Back

★ Kopernikium - artikels met gnd-identifiseerders ..



Kopernikium
                                     

★ Kopernikium

Kopernikium is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 112 en simbool Cn. Dit kom nie in die natuur voor nie en kan net in ’n laboratorium vervaardig word. Die stabielste bekende isotoop, kopernikium-285, het ’n halfleeftyd van sowat 29 sekondes. Dit is in 1996 deur die Sentrum vir Swaarioonnavorsing naby Darmstadt, Duitsland, sinteties vervaardig en genoem na die sterrekundige Nicolaas Copernicus.

Op die periodieke tabel lê kopernikium in die d-blok, in groep 12 en periode 7. Tydens reaksies met goud het dit gewys dit is ’n hoogs vlugtige metaal, en dit is dus moontlik ’n gas by ’n standaardtemperatuur en -druk.

Daar word gereken kopernikium het verskeie eienskappe wat verskil van dié van sy ligter homoloe, sink, kadmium en kwik. Vanwee relativistiese effekte kan dit selfs sy 6d-elektrone afstaan in plaas van sy 7s-elektrone. Daar is ook bereken kopernikium het moontlik ’n oksidasietoestand van +4, terwyl kwik dit net in een verbinding het wat betwis word en sink en kadmium dit glad nie het nie. Daar is ook voorspel dit sal moeiliker wees om kopernikium te oksideer vanuit sy neutrale toestand as die ander elemente in groep 12.

                                     

1. Eksterne skakels

  • Kopernikium by The Periodic Table of Videos Universiteit van Nottingham.
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kopernikium.
  • Wikiwoordeboek het n inskrywing vir kopernikium.
                                     
  • Hassium, Hs 109 Meitnerium, Mt 110 Darmstadtium, Ds 111 Röntgenium, Rg 112 Kopernikium Cn 113 Nihonium, Nh 114 Flerovium, Fl 115 Moskovium, Mc 116 Livermorium
                                     
  • California Cl Chloor 17 Chloros Gr. χλωρος geelgroen Cm Curium 96 Curie Cn Kopernikium 112 Copernicus Co Kobalt 27 Cobaltum Lat. Kobold Duits Cr Chroom
  • hassium Hs 109 meitnerium Mt 110 darmstadtium Ds 111 röntgenium Rg 112 Kopernikium Cn 113 nihonium Nh 114 flerovium Fl 115 moskovium Mc 116 livermorium

Users also searched:

kopernikium, artikels met gnd-identifiseerders. kopernikium,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →