsaak respiratoriese infeksies by volwassenes en kinders wêreldwyd.

                                     

3. Ontdekking

Koronavirusse is in die 1960s ontdek. Die vroegste wat ontdek is, was n aansteeklike brongitisvirus by hoenders en twee virusse uit die neusholtes van menslike pasiente met die gewone verkoue wat later die menslike koronavirus 229E en die menslike koronavirus OC43 genoem is. Ander lede van hierdie familie is sedertdien geïdentifiseer, waaronder EARS SARS-CoV in 2003, HCoV NL63 in 2004, HKU1 in 2005, Midde-Oosterse respiratoriese sindroom MERS-CoV in 2012, en EARS-KoV-2 in 2019, die meeste hiervan was betrokke by ernstige lugweginfeksies.

                                     

4. Naam en morfologie

Die naam "koronavirus" is afgelei van die Latynse "corona" en die Griekse κορώνη korṓnē, "krans", wat kroon beteken. Dit verwys na die kenmerkende voorkoms van virione die infektiewe vorm van die virus gesien onder elektronmikroskopie, wat n rand van groot, bolvormige oppervlakprojeksies het, wat n beeld skep wat herinner aan n koning se kroon of die son se korona. Hierdie morfologie word geskep deur die virale "pieke" S peplomere, wat proteïene is wat die oppervlak van die virus bevolk en gasheer-tropisme bepaal. Gasheer-tropisme verduidelik waarom die meeste patogene slegs n beperkte reeks gasheerorganismes kan besmet.

Proteïene wat bydra tot die algehele struktuur van alle koronavirusse is die "pieke" S, omhulsel E, membraan M en nukleokapsied N. In die spesifieke geval van die EARS-koronavirus, bemiddel n gedefinieerde reseptor-bindende domein op S die binding van die virus aan sy sellulêre reseptor, angiotensienomskakelende ensiem 2 ACE2. ACE2 kataliseer die omskakeling van angiotensien, het n direkte uitwerking op die hartfunksie en word hoofsaaklik uitgedruk in vaskulêre endoteliale selle van die hart en die niere. Sommige koronavirusse spesifiek die lede van Betakoronavirus subgroep A, een van die vier genera van koronavirus het ook n korter aarvormige proteïen genaamd hemaglutinienesterase HE, wat gebruik word as n indringingsmeganisme.



                                     

5. Let Wel

In die Ensiklopedie van die Wêreld, Kritzinger e.a. se Verklarende Afrikaanse Woordeboek en Pharos se Groot Woordeboek word die woord korona met n c gespel, dus corona.

                                     
  • die koronavirus Om gekookte gemmer op n leë maag te eet kan die koronavirus doodmaak Suurlemoen met water drink kan gebruik word om die koronavirus en
  • Ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 EARS - KoV - 2 Engels: SARS - CoV - 2 is die stam van koronavirus wat die asemhalingswegsiekte covid - 19
  • datum nie. Bowendien het daar steeds vrese bestaan oor die dodelike koronavirus se aansteeklikheid. en Formula 1, FIA and AGPC announce cancellation
  • word deur die EARS - KoV - 2 - virus. Die uitbreek van n nuwe stam van die koronavirus is aanvanklik in Desember 2019 in die stad Wuhan, Hubei, Volksrepubliek
  • Die Suid - Afrikaanse Koronavirus - variant, ook bekend as 501Y.V2 - variant, 20H 501Y.V2 voorheen 20C 501Y.V2 en die B.1.351 - afstamming is n variant van
  • Algarve - renbaan op 25 Oktober 2020 gehou, na n F1 - kalenderverandering weens die Koronavirus epidemie van 2020. Die Portugese Grand Prix was n motorsportgeleentheid
  • dit een van die mees wydverspreide stukke verkeerde inligting oor die koronavirus maak. Die video is van verskillende platforms, waaronder Facebook, YouTube
  • covid - 19 word veroorsaak deur ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 SARS - CoV - 2 Op 15 Maart 2020 het president Cyril Ramaphosa n nasionale
  • Sergio Pérez het na sy terugkeer van Meksiko positief getoets vir die koronavirus Hy is op kort kennisgewing deur Nico Hülkenberg vervang, wie die negende
  • virus wat dit veroorsaak, sien Ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 EARS - KoV - 2 Vir die pandemie, sien COVID - 19 pandemie. Koronavirussiekte - 2019
  • in Los Angeles gehou sou word. Die konferensie is as gevolg van die Koronavirus - pandemie gekanselleer en sal nie herskeduleer word nie. Die AIA het vanaf
  • mense wat n waarskuwing uitgereik het oor die uitbreek van die Wuhan - koronavirus 2019 - 20, op 30 Desember 2019. Op 3 Januarie 2020 het die polisie in Wuhan


                                     
  • Wenliang, Chinese oogarts en eerste aktivis oor die uitbreek van die Wuhan - koronavirus 2019 - 20, 2020 638 Pous Honorius I, 70ste pous van die Rooms - Katolieke
  • bekend gemaak dat Mark Blum in die ouderdom van 69 oorlede is nadat hy n Koronavirus - infeksie opgedoen het wat komplikasies veroorsaak het. 1985: Desperately
  • Maart 2020 in Milaan se San Giuseppe - hospitaal oorlede nadat hy die Koronavirus opgedoen het. Hy word oorleef deur sy vrou Marina Mazza wat in dieselfde
  • Talal, koning van Jordanië 1935 2020 Li Wenliang, Chinese oogarts, eerste aktivis oor die uitbreek van die Wuhan - koronavirus 2019 - 20 1986
  • onder kwarantyn geplaas weens die uitbreek van n nuwe stam van die koronavirus 2020 n Cessna 550 Citation II van die Burgerlikelugvaartowerheid
  • in Mdantsane, Oos - Kaap dood aan komplikasies met betrekking tot die koronavirus Sy word oorleef deur haar broer en twee kinders. AmaRharhabe Kingdom
  • Giscard sterf op 2 Desember 2020 as gevolg van komplikasies van die koronavirus Hy was 94 jaar oud. Valéry Giscard d Estaing, former French president
  • Islamitiese Azad - universiteit. Hy is in Oktober 2020 geïnfekteer met die Koronavirus Sam o Nargess 2000 - Iraj Ghaderi Zamaneh 2001 - Hamidreza Salahmand
  • gesondheidsvoordele in, insluitend die moontlike voorkoming van griep, koronavirus en ander infeksies om die aansteeklike oorsake van diarree te voorkom
  • waarvan 2 000 in die hoofkwartier in Ingolstadt. As gevolg van die Koronavirus - pandemie is 90 persent van die groep se Europese winkels in Maart 2020
  • verkoue veroorsaak. Die rinovirus is die belangrikste oorsaak, maar die koronavirus is ook n moontlike sondaar. Daar is geen medikasie teen verkoues nie
  • wedrenne deur Nico Hülkenberg vervang nadat hy positief getoets het vir die koronavirus voor die Britse Grand Prix. Pèrez was ook vir die 70ste Herdenking Grand
                                     
  • na sy outentieke militêre olyfgroen geverf. In April 2020, tydens die koronavirus - pandemie, is dit ligblou geverf ter ondersteuning van die Nasionale Gesondheidsdiens
  • die bevolking wat uiteindelik ook diegene met n hoër risiko teen die koronavirus sou beskerm. In die verklaring word geen melding gemaak van fisiese afstand
  • Kalenders Die nuwe Koronavirus SARS - CoV - 2 lei tot n wêreldwye pandemie met verreikende gevolge vir samelewing, ekonomie en sport.
  • Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020. Besoek op 6 April 2020. Koronavirus Top Suid - Afrikaanse HIV - wetenskaplike, Gita Ramjee, sterf in Engels
  • Bildungszentrum Sebastian Haffner, Berlyn tans nog gesluit as gevolg van die Koronavirus - pandemie Mikhail Afanasyevich Bulgakov Encyclopædia Britannica Mukherjee

Users also searched:

koronavirus, artikels met gnd-identifiseerders. koronavirus,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →