Back

★ Gé Korsten - artikels met gnd-identifiseerders ..



Gé Korsten
                                     

★ Gé Korsten

Gerhard Korsten was n legendariese Suid-Afrikaanse sanger wat n groot stempel op die Afrikaanse kultuur afgedruk het. Vandag nog word sy lied Liefling by rugbywedstryde in Bloemfontein en Pretoria gespeel.

                                     

1. Biografie

Korsten is op 6 Desember 1927 in Rotterdam, Nederland gebore. Hy was die jongste van agt kinders en het in 1936 as negejarige seun saam met sy ouers na Suid-Afrika geemigreer. Die immigrantegesin het hulle in Johannesburg-Noord gevestig waar Gé gematrikuleer het aan die latere Highlands North Boys High School, wat destyds gemeng was. Hy het sy loopbaan as operasanger begin en was reeds op 20-jarige ouderdom lid van die SAUK se kore. Hy het in 1952 stemopleiding ontvang aan die South African College of Music in Kaapstad onder leiding van Adelheid Armhold.

Op 5 Januarie 1952 trou hy in die NG kerk Johannesburg-Noord met Elna Burger, dogter van ds. Attie Burger, wat ook die huweliksbevestiging waarneem. Gé se pa, Kor Korsten, was die bouaannemer van die kerkgebou by Oaklandslaan 17, Norwood, waarvan Elna se pa die hoeksteen op 17 Junie 1950 gelê het en wat op 18 Februarie 1951 ingewy is. Sy is op Maandag 26 Maart 2012 in George oorlede in die ouderdom van 81 jaar.

In 1955 het hy na Pretoria verhuis waar hy verdere opleiding onder leiding van Albrecht Lewald ontvang het. Hy was in dieselfde jaar ook een van die stigterslede van die Pretoria-operagroep. Sy operadebuut maak hy in 1956 as Canio in Pagliacci. In 1962 word n oorsese studiebeurs aan hom toegeken waarna hy in 1963 in Europa onder Judith Hellwig verdere opleiding ontvang en ook die geleentheid kry om in operas in Europese stede soos Wene en München op te tree. Hy het vir n tyd lank ook in Pretoria n elektriese kontrakonderneming besit, maar het sy belang in die onderneming in 1970 verkoop om sy tyd voltyds aan musiek te wy. In 1976 het hy die Nederburgprys vir Opera ontvang vir sy hoofrol in Andrea Chénier.

Korsten het in 1965 sy betrokkenheid by ligte musiek begin toe hy sy eerste langspeelplaat Gé Korsten Sing uit die Hart uitgereik het. In 1966 het hy nog vier langspeelplate uitgereik. Sy rolprentdebuut maak hy in 1967 in Kruger Miljoene. Later daardie jaar vertolk hy ook die hoofrol in die baie gewilde fliek Hoor My Lied, ook met Min Shaw, Helga van Wyk en Lindie Roux. Die klankbaan vir hierdie fliek het aan Korsten n goue plaat besorg. Drie ander rolprente het gevolg:

  • A New Life saam met Leonore Veenemans 1970.
  • Lied in My Hart met Mitsi Stander, Min Shaw en Nellie du Toit as gassterre 1969.
  • Lokval in Venesie met Dianne Ridler 1972.

Korsten het nege goue plate agter sy naam gehad. Hy het tydens sy loopbaan, wat oor 40 jaar gestrek het, 58 albums opgeneem. Hy het ses Sarie-toekennings ontvang en in 1979 n Artestoekenning vir sy TV-program Gé Sing. Hy het ook die rol van Walt Vorster in die sepie Egoli gespeel. In 1985 is hy as hoofdirekteur van Kruik in Kaapstad aangestel en het die pos tot in 1989 beklee. Hy het vermoedelik kanker gehad en het in 1999 sy eie lewe geneem. Die Korsten-egpaar het vyf kinders gehad, onder wie die dirigent Gérard Korsten. Ten tyde van Elna se dood in 2012 was daar 13 kleinkinders.

Korsten is op 3 Mei 2008 tydens die 14de Suid-Afrikaanse Musiektoekennings vereer vir n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.

                                     

2. Diskografie

Korsten se albums:

  • Diamante Versameling - 3CD Super Boksie, 2010 EMI.
  • Night Of Love LP / CD, 1968 BRIGADIERS / GALLO.
  • Sing Erika LP / CD, FAK PLATEKLUB / GALLO.
  • Lied In My Hart klankbaan LP film KAVALIER FILMS / PRIMEDIA, 1969 BRIGADIERS.
  • Kruger Miljoene & Kavaliers LP, 1967 BRIGADIERS.
  • Die Hartseerwals, GALLO.
  • Eendag LP, 1981 EMI.
  • Rina & Gé / Gé se 20 Treffers 2CD, 2005 EMI.
  • Cara Mia LP, BRIGADIERS.
  • Grootste Treffers, MUSIC FOR PLEASURE.
  • Huistoe LP / CD, 1979 GALLO.
  • Rina & Gé, 1993 DECIBEL.
  • Lieflike Droom LP, 1973 BRIGADIERS / EMI.
  • Sing Uit Die Hart LP / CD, 1965 / 1988 TEAL / BRIGADIERS / GALLO.
  • In The Cango Caves / In Die Kango-Grotte LP, 1971 BRIGADIERS / EMI.
  • VetseunKOOP / BUY.
  • The Student Prince, GALLO.
  • Memory, 2001 EMI.
  • Naby My / Sailing, 2001 DECIBEL / EMI.
  • In My Seemanshart, GALLO.
  • A New Life LP / CD, 1970 BRIGADIERS / GALLO.
  • Hier Is ´n Mens, GALLO.
  • Sweethearts LP / CD, 1967 BRIGADIERS / GALLO.
  • Mag Die Heer U Seen LP / CD, BRIGADIERS / GALLO.
  • Die Vergete Opnames, 2004 EMI.
  • Gé se 20 Treffers, 2004 DECIBEL / EMI.
  • Gé & Susanne, MUSIC FOR PLEASURE / GALLO.
  • Touch The Wind LP, 1974 BRIGADIERS / EMI.
  • Sacred Songs, GALLO.
  • Jerusalem en ander treffers LP, MUSIC FOR PLEASURE.
  • Gé sing: TV Treffers LP / CD, 1978 MUSIC FOR PLEASURE / GALLO.
  • Hits from Hear My Song / Treffers uit Hoor My Lied LP / CD / DVD.
  • Love Songs 2CD, 2008 GALLO.
  • Bly By My Heer LP / CD, 1980 MUSIC FOR PLEASURE / GALLO.
  • Lili Marlene LP / CD, 1969 BRIGADIERS / GALLO.
  • Afrikaanse Goue Stemme, 2008 EMI.
  • The Heart And Soul Of Gé Korsten, GALLO.
  • Seeman LP / CD, BRIGADIERS / GALLO.
  • Always LP / CD, 1967 BRIGADIERS / GALLO.
  • Memory LP, 1982.
  • Sonder Jou LP / CD, 1976 MUSIC FOR PLEASURE / BRIGADIERS / EMI.
  • Die Onvergeetlike, 2005.
  • Born To Sing, BRIGADIERS / GALLO.
  • Liefling LP / CD, 1972 BRIGADIERS / GALLO.
  • Sing Out LP / CD, BRIGADIERS / GALLO.
  • Kruger Miljoene & Kavaliers CD, 1967 BRIGADIERS / GALLO.
  • On Tour LP, 1964 BRIGADIERS.
  • Thank You for The Music FOR PLEASURE / GALLO.
  • Soet Herinnering, GALLO.
  • Sing, Seeman, Sing LP / CD, 1972 BRIGADIERS / GALLO.
  • Op Toer / On Tour LP / CD, 1976 BRIGADIERS / GALLO.
  • Granada LP / CD, 1966 BRIGADIERS / GALLO.
  • Sacred Songs / Gewyde Liedere, DECIBEL / EMI.
  • Sing, Seeman, Sing LP / CD, 1969 MUSIC FOR PLEASURE / EMI / GALLO.
                                     

3. Filmografie

Rolprente waarin Korsten gespeel het:

  • Hoor My Lied, 1967.
  • Kruger Miljoene, 1967.
  • Lokval in Venesie, 1972.
  • Lied in My Hart. 1969.
  • A New Life, 1970.
  • Netnou hoor die kinders, 1977.
                                     

4. Eksterne skakels

  • Hier is n mens op YouTube.
  • Artikel oor Korsten se dood.
  • Webtuiste oor Gé Korsten met fotos en klanklêers.
  • Sing Seeman Sing op YouTube.
  • Algoabaai op YouTube.
                                     
  • 1972 uitgereik is. Die regisseur was Ivan Hall, terwyl Gé Korsten die hoofrol vertolk het. Dit is Gé se voorlaaste fliek, en is vyf jaar voor Netnou hoor
  • is Ivan Hall en van Suid - Afrika se bekendste sangers van dié tyd, soos Gé Korsten en Min Shaw, speel en sing daarin. Dit is in Engels bekend as Song in
  • Marx was die regisseur en vervaardiger. Dit is die laaste fliek waarin Gé Korsten verskyn het. Die rolprent is n gruwelrolprent. Dit dra n ouderdomsperk
  • Gérard Korsten gebore 1960 in Pretoria, Suid - Afrika is n Oostenrykse dirigent en violis. Hy is die seun van die Suid - Afrikaanse sanger Gé Korsten en sy
  • dit vir n wyer gehoor toeganklik te maak. Liefling is deur Linda Korsten Gé Korsten se dogter, vervaardig en sy het dit aan hom opgedra. Bryan Webber
  • O Grandy Michael du Preez James Norval George Moore as militêre dokter Gé Korsten as Du Toit, die singende Bolandse rebel sy rolprentdebuut Die rolprent
  • NG gemeente Andrew Murray en is Afrikaans sowel as Engels. Die sanger Gé Korsten se vader was die bouaannemer van die gebou en sy skoonvader, ds. Attie
  • haar operadebuut in Die Fledermaus 1958 teenoor n toe nog onbekende Gé Korsten Sy was egter beter bekend vir haar kindermusiek. Die lappop was een
  • wat meer as R1 miljoen verdien het. Die rolprent is n musiekblyspel. Gé Korsten as David Retief Helga van Wyk Martin Pols Lindie Roux Min Shaw Ruth Watts
  • My Lied in 1967 met akteur en sanger Gé Korsten asook aktrise en sangeres Min Shaw. In dié drama vertolk Korsten die rol van Dr David Retief, n singende
  • hoeksteen op 17 Junie 1950. Die bouaannemer was Cor Korsten pa van die Afrikaanse sanger Gé Korsten wat in 1936 saam met sy gesin uit Nederland na Suid - Afrika
  • Van die vorige akteurs sluit in: Steve Hofmeyr Tobie Cronje David Vlok Gé Korsten Christel Smith Esta TerBlanche Cliff Simon Sarah Theron Cobus Visser Gys


                                     
  • 6 Julie Joaquín Rodrigo, Spaanse komponis 1901 29 September Gé Korsten Suid - Afrikaanse sanger 1927 2 Oktober Heinz G. Konsalik, Duitse
  • kunstenaars oor die jare met hul musiekloopbane gehelp, insluitend Die Briels, Gé Korsten Min Shaw, Lance James, Groep Twee en Carike Keuzenkamp. Pretorius het
  • Nellie du Toit, Zander Haagen, George van der Spuy, Désirée Talbot, Gé Korsten en andere. Sy het aan die einde van 1965 afgetree, en was van die begin
  • Robbie Klay Pieter Koen Kooler Box, kletsrymer Koos Kombuis Gé Korsten Gérard Korsten dirigent Abel Kraamsaal David Kramer Kupido Pedro Kruger Dillon
  • saamsnoer met van Suid - Afrika se grootste legendes, soos Bles Bridges, Gé Korsten Carike Keuzenkamp, Bobby Angel, Min Shaw, Lance James, Clive Bruce, Jody
  • hoeksteen op 6 Oktober 1951 gelê het. Die bouaannemer was Cor Korsten die sanger Gé Korsten se vader. Teen die einde van die 1950 s was daar dan sewe gemeentes
  • drie grootste legendes van die laaste 100 jaar was in 2016 aangewys: Gé Korsten Min Shaw & Mimi Coertse het die titel beklee. Op Sondag, 26 Januarie
  • oor te gaan. Die bouaannemer was die latere Afrikaanse sanger Gé Korsten se pa, Cor Korsten wat in 1936 uit Nederland na Suid - Afrika geëmigreer het, waarna
  • rol in die rolprent Hoor My Lied van 1967. Die Heidelied, n duet met Gé Korsten bly een van Shaw se grootste treffers. Sy het ook in die rolprente Jy
  • Desember Bhumibol Adulyadej, koning van Thailand 2016 6 Desember Gé Korsten Suid - Afrikaanse sanger 1999 19 Desember Dirk Kotzé, Suid - Afrikaanse
  • in Johann Strauss se Sigeunerbaron. As Saffi en Sandor was Leonore en Gé Korsten die ideale sangpaar. Hermien Dommisse het die regie behartig en Charles
  • Henry Ford II, president van die Ford Motormaatskappy 1917 1999 Gé Korsten Suid - Afrikaanse sanger 1927 2020 Aster Berkhof, Vlaamse skrywer


                                     
  • bygedra tot die loopbane van Suid - Afrika se kunstenaars, onder andere van Gé Korsten Leon Schuster, Anneli van Rooyen, Rina Hugo, Johan Stemmet, Johan van
  • insluitende treffers vir kunstenaars soos Sonja Herholdt, Rina Hugo, Gé Korsten Carike Keuzenkamp, Bobby Angel, Robbie Klay, OTH, Joanna Field, Caroline
  • is saam met ander kunstenaars of kompilasie - albums o.a. Dana Winner, Gé Korsten Coenie de Villiers, Rina Hugo, Jak de Priester, Sonja Herholdt, Carike
  • skoolgegaan aan die Hoër Seunskool Highlands North, waar die Afrikaanse sanger Gé Korsten sy skoolloopbaan enkele jare vantevore voltooi het. In 1970 het hy sy
  • sopraan Enrico Caruso Luciano Pavarotti tenoor Andrea Bocelli tenoor Gé Korsten tenoor Mimi Coertse sopraan Gladys Hugo sopraan Pilar Lorengar sopraan
  • is in Worsteljare, n boek deur sy seun ds. Attie Burger die sanger Gé Korsten se skoonpa weergegee. Saam met ds. A.P. Kriel van Langlaagte kan ds

Users also searched:

gé korsten, artikels met gnd-identifiseerders. gé korsten,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →