Back

★ Kitchener, Ontario - artikels met gnd-identifiseerders ..



Kitchener, Ontario
                                     

★ Kitchener, Ontario

Kitchener is n stad in die Sentraal-Kanadese provinsie Ontario suidwes van Toronto met 219 000 inwoners. Saam met die nabygelee universiteitstad Waterloo vorm Kitchener die tweelingstad Kitchener-Waterloo met n totale bevolking van 447 000. Kitchener is die setel van die Waterloo-streeksmunisipaliteit.

Tot by die jaar 1916 het Kitchener, wat in die vroee 19de eeu deur Mennoniete uit Pennsylvanie gestig is, as Berlin bekend gestaan en was n belangrike sentrum van Duitse immigrante. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is die naam van die stad ter ere van generaal Horatio Herbert Kitchener gewysig tot Kitchener. Die stad word nog steeds deur n sterk Duitse invloed gekenmerk en pronk met die grootste Oktoberfest buite Duitsland en die Christkindl Market, n gewilde kersfeesmark.

Die Kitchener-Waterloo-gebied is nog steeds een van die sentrums van Ontario se sowat 40 000 Mennoniete. Hulle is die nasate van Duitse Mennoniete uit die Palts wat hulle in die vroee 18de eeu in Pennsylvanie gevestig het. Omtrent 1800 het n groot aantal Mennoniete met hulle ossewaens Conestoga wagons na Ontario getrek. Die vreedsame naasbestaan tussen Mennoniete en die plaaslike Eerste Nasies is deur ruilhandel verseker: Die Indiane het hul visse en wildsvleis teen die setlaars se melk en brood geruil.

Tans is daar sowat 17 Mennoniete-groeperings in Ontario, waarvan twee derdes "gematigdes". Die res is progressiewe of Mennoniete van die "ou orde" wat nog steeds gekant is teen moderne uitvindings soos elektrisiteit, motors en telefone en ook hul tradisionele landboumetodes bewaar het.

                                     

1. Besienswaardighede

Markte

Die weeklikse German Market "Duitse Mark", wat op Sondae plaasvind, lok talle besoekers met sy uitsluitlik Duitse produkte wat deur plaaslike immigrante vervaardig word, soos byvoorbeeld kaas, wors, vleis en brandewyn, of uit Duitsland ingevoer word soos koekoekhorlosies en bierglase.

Die Kitchener Farmers Market in Frederickstraat word reeds sedert 1839 gehou, plaaslike Mennoniete het destyds hul selfvervaardigde produkte teen goedere geruil wat hulle nie self kon produseer nie, soos byvoorbeeld suiker, bakvet en papier. Vandag is daar meer as 300 stalletjies waar kaas, ham, brood, vleis, wors, heuning, esdoringstroop, groente, blomme, ingemaakte voedsel en Mennoniete-handwerk verkoop word.

                                     
  • Ajax, Ontario Cobourg Cornwall, Ontario Hamilton, Ontario Kingston, Ontario Kitchener Ontario Mississauga Oshawa Ottawa Sault Ste. Marie, Ontario Stratford
  • grootste bierfees van sy soort na dié van die Beierse hoofstad München, Kitchener in Ontario Kanada en Blumenau in Brasilië beskou. Ander bekende feeste is
  • Cornwall, Brockville, Kingston, Belleville, Oshawa, Toronto, Hamilton, Kitchener - Waterloo, London, Chatham en Windsor. Daarnaas maak ook Sherbrooke, Ottawa
  • volg n lys van plekke in Kanada waarvan die name verander is: Berlin Kitchener 1916 New Johnstown Cornwall Sydenham Owen Sound 1851 Rat Portage
  • Durban ingestroom. Onder die opperbevel van lord Roberts, wat generaal Kitchener as stafhoof gehad het, het die Britse versterkings vinnig na die front
  • ingevoer. Die Oktoberfest in die Kanadese tweelingstad Kitchener - Waterloo provinsie Ontario is met 700 000 besoekers tans die grootste Oktoberfest
  • Mount John Laurie Mount Yamnuska Mount Julian Mount King Edward Mount Kitchener Mount Lady Macdonald Mount Lawrence Grassi Mount Lefroy Mount Louis Mount

Users also searched:

kitchener, ontario, artikels met gnd-identifiseerders. kitchener, ontario,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →