Back

★ Katedraal van Glasgow - artikels met gnd-identifiseerders ..



Katedraal van Glasgow
                                     

★ Katedraal van Glasgow

Die Katedraal van Glasgow is n Middeleeuse katedraal wat tans as vergaderplek van n gemeente van die Kerk van Skotland se Presbiterie van Glasgow dien. Die Katedraal van Glasgow is noord van High Street en oos van Cathedral Street vlakby die akademiese hospitaal Glasgow Royal Infirmary gelee, sowat een myl oos van die huidige middestad.

"Katedraal" word as historiese eretitel gebruik om na die kerkgebou te verwys. Die titel het sy oorsprong in die tyd voor die Skotse Hervorming toe die katedraal as Rooms-Katolieke moederkerk in die Aartsbisdom van Glasgow en sodoende as cathedra setel van die aartsbiskop van Glasgow gedien het die huidige moederkerk en setel van die aartsbiskop is St. Andrews-katedraal.

Die eerste Katedraal van Glasgow, wat van steen gebou is in 1136 onder biskop John 1117−1147 in teenwoordigheid van koning David I en sy hof gewy, maar is later blykbaar deur n brand vernietig. Die huidige Gotiese kerkgebou is in 1197 ingewy en is dus al meer as 800 jaar in gebruik, met enkele uitbreidings. Dit is die enigste Middeleeuse kerkgebou op die Skotse vasteland wat die beeldestorme en ander gewelddadige optrede van teenstanders van die Rooms-Katolieke geloof in die tyd van die Protestantse Hervorming vanaf 1560 oorleef en tot vandag bewaar gebly het. So dateer die katedraal se oop houtplafon uit die Middeleeue, met hout wat grotendeels in die 14de eeu bewerk is.

Latere toevoegings sluit die kerktoring en die gebrandskilderde vensters in. Die oorspronklike kerktoring was n houtkonstruksie wat in die vroee 15de eeu deur n bliksemslag aan die brand gesteek en vernietig is. In die volgende dekades het die huidige toring en sy agthoekige spits ontstaan. Die sogenaamde Millennium Window in die kerkskip se noordmuur is op 3 Junie 1999 deur Haar Koninklike Hoogheid Prinses Anne ingewy.

Volgens oorlewering het die katedraal se kripte regstreeks oor die plek ontstaan waar Sint Kentigern ook Mungo genoem, 518−603 in 612 sy laaste rusplek gevind het. St Kentigern was die eerste biskop in die vroeg-Middeleeuse Koninkryk Strathclyde. Ná sy benoeming tot biskop deur koning Rhydderch Hael in 540 was St. Kentigern dertien jaar in Glasgow werksaam. Nadat plaaslike bewoners in opstand teen die nuwe godsdiens gekom het, was St. Kentigern genoodsaak om uit Strathclyde te vlug. In 581 het hy vanuit sy toevlugsoord, die klooster van St. David van Menevia, na Glasgow teruggekeer om sy sendingwerk voort te sit.

In 1836 het die Katedraal van Glasgow Kroonbesit dit wil sê staatsbesit geword. Sedert 1857 word die hele katedraalgebou deur die staat tans Historic Scotland bestuur wat sedertdien gedurig herstelwerk uitvoer.

                                     

1. Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Katedraal van Glasgow.
Amptelike webtuiste
  • Glasgow Cathedral.
Media
  • YouTube.com: Discover Scotland – Glasgow Cathedral Tour.
  • YouTube.com: Glasgow Cathedral Official Channel.
Beeldmateriaal
  • Townhead Glasgow - Cathedral Precinct.
                                     
  • van die Clyde, opgerig. Hierdie gebou was n vroeë voorloper van Glasgow se huidige katedraal Vanweë sy groot gewildheid onder die geestelike gemeenskap
  • Die Universiteit van Glasgow is die vierde oudste universiteit in die Engelssprekende wêreld en een van Skotland se vier historiese universiteite. Die
  • Cathedral en Old Saint Paul s in Edinburg, die Katedraal van Glasgow St Mary s Cathedral in Glasgow en St Margaret s, Gallowgate in Aberdeen Die Evening
  • studeer orrel aan die Katedraal van Glasgow Ná lesse by Leff Pouishnoff vertrek Chisholm na Kanada, Nova Scotia, New Glasgow waar hy n orrelis en
  • Edinburgh is die hoofstad en tweede grootste stad van Skotland naas Glasgow met n bevolking van 482 640 in 2012. Edinburg is die sewende grootste stad
  • Keiserin van Indië. n Dankseggingsdiens is ook gehou buite Sint Paulus - katedraal Victoria het regdeur die diens in haar koets gesit sy het een van haar
  • in ander groot stede soos Birmingham, Glasgow en Leeds selfs merkbaar gedaal het. In 2014 5 is 30 persent van die Britse inkomste uit sogenaamde ekonomiese
  • verteenwoordiger van die Grahams van Fintry, in Forfarshire, noord van Glasgow en sy eggenote, Peggy Mylne. Hy het uit n ou en adellike geslag gestam van die eerste
  • stede in Noord - Engeland en Skotland - soos Newcastle, Manchester en Glasgow - het min van Liverpool se Middeleeuse boukuns bewaar gebly. So dateer die meeste
                                     
  • behoort aan die Katedraal van die Heilige Kruis en Sint Eulalia Barcelona - katedraal Die Basílica de la Sagrada Família was die inspirasie van n boekhandelaar
  • van die Britse Koninklike Lugmag Royal Air Force gebruik is. Vanaf 31 Mei 1933 het Midland and Scottish Air Ferries geskeduleerde vlugte na Glasgow
  • Quakers in South Africa. URL besoek op 12 Augustus 2013 Universiteit van Glasgow se dokumente in verband met Cronwright - Schreiner. URL besoek op 12 Augustus
  • die lees van die Universiteit van Glasgow in Skotland. Die eksekuteurs van dr. Gill se testament was sy drie hegte vriende Robert Hart, vader van die plaas
  • Johannes Brahms om een van sy grootste triomfe te vier, te wete die eerste volledige opvoering van sy Duitse Requiem in die Bremen - katedraal Joseph Joachim

Users also searched:

katedraal van glasgow, artikels met gnd-identifiseerders. katedraal van glasgow,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →