Back

★ Katedraal van Straatsburg - artikels met gnd-identifiseerders ..



Katedraal van Straatsburg
                                     

★ Katedraal van Straatsburg

Die Rooms-Katolieke Onse Liewe Vrou-katedraal van Straatsburg is een van die grootste katedrale in die Europese argitektuurgeskiedenis en n tipiese voorbeeld van die Gotiese boustyl. Net soos die stad Straatsburg verbind die katedraal kulturele invloede uit Duitsland en Frankryk.

Met n hoogte van 142 meter was die katedraal tussen 1625 en 1847 die hoogste gebou ter wêreld. Dit het tot by die jaar 1880 die hoogste kerkgebou gebly en is daarna deur die katedrale van Keulen en Ulm oortref. Dit is vandag nog steeds die hoogste katedraal in Frankryk na dié van Reims en die vierde hoogste kerkgebou ter wêreld.

                                     

1.1. Argitektuur Vroee historiese bouwerke

Die terrein van die huidige katedraal is al baie eeue gebruik vir die oprigting van sakrale bouwerke. Aanvanklik het die Romeine hier n heiligdom gebou, wat in die Christelike tydperk deur n kerk, wat aan die Jonkvrou Maria gewy was, vervang is. Teen die einde van die 7de eeu het die biskop Sint-Arbogast hier die eerste katedraal opgerig.

Hierdie kerkgebou is in die 8ste eeu onder die heerskappy van Karel die Grote deur n groter katedraal vervang. In sy testament uit die jaar 778 het biskop Remigius die kripte as sy begraafplaas vasgelê. In hierdie katedraal is waarskynlik ook die sogenaamde Ede van Straatsburg afgelê. Argeologiese opgrawings dui aan dat die Karolingiese katedraal oor drie skepe en drie absides beskik het. n Destydse digter het in een van sy werke na die ryk ornamente en versierings van goud en juwele verwys, wat onder biskop Ratald aangebring is. Die katedraal is verskeie kere - in 873, 1002 en 1007 - deur brande vernietig.

Werner van Habsburg, die biskop van Straatsburg, het in 1015 die hoeksteen vir n nuwe katedraal op die bouvalle van die Karolingiese basiliek gelê. Die nuwe katedraal is in die Romaanse boustyl uitgevoer, maar aangesien die gebou volgens die destydse tradisie nog met n houtdak voorsien was, is dit in 1176 weer deur n brand vernietig. Ná die ongeluk het Heinrich von Hasenburg, die nuwe biskop, die besluit geneem om n nuwe katedraal op te rig, wat nog indrukwekkender sou wees as dié van die Switserse stad Basel, wat in daardie tyd voltooi is. Die boubedrywighede op die perseel was egter uiteindelik oor n tydperk van enkele eeue aan die gang.

                                     

1.2. Argitektuur Die boubedrywighede 1176-1439

Die boubedrywighede het by die koor en die noordelike dwarsskip begin, wat nog in die Romaanse boustyl uitgevoer is. n Bouspan uit Chartres, wat in 1225 in Straatsburg gearriveer het die ontwerp van die katedraal met sy toepassing van die nuwe Gotiese boustyl gerewolusioneer. Die gebruik van kleure by die glasvensters verwys na die dubbele Franse en Duitse invloede, wat op die argitektuur van die katedraal uitgeoefen is: Die Franse bouspanne het die voorkeur aan rooi en blou gegee, terwyl die Duitsers volgens hulle styl groen vensters ingesit het. Die fondse, wat vir die voltooiing van die kerkskip benodig is in 1253 deur middel van aflaatbriewe ingesamel.

Die rooskleurige sandsteen uit die Vogese, wat vir die katedraal gebruik is, brokkel vinnig op en maak voortdurende instandhouding en renovasie noodsaaklik.

                                     

1.3. Argitektuur Die huidige katedraal

Terwyl die oostelike dele, veral die koor en die suidportaal, nog by die laat Romaanse boustyl gereken word, is die langskip en die beroemde wesfasade, wat met duisende figure versier is, meesterwerke van die Gotiese argitektuur.

As die bekendste gebou en biskopskerk van die welvarende Vrye Ryksstad Straatsburg maak die katedraal deel uit van die Duitse argitektuurgeskiedenis. Net soos in die geval van die katedraal van Keulen het die boumeesters, waaronder Ulrich von Ensingen, wat ook die katedraal van Ulm opgerig het, en Erwin von Steinbach egter veral invloede van die Franse katedralegotiek as aanleiding vir hulle ontwerp gebruik. Tipiese voorbeelde van die Franse boustyl is die dubbeling van die westorings, waardeur ook die wesfasade vergroot is, en die basiliekagtige ontwerp van die langskip, wat duidelik van die Duitse saalkerkontwerpe verskil.

Die noordelike toring, wat in 1439 voltooi is, was met n hoogte van 143 meter tussen 1625 en 1874 die hoogste gebou ter wêreld. Die katedraal van Straatsburg het met sy kenmerkende asimmetriese vorm die suidelike toring is nooit gebou nie tot vandag die simbool van Elsas gebly. Die katedraal is duidelik sigbaar van die Duitse Rynoewer, wat sowat drie kilometer van die gebou af lê, en die bergreekse van die Vogese en die Swartwoud.

Asimmetriese vorms en n verskeidenheid boustyle kenmerk die hele gebou. Naas die lang boutyd het ook die neiging van die argitekte, om nuwe Gotiese invloede naas die bestaande tradisies te volg. Die lang reeks van argitekte, wat by die oprigting van die katedraal betrokke was, het ook tot die asimmetriese ontwerp van die fasade gelei. Aanvanklik is dit sonder n toring beplan, een van die argitekte het in 1439 n verdieping met n deurbreekte koepel bygevoeg. Die suidelike toring is egter nooit gebou nie.



                                     

2. Stedelike ontwerp

Die plein voor die katedraal behoort tot die pragtigste in Europa. Hier is talle vakwerkhuise in die Alemannies-Suid-Duitse boustyl met soms vier tot vyf verdiepings opgerig, wat almal deur die wesfasade van die katedraal oorhers word. Kenmerkend is die steil huisdakke met tot by vier verdiepings. Teen die noordelike kant van die kerkplein lê die bekende en ryk versierde Huis Kammerzell.

                                     

3. Die Astronomiese Horlosie

Een van die kenmerkende besonderhede van die katedraal is sy Astronomiese Horlosie. Sy voorloper, die Driekoningshorlosie, is in 1354 gebou. Dit is in 1533 deur n nuwe horlosie vervang, wat reeds met astronomiese funksies gespog het en tot by 1870 geloop het. Toe het Jean Baptiste Schwilgué die opdrag gekry om die horlosie te herstel. Hy het n volledig nuwe uurwerk met unieke funksies gebou.

Die horlosie wys die aardbaan, die maanbaan en die bane vn al die planete, wat destyds bekend was van Mercurius tot by Saturnus. Sy mees verbasende deel is die raderwerk, wat op Nuwejaarsaand loop en in staat is om die datums van kerklike feesdae te bereken. Die horlosie spog daarnaas met die stadigste tandrad ter wêreld - met slegs een omwenteling in 25 000 jaar wys dit die presessie van die aardas.

                                     

4. Geskiedenis

Die geskiedenis van die katedraal is nou verbind met dié van die stad Straatsburg en die gewes Elsas. Die stad was in die laat Middeleeue daarin geslaag om van die biskop se heerskappy kwyt te raak en erkenning te kry as n Vrye Ryksstad. Die reformasie het al vroeg na Straatsburg uitgebrei, en n Lutheraanse kerkorde is in 1534 aanvaar. Die katedraal het n Evangeliese kerk geword.

Ná die besetting van die stad deur die troepe van die Franse koning Lodewyk XIV op 30 September 1681 is die katedraal weer aan die Rooms-Katolieke kerk teruggegee. Vorsbiskop Franz Egon von Fürstenberg en Lodewyk XIV het destyds n mis in die Straatburgse katedraal bygewoon.

                                     
  • die goeie naam van die stad as n Europese sentrum van die mistiek en later van die humanisme gevestig. Die katedraal van Straatsburg wat in 1439 voltooi
  • meter hoog. Die katedraal van Straatsburg in Elsas Frankryk spog met n kerktoring, wat met 142 meter eeue lank tot by die 19de eeu een van die hoogste
  • die 39ste jaar van die 15de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Die katedraal van Straatsburg is voltooi. 25
  • Colmar is die derde grootste stad van die Franse région gewes Grand Est ná Straatsburg en Mulhouse met 67 214 inwoners 2009 Colmar lê in n vlakte
  • genius en enigste boumeester beskryf wat by die oprigting van die Katedraal van Straatsburg betrokke was, terwyl ook Gotiese argitektuur en vormgewing
  • Koufra, waarin hulle belowe het om te veg totdat hul vlag oor die Straatsburg - katedraal gevlieg het. Die magte onder sy bevel, bekend as L Force, het in
  • Sedert 1678 is die stad die setel van n aartsbiskop. Dit is sedert 1790 die hoofstad van die département Tarn. Die katedraal Sainte - Cécile Frans: Cathédrale
  • oprigting van die Tour de Beurre bottertoring aan die wesfasade van die katedraal wat in 1508 voltooi is. In die volgende jaar neem die bou van die katedraal
  • sowat 300 hektaar beslaan, as Klein - Venesië van die Noorde verwys. Die katedraal Notre - Dame - een van die grootste klassieke Gotiese katedrale wat in
  • Hy word as een van die belangrikste Franse skrywers van alle tye beskou. Besançon - katedraal Sinagoge van Besançon Joodse begraafplaas van Besançon Koördinate:


                                     
  • Loire. Le Mans lê nie ver van Orléans, Tours en Angers af nie en is bereikbaar via die snelweg E50, E402, E501 en E502. Katedraal Bevrydingsmonument Gallo - Romeinse
  • Duitse troepe die gewes om dit by die Duitse Ryk in te lyf. Die gotiese katedraal St - Etienne, wat in die jaar 1220 begin en in 1520 voltooi is, het n aantal
  • stadskern met die Raadsaal in die Gotiese boustyl en die Laat - Gotiese katedraal van Arras is die belangrikste geboue, wat veral toeriste uit Nederland
  • hoofstad van die Galliese volk van die Averners beskryf. Hierdie Galliese nedersetting het op die heuwel ontwikkel, waarop later die katedraal van Clermont
  • voorgestel het geposisioneer volgens hoofstede, met n groot ster vir Straatsburg die setel van die Raad Hy het sy vlag in baie Europese hoofstede laat vertoon
  • vir goed gestaak. Die katedraal Notre - Dame - des - Doms is n kerk in die Romantiese boustyl van die 15de eeu, wat die grafte van die pouse Johannes XXII
  • basiliek Saint - Sernin uit die 11de en 12de eeu is een van die mooiste in Suid - Frankryk. Die gotiese katedraal Saint - Etienne dateer uit die 12de eeu. Die Musée
  • van ander lugrederye gebruik kan maak. Lufthansa se Airport Bus - diens bedien roetes tussen Frankfurt en Mannheim, Heidelberg, München en Straatsburg
  • Westelike portaal van die Katedraal van Rheims. Nicola Pisano, Geboorte van Christus en aanbidding van die sterrekykers, op die kansel van Pisai - baptisterium
  • 1345 voltooi. Die katedraal verteenwoordig twee eeue van gotiese boukuns. Die Conciergerie is n reusagtige gebou aan die oewer van die Seine, wat eers
                                     
  • ooreenstemming met artikel 11 4 van die Konvensie aangaande die Beskerming van die Wêreld se Kulturele en Natuurlike Erfenis van 1972. Afganistan - - Albanië
  • met n Gotiese gebou, die katedraal Saint - André, vervang. Bordeaux het toe die setel van n aartsbiskop en die hoofstad van die vorstedom Guyenne geword
  • gebiede van die Rynvallei en op die oostelike vlaktes teen die voet van die Swartwoud - bergreeks ontstaan het. Die eerste Romeinse pad tussen Straatsburg en
  • hoofstad van die région gewes Pays de la Loire en die département Loire - Atlantique Frankryk aan die oewer van die Loire rivier, met n oppervlakte van 65
  • die noorde van Sentraal - Frankryk, sowat 130 kilometer suidwes van Parys, met 113 257 inwoners 2008 Dit is die prefektuur hoofstad van die département
  • prefektuur of hoofstad van die département Charente. Angoulême is op n heuwel aan die Charente - rivier geleë en beslaan n oppervlakte van 21, 85 vierkante kilometer

Users also searched:

katedraal van straatsburg,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →