Back

★ Konstantyn I van Skotland - artikels met gnd-identifiseerders ..



Konstantyn I van Skotland
                                     

★ Konstantyn I van Skotland

Causantín mac Cináeda ook bekend as Konstantyn I, was die seun van Kenneth MacAlpin en het sy oom Donald I op 13 April 862 opgevolg as koning van die Pikte. Dit is waarskynlik dat die Wikings wat in Ierland, Northumbrie en Noord-Brittanje gestasioneer was, meer bedrywig tydens Konstantyn se bewind was. Hy is dood tydens een so ’n inval.

                                     

1. Bronne

Min rekords oor die Noord-Brittanje van die 9de eeu het behoue gebly. Die hoofbron van inligting is die Kronieke van die Konings van Alba, wat nes ander bronne van dié tyd nie baie betroubaar is nie. Die lys van Piktiese konings eindig met die naam van Konstantyn, wat beskou word as die 17de en laaste koning van die Pikte.

                                     

2. Amlaíb en Ímar

Dit lyk of die Wikings se bedrywighede in Noord-Brittanje ’n hoogtepunt tysens Konstantyn se bewind bereik het. Wikingleers is gelei deur ’n klein groep mans wat familie was. Twee van hulle wat deur verskeie bronne genoem word, is Ívarr Ímar in Ierse bronne, wat bedrywig was van Oos-Anglie tot Ierland, en Amlaíb of Óláfr. Ook ander wat aan hulle verwant was, word in bronne genoem wat behoue gebly het.

Wikingbedrywighede in Brittanje het in 865 toegeneem toe ’n groep in Oos-Anglie land. Nadat hulle heffings van die Oos-Angliese koning geeis het hulle noord getrek en York, hoofstad van die Northumbriers, oorgeneem. Twee moontlike toekomstige konings is dood in ’n aanval op die Wikings, moontlik op 21 Maart 867. Ecgberht het daarna koning van Northumbrie geword. Hul volgende teiken was Mercie, waar koning Burgred hulle verdryf het met behulp van sy swaer, koning Ethelred van Wessex.

Terwyl groepe Wikings Oos-Anglie, Mercie en Northumbrie aangeval het, was ander Wikingleers in die verre noorde bedrywig. Amlaíb en Auisle Ásl of Audgísl, wat glo sy broer was, het ’n leer na Piktland gelei waar hulle in 866 heffings geeis en gevangenes geneem het. Latere bronne waarvan die betroubaarheid nie seker is nie, lui dat Auisle in 867 deur Amlaíb doodgemaak is in ’n geskil oor laasgenoemde se vrou.

Amlaíb verdwyn ná sy terugkeer na Ierland in 871 uit dié land se annale. Volgens die Kronieke van die Konings van Alba het Konstantyn hom in óf 871 óf 872 doodgemaak toe hy terugkeer om nog heffings te eis. Ímar is in 873 dood.

                                     

3. Einde van die Piktiese koninkryk

In 875 het die Kronieke en die Annale van Ulster berig oor nog ’n Wikingaanval in Piktland waarin talle Pikte doodgemaak is. In 877 is Konstantyn gevang en tereggestel of miskien in ’n geveg gedood nadat hy weer die Wikings teengestaan het. Hoewel daar konsensus is oor die tyd en algemene manier van sy dood, is dit nie duidelik waar dit gebeur het nie. Verskeie plekke word in geskrifte genoem. Konstantyn is op Iona begrawe.

Sy seun Donald II en dié se afstammelinge is die hooflyn van die konings van Alba en later Skotland.

                                     
  • koning van Skotland wat toe bekend was as Alba. Die Koninkryk Alba, waarvan die oorsprong teruggespeur kan word na die tyd van Konstantyn was in Noord - Brittanje
  • Die monarg van Skotland was die staatshoof van die Koninkryk van Skotland Volgens tradisie was die eerste koning van Skotland Engels: King of Scots
  • Malcolm I volle naam: Máel Coluim mac Domnaill omstreeks 895 - 954 was van 943 tot 954 koning van Skotland nadat sy neef Konstantyn II afgetree het om
  • omstreeks 840 - 878 was n seun van Kenneth MacAlpin. Hy het in 877 koning van Skotland geword toe hy sy broer Konstantyn I opvolg. Sy bynaam was Wit Blom
  • bekend as Donald II, was in die laat 9de eeu koning van Alba. Hy was die seun van Konstantyn I en het die bynaam Dásachtach, die Waansinnige gehad
  • Ravenna. 1475 Pous Sixtus IV stel die groot aflaat van Chaumont in. 1587 Koningin Mary I van Skotland word tereggestel by Fotheringhaykasteel onder verdenking
  • 1905 21 September Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland, die tweede oudste seun van tsaar Nikolaas I van Rusland 1892 5 Maart Pierre - Simon
  • keiser van die Bisantynse Ryk 1156 1559 Christiaan II van Denemarke, Koning van Denemarke, Noorweë en Swede 1481 1892 Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj
  • was moontlik van 878 tot 889 koning van Skotland Hy was n seun van Run, koning van Strathclyde, en sy ma kon n dogter gewees het van Kenneth MacAlpin


                                     
  • Robert I van Skotland word Koning van Skotland 1409 Die Council of Pisa open. 1471 Pous Paulus II stel vier nuwe kardinale in pectore aan, drie van hulle
  • koning, Robert I wat die onafhanklikheid van Skotland van Engeland vir ewig waarborg. 1382 Slag op die Beverhoutsveld tussen die burgers van Gent onder
  • vrou van Hendrik VIII van Engeland word onthoof vir egbreuk. 1568 Koningin Elizabeth I van Engeland arresteer Maria I van Skotland 1643 Slag van Rocroi:
  • die Prins van Wallis, of in Skotland SKH die Prins Charles, Hertog van Rothesay. As hy sy moeder opvolg, sal hy konstitusioneel koning word van die Verenigde
  • Denemarke, Juan Carlos I van Spanje asook sy vrou en die afgesette konings Konstantyn II van Griekeland asook sy vrou en Michael van Roemenië. Die aanspraakmakers
  • deur Konstantyn die Grote herstel in die vorm van pretoriaanse prefekture, waarvan die bekleërs mekaar gewoonlik dikwels afgewissel het. Konstantyn het
  • hewige twispunt geword en Konstantyn die Grote het in 325 n.C. n vergadering van kerkleiers in Nicea vandag Iznik, suidoos van Istanboel byeengeroep om
  • Grieks - Romeinse kultuur. Die Romeinse Ryk is in die vroeë 4de eeu deur keiser Konstantyn die Grote gekersten. Teen die vroeë 7de eeu het die Christendom oor Europa

Users also searched:

konstantyn i van skotland,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →