Back

★ Kladow - artikels met gnd-identifiseerders ..



Kladow
                                     

★ Kladow

Kladow is die mees suidelike gelee stadsbuurt in die Berlynse administratiewe distrik Spandau.

Kladow word in die noorde deur die stadsbuurt Gatow, in die ooste en suidooste van die Havel-rivier en in die weste en suidweste deur die deelstaat Brandenburg begrens. Hier lê ook Gatow se buurdorpe Sacrow en Groß-Glienicke. Met sowat 14 000 inwoners behoort Kladow tot die Berlynse stadsbuurte wat hulle dorpskarakter bewaar het.

                                     

1. Geskiedenis

Die eerste historiese verwysing na die dorp as Clodow dateer van 1267 en maak van Kladow een van die oudste landelike nedersettings in die distrik Spandau. n Groter aantal mense het hulle eers teen die begin van die 19de eeu in die voormalige boeredorp gevestig.

Met die skepping van Groot-Berlyn Duits: Groß-Berlin in 1920 is Kladow by die Duitse hoofstad ingelyf. In die jare 1934 en 1935 het die plaaslike vliegveld ontstaan wat na die Tweede Wêreldoorlog by die noordelike stadsbuurt Gatow ingesluit is. As Gatow-lughawe was dit naas Berlyn-Tempelhof en Berlyn-Tegel een van die drie lughawens in die hoofstad wat gedurende die Berlynse Lugbrug deur geallieerde lugmagte gebruik is.

                                     

2. Huidige karakter en besienswaardighede

Kladow is vandag nog steeds n dorp in die metropool. n Aantal historiese geboue soos die landgoed Neukladow 1800 en die dorpskerk 1818 dateer uit die 17de en 18de eeu. Nogtans is daar ook nuwe woonkwartiere opgerig soos die Finse buurt uit die jare 1959 / 1960 Finnenhaussiedlung, n kwartier wat in n tipies Finse boustyl uitgevoer is.

Nadat die Gatow-lughawe gedeeltelik weer by Kladow ingesluit is die nuutste bouprojek Landstadt Gatow aangepak. n Nuwe winkelsentrum, die Cladow-Center, het tot n strawwe mededinger vir winkels in die ou dorspskern ontwikkel.

                                     

3. Vervoer

Die Berlynse openbare vervoeronderneming BVG verbind Kladow deur busdienste met die middestede van Spandau, Potsdam en Berlyn. Daar is ook n gereelde pontdiens tussen Kladow en die stadsbuurt Wannsee in die suidweste van Berlyn.

                                     
  • Stresow 0502 Haselhorst 0503 Siemensstadt 0504 Staaken 0505 Gatow 0506 Kladow 0507 Hakenfelde 0508 Falkenhagener Feld 0509 Wilhelmstadt 06 Steglitz - Zehlendorf
  • Minister van Propaganda, Joseph Goebbels, en die argitek Albert Speer. Kladow en Gatow is voormalige boeredorpe aan die westelike oewer van die Havelmeer

Users also searched:

kladow, artikels met gnd-identifiseerders. kladow,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →