Back

★ Krugerwildtuin - artikels met gnd-identifiseerders ..



Krugerwildtuin
                                     

★ Krugerwildtuin

Die Nasionale Krugerwildtuin is die grootste wildreservaat in Suid-Afrika, en n trekpleister vir internasionale en plaaslike toeriste. Die park strek ongeveer 360 kilometer van noord na suid en gemiddeld 65 kilometer van oos na wes. Die park grens in die ooste aan Mosambiek en in die noorde aan Zimbabwe. Die park strek oor die Laeveld van twee Suid-Afrikaanse provinsies, Mpumalanga en Limpopo.

Die Krugerwildtuin maak nou deel uit van die Groter Limpopo Oorgrenspark, n vredespark wat die Krugerwildtuin kombineer met twee nasionale parke in sy buurlande: die Gonarezhou Nasionale Park in Zimbabwe, en die Limpopo Nasionale Park in Mosambiek.

Meer as n miljoen toeriste besoek die Krugerwildtuin elke jaar. Die park bevat ongeveer 2 000 plant-, 507 voel-, 147 soogdier-, 114 reptiel-, en 49 visspesies. Die sogenaamde Groot Vyf diere kan in die park gesien word, naamlik die leeu, olifant, renoster, buffel, en luiperd.

                                     

1.1. Geskiedenis Vroee geskiedenis

Daar is bewyse gevind van oermense wat in die area gewoon het so vroeg as 1.500.000 jaar gelede. Die Boesmans het ook in die area gewoon ongeveer 100 000 jaar gelede. In ongeveer 200 n.C. het die eerste Nguni-sprekende mense vanaf die noorde migreer na die area en die Boesmans verdryf. Teen 800 n.C. het Arabiere die area begin teiken vir slawe deur van die hawe by Mosambiek gebruik te maak. Sommige het hulle in die teenswoordige park gevestig waar hulle in die noordelike dele van die park yster ontgin het. In die Thulamela area kan ongeveer 200 myne gevind word wat dateer van die jare tussen 1250 en 1700 n.C.

Die eerste Europeer wat die area verken het was die Nederlander Francois de Cuiper, wat n ekspedisie van die Kaapkolonie gelei het in 1725 namens die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Die ekspedisie is egter deur plaaslike etniese groepe aangeval by Gomondwane en weggedryf.

Teen ongeveer 1838 het Voortrekkerekspedisies gelei deur Louis Tregardt en Hans van Rensburg die Laeveld verken. In 1845 het João Albasini, n 18-jarige Italianer, die eerste Europeer geword om in die area te kom woon. Hy was gestrand in Mosambiek en het besluit om wes binneland toe te trek. Hy het n opstal gebou en n winkel geopen naby die hedendaagse Phabenihek. Teen ongeveer dieselfde tyd is waroetes regoor die Laeveld gestig wat die Transvaalse Republiek met Delagoabaai in Maputo verbind het.

Goud is in September 1873 in Pelgrimsrus ontdek, en daarna ook in 1881 in Barberton. Fortuinsoekers het na die Laeveld gestroom ondanks hul vrees vir leeus, krokodille en malaria. Hierdie instroming het aanleiding gegee tot n dramatiese vermindering van wilde diere in die omgewing as gevolg van die jag en ruiling van dierehorings en -velle.

                                     

1.2. Geskiedenis Wildreservaat

In 1869 het die runderpesvirus n groot gedeelte van die streek se wild en vee uitgewis. Om wild vir toekomstige jagters te behou, het die Transvaalse Volksraad ingestem tot n klein regeringswildreservaat. Fondse vir die Sabie Wildreservaat is in 1898 verkry, maar toe breek die Anglo-Boereoorlog uit. Ná die oorlog het Majoor later Lt-kol James Stevenson-Hamilton die eerste hoofveldwagter van die park geword in 1902. n Paar maande later is die area tussen die Sabie- en Olifantsrivier ook by die park gevoeg.

Die verre noorde van die park het in 1903 beskerming verkry as die Shingwedzi Wildreservaat. Hierdie deel het n klein driehoek ingesluit wat bekend is as Crooks Corner. Die area is gelee waar die grense van Mosambiek, Suid-Afrika en Zimbabwe ontmoet. In die vroee 1900s was hierdie area n veilige hawe vir jagters, wapensmokkelaars, vlugtelinge en wetteloses. Dit was maklik om oor die rivier van een land na n ander te vlug sou die polisie van n spesifieke land op jou spoor wees. Daar is n gedenkplaat hier opgerig vir die legendariese ivoorjagter Cecil Barnard Bvekenya, wat in die 1920s op die eiland in die middel van die Limpopo geskuil het sodat veldwagters en polisie hom nie in die hande kon kry nie. Ironies het Barnard self later n veldwagter geword en is n polisiestasie hier gebou.

As gevolg van eeuelange jag, was daar egter bitter min wild oor in die reservaat. Met die reputasie van die Laeveld as n malariagebied en die "witman se graf", het Stevenson-Hamilton ook alle mense uit die reservaat verwyder. Hy en ander veldwagters het begin om alle roofdiere uit te skiet om die bokspesies n kans te gee om hul getalle te vermeerder.

                                     

1.3. Geskiedenis Nasionale Park

In 1912 is n spoorlyn gebou wat deur die reservaat geloop het. Stevenson-Hamilton het hierdie spoorlyn suksesvol aangewend om besoekers na die park te lok vir middagete. In 1916 het die regering ondersoek ingestel na die toekoms van die reservaat. In 1926 het die Britse administrasie as n goeie gebaar besluit om die reservaat na Paul Kruger te vernoem en dit as Suid-Afrika se eerste nasionale park te verklaar. In 1927 is die eerste besoekers tot die park toegelaat teen n fooi van £1. Slegs n handvol motors het die park daardie jaar besoek, maar teen 1935 het 26 000 mense deur die hekke beweeg. Tans besoek ver meer as n miljoen toeriste jaarliks die wildtuin.

Stevenson-Hamilton was verras dat die meerderheid besoekers roofdiere wou sien, en het toe opgehou om hierdie diere uit te skiet. Hy het afgetree in 1946, en is oorlede in 1957.

In die 1960s is die Water vir Wildlewe-projek begin om wildgetalle te vermeerder. Ongeveer 300 windpompe met suipkrippe is in die park opgerig. Die watergate het wild na verskeie besigtigingsplekke in die park gelok. Alhoewel dit aanvanklik na n goeie idee geklink het, is daar dekades later ontdek dat meer roofdiere na die watergate gelok is deur die groter hoeveelheid rooibokke en sebras wat daar kom drink het. Voor die watergate gebou is, het die droer areas spesies soos die bastergemsbok gehuisves, maar hulle kon egter nie met die leeus meeding nie. Die park het intussen besluit om die watergate te sluit en die natuur sy gang te laat gaan.



                                     

1.4. Geskiedenis Modernisering

In 1991, is Robbie Robinson as Uitvoerende Hoof van die Nasionale Parkeraad aangestel. Robinson het die oorskakeling van die Krugerwildtuin na die Nuwe Suid-Afrika begin. Robinson het n plan in werking gestel waar die grensdrade op die park se westelike grens verwyder is. Dit laat diere van die aangrensende privaatwildreservate toe om vrylik te beweeg tussen die reservate en die Krugerwildtuin.

In 1998 is die Krugerwildtuin se eerste swart Uitvoerende Hoof aangewys, David Mabunda, later ook hoof van Sanparke, die Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika. Volgens n geskrif van Mabunda in 2003, sal daar in die toekoms veel meer aandag geskenk moet word aan volhoubaarheid in samewerking met die arm gemeenskappe wat rondom die wildtuin se grense woon. Volgens Statistiek SA woon daar drie miljoen mense in 181 nedersettings op die wildtuingrens, hulle het saam n grondeis vir 60% van die Krugerwildtuin ingestel. Deur hersonering van die suidelike deel van die park, word beplan om hierdie gemeenskappe te laat deel in winste verkry uit ekotoerisme, bv. wildkykuitstappies, toegangsbeheer, restourante, begeleide toere, 4x4 roetes, boskampe en moontlik hotelle.

Die volgende deel van die Krugerwildtuin se ontwikkeling is die totstandkoming van die Groter Limpopo Oorgrenspark. Hierdie park stel die Krugerwildtuin in staat om groter troppe diere, wat nie lewensvatbaar in die park onderhou kan word nie, oor te plaas na die ongerepte bos van aangrensende nasionale parke in Mosambiek en Zimbabwe.

                                     

2. Riviere

Weens sy uitermatige grootte, word n groot aantal riviere in die Krugerwildtuin aangetref. Die grootstes vloei almal ooswaarts in die rigting van Mosambiek. Enkeles, van noord na suid gelys, is die:

  • Sabierivier.
  • Limpoporivier.
  • Olifantsrivier.
  • Shingwedzirivier.
  • Timbavatirivier.
  • Luvuvhurivier.
  • Letabarivier.
  • Krokodilrivier.
                                     

3.1. Fauna en flora Soogdiere

Die Krugerwildtuin huisves die Groot Vyfdiere onder die 147 soogdiere wat in die park aangetref word.

Tydens die 2010 sensus, was die wildgetalle soos volg: - 1 600 leeus - 1 000 luiperds - 120 jagluiperds - 150 wildehonde - 3 500 hienas - 13 700 olifante - 10 500 witrenosters - 600 swartrenosters - 26 500 sebras - 3 100 seekoeie - 3 500 vlakvarke - 9 000 kameelperde - 37 500 buffels - 460 elande - 90 bastergemsbokke - 290 swartwitpense - 9 500 koedoes - 300 njalas - 500 bosbokke - 5 000 waterbokke - 150 rietbokke - 11 500 blouwildebeeste - 200 tsessebes - en meer as 120 000 rooibokke.

                                     

3.2. Fauna en flora Voels

Ongeveer 507 voelspesies word aangetref in die park. Gelukkige besoekers kan die "Groot Ses" voels in die park besigtig, naamlik die bromvoel, gompou, swartaasvoel, breekoparend, visuil en die saalbekooievaar.

                                     

3.3. Fauna en flora Plante

Die Krugerwildtuin word verdeel in 6 ekosisteme: kremetartsandveld, mopaniestruikveld, Lebombo knoppiesdoring-maroelaveld, akasiaruigbos, Combretum-silwer bosveld op graniet, en rivierbos. Altesaam is daar 1 982 plantspesies in die park. Van die 336 boomspesies wat in die park aangetref word, is die mees unieke deur sommige genoem die "Groot Vyf" die kremetart, koorsboom, knoppiesdoring, maroela, en mopanie.

                                     

4. Verblyf

Daar is 12 tradisionele ruskampe met 4 satellietkampe in die Krugerwildtuin, grotendeels onder bestuur van Sanparke, die nasionale parkeraad. Gedeeltes van die park word ook deur private maatskappye bedryf. Daar is tans 5 bosveldkampe wat deur Sanparke bestuur word, en verskeie private bosveldkampe wat as konsessies bedryf word. Meeste winkels en restaurante in die ruskampe word ook deur private maatskappye as konsessies bedryf.

                                     

4.1. Verblyf Ruskampe

Al die groot ruskampe in die Krugerwildtuin beskik oor basiese fasiliteite. Daar is inligtingsentrums gelee in Letaba, Skukuza en Berg-en-Dal.

  • Onder-Sabie: Onder-Sabie het n gedaanteverwisseling ondergaan sedert die vorige restourant afgebrand het, ten spyte daarvan dat dit een van die oudste kampe in die park is. n Moderne restourant en nuwe winkel is gebou, en die kamp het safari-tente wat dit die gevoel van n Afrika-boskamp gee. Die kamp is op die oewer van die Sabierivier gelee en besoekers kan uit stoele op die groot restaurantstoep sit en die groot aantal wild besigtig.
  • Krokodilbrug slaapplek vir 208 in 65 kamers: Gelee op die oewer van die Krokodilrivier in die suid-ooste van die park. Krokodilbrug is nie slegs n kamp nie, maar ook n toegangshek met n vulstasie en kampwinkel.
  • Punda Maria slaapplek vir 549 in 133 kamers: Die mees noordelike ruskamp in die wildtuin en oorspronklik in 1919 gebou as n veldwagterspos. Punda Maria is in n ruskamp omskep in 1933.
  • Balule satellietkamp: Sekerlik die mees tradisionele kamp in die wildtuin. Balule bestaan uit n kampeerterrein met 15 plekke en ses rondawels, gelee direk op die suidelike oewer van die Olifantsrivier, voorheen bekend as Ngotsamond. Daar is geen elektrisiteit, restaurant, of winkel nie, maar het warm lopende water in die opwas- en ablusiegeriewe, asook n gemeenskaplike vries / yskas. Alhoewel die kamp digby Olifantskamp gelee is dit n satellietkamp en gaste moet by Olifantskamp, Satara of Letaba aanmeld voor hul aankoms by Balule.
  • Shingwedzi slaapplek vir 614 in 195 kamers: In die verre noorde van die park, nader aan Punda Maria, is Shingwedzi. Bekend vir die grootste olifante in die wildtuin. n Wildrit vroegoggend langs die Shingwedzirivier in n suidoosterlike rigting na die Kanniedooddam is werklik een van die belowendste uitstappies in die Krugerwildtuin. Waterbokke, njalas, koedoes en olifante word gereeld hier gesien en die voěllewe is ook volop.
  • Satara slaapplek vir 980 in 298 kamers: Sentraal gelee en die enigste kamp wat nie naby n rivier of dam gebou is nie. Die Satara-omgewing is bekend onder wildtuingangers as leeuwêreld, met n groot verskeidenheid wildsoorte. Dis ideaal vir wildbesigtiging, as gevolg van die plat veldvlaktes rondom die kamp.
  • Skukuza slaapplek vir 1091 in 355 kamers: Die hoofkamp van die Krugerwildtuin, gelee op die suidelike oewer van die Sabierivier. Die kamp het plek vir meer as 1 000 gaste en beskik oor volle fasiliteite, insluitend n bank, biblioteek, poskantoor, motorwerkswinkel, gholfbaan en kwekery. Die kamp is in 1902 gestig en was oorspronklik "Sabiebrug" genoem. Die kamp se naam is egter in 1936 verander na James Stevenson-Hamilton se Sjangaannaam, Skukuza. Die naam beteken "hy wat skoonvee" of "hy wat alles onderstebo keer".
  • Mopani slaapplek vir 546 in 149 kamers: Die park se nuutste kamp, gebou in 1989. Dit is in die noordelike deel van die park op die oostelike oewer van die Pionierdam in mopanieveld, vandaar die naam. Dit het n moderne styl soos Berg-en-Dal en die kamp beskik ook oor konferensiefasiliteite.
  • Malelane: Voorheen n privaatkamp, een van die park se kleiner kampe. Dit is n satellietkamp van Berg-en-Dal en is gelee in die verre-suide van die park naby die toegangshek met dieselfde naam.
  • Letaba slaapplek vir 781 in 251 kamers: In die sentrale deel van die park op die oewers van die Letabarivier. Een van die wonders van die kamp is n Olifantmuseum wat die tande en skedels van die Manjifieke Sewe Olifante uitstal.
  • Berg-en-Dal slaapplek vir 884 in 221 kamers: Een van die mees moderne kampe in die park, amptelik geopen in Februarie 1984. Die kamp is gelee op die oewer van die Matjuluspruit in die suide van die park. Die kamp is gebou op n ruwe bergterrein - n area bekend vir witrenosters. Die kamp beskik ook oor konferensiefasiliteite en staproetes vir wildbesigtiging.
  • Orpen: n Kleiner kamp wat ook n toegangshek is. Die kamp beheer twee nabygelee satellietkampies, Maroela vir woonwaens en eie tente en Tamboti permanent gemeubileerde tente van die park, 30 met gemeenskaplike kook- en ablusiegeriewe en 10 met eie geriewe.
  • Pretoriuskop slaapplek vir 644 in 233 kamers: n Ouer kamp met n ryk geskiedenis. Die kamp is gebou op die ou wa-roete tussen Lydenburg en Mosambiek. Die kamp is vernoem na MW Pretorius, die seun van die Voortrekker Andries Pretorius. Die kamp is in die suidweste van die park gelee in n area wat taamlik klam en groen is, en word omring deur n paar bergkoppies. Besoekers mag gelukkig wees om swartwitpense en renosters in die area te sien.
  • Olifants slaapplek vir 318 in 178 kamers: Olifantskamp is uniek omdat dit op n baie hoe krans gebou is wat wyd uitkyk op die Olifantsrivier ondertoe. Gelee in die sentrale deel van die park, met 107 pragtige rondawels en twee groter gastehuise, genaamd Nshawu en Lebombo wat elk agt persone kan huisves. Geen kampering word hier toegelaat nie, maar wel piekniek en wildkyk deur dagbesoekers.


                                     

4.2. Verblyf Bosveldkampe

Boskampe is kleiner, afgelee ruskampe wat oor min fasiliteite beskik. Daar is geen restaurante of winkels nie, en slegs oornagbesoekers word toegelaat.

  • Bateleur: Gelee langs die Mashokwespruit ongeveer 40 km suidwes van Shingwedzi.
  • Sirheni: Ook gelee in die noorde van die park, langs die Sirhenidam. Die naam beteken "begraafplaas" en daar is n tipe olifantsbegraafplaas naby die kamp.
  • Talamati: Gelee in die omgewing van Orpenkamp. Die naam beteken "baie water" alhoewel die rivier waar dit gelee is eintlik baie droog kan wees.
  • Biyamiti: Gelee in die suide van die park langs die Mbiyamitirivier.
  • Shimuwini: Gelee langs die Letabarivier. Die naam beteken "Plek van die Kremetart" en verskeie van dié bome kan in die omgewing gesien word.
                                     

4.3. Verblyf Privaat Bosveldkampe

Dié privaat bosveldkampe verskil van die ander bosveldkampe deurdat die hele kamp deur n enkele groep gaste bespreek word. Die kampe is absoluut privaat, en slegs inwoners word in die kampe toegelaat.

  • Boulders kan n maksimum van 12 besoekers huisves. Die naaste kamp is Mopani.
  • Roodewal kan 19 besoekers huisves. Dis gelee tussen Satara- en Olifantskamp.
                                     

5. Eksterne skakels

  • Webkameras in die Krugerwildtuin en.
  • Kaart van die Krugerwildtuin en.
  • Nasionale Parkeraad webblad SANParks en.
  • Webwerf van die Krugerwildtuin en.
  • Toerisme-inligting oor Kruger National Park op Wikivoyage en.
  • Stuart, Chris & Mathilde 2012. National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.
  • Onlangse waarnemings en.
                                     
  • suidelike grens van die Krugerwildtuin Die oewer verskaf uitstekende wildkykgeleenthede, aangesien diere vrylik tussen die Krugerwildtuin en privaat reservate
  • geleë op die suidelike oewer van die Krokodilrivier. Die Nasionale Krugerwildtuin lê noord van die rivier. Privaateienaars besit alle eiendom in Marlothpark
  • Skukuza is die hoofruskamp van die Nasionale Krugerwildtuin Die naam, aangepas vanaf die Zoeloewoord Sikhukhuza, was n troetelnaam vir James Stevenson - Hamilton
  • van die Krugerwildtuin Die samevloeiing met die Olifantsrivier is in n skilderagtige ruigtekloof oos van Olifantskamp in die Krugerwildtuin Hierdie
  • die Krugerwildtuin wat ook die grootste en oudste is. Dit beslaan n gebied van amper 2 000 000 km2 en is in 1898 geproklameer. Die Krugerwildtuin en
  • wat die R532 - streeksroete vanaf Sabie met die Paul Kruger - hek by die Krugerwildtuin verbind. Die roete begin in Sabie en net daarna tak die R537 af. Die
  • die N1 - nasionale pad by Louis Trichardt met die Punda Maria - hek in Krugerwildtuin verbind. Vanaf Louis Trichardt hou die roete oos tot by Thohoyandou
  • in Krugerwildtuin Ngwaritsanarivier Ngwenyamenirivier Noord - Sandrivier N waswitshakarivier by Skukuza N watindlopfuspruit in Krugerwildtuin Nwatinwambuspruit
  • Nedersettings in die munisipaliteit: Ga - Mashishimale Gravelotte Humulani Krugerwildtuin La Cotte Letaba Ranch Leydsdorp Lulekani Majeje Makhushane Maseke Namakgale
  • van Suid - Afrika. Dit is 15 km oos van Hazyview en 8 km noord van die Krugerwildtuin se Phabenihek geleë. Lys van dorpe in Suid - Afrika Hoofplek Mkhuhlu


                                     
  • gaan deur die dorp. Malalane is suid van die Krokodilrivier wat die Krugerwildtuin se suidelike grens vorm en noord van eSwatini geleë. Kaptein G.J. Mkonto
  • Limpopo - provinsiale roete in Suid - Afrika wat Polokwane verbind met die Krugerwildtuin via die dorpe Tzaneen en Phalaborwa. Die R71 word daagliks deur persone
  • Dit is aan die R536 - pad tussen Hazyview en die Paul Krugerhek van die Krugerwildtuin geleë. Lys van dorpe in Suid - Afrika Hoofplek Khokhamoya Sensus 2011
  • in die ooste van Mpumalanga. Dit is enkele kilometer wes van die Krugerwildtuin se grens en naby aan Hazyview geleë. Hoofplek Tshabalala Sensus 2011
  • Alexanderspruit Bankspruit, Mpumalanga Mbiyamitirivier Krugerwildtuin Napispruit Krugerwildtuin Hartebeesspruit Houtbosloop Kaaprivier Noordkaaprivier
  • Mpumalangaprovinsie van Suid - Afrika. Dit is enkele kilometer buite die Krugerwildtuin se grens op die oewer van die Sabierivier geleë. Lys van dorpe in Suid - Afrika
  • Mpumalanga, Suid - Afrika. Dit is naby die suidwestelike grens met die Krugerwildtuin geleë. Lys van dorpe in Suid - Afrika Hoofplek Legogote Sensus 2011
  • in die ooste van Mpumalanga. Dit is enkele kilometer wes van die Krugerwildtuin se grens in die rigting van Hazyview geleë. Hoofplek Nyongane Sensus
  • rivier en n sytak van die Krokodilrivier wat tussen Tekwane en die Krugerwildtuin se grens vloei. Lys van dorpe in Suid - Afrika Hoofplek Tekwane Sensus
  • n streeksroete wat die R538 - streeksroete met die Numbi - hek van die Krugerwildtuin verbind. Die roete is kort, 8km lank. Lys van streeksroetes in Suid - Afrika
                                     
  • Suid - Afrika. Dit is geleë langs R81 - pad na Punda Maria in die Nasionale Krugerwildtuin Lys van dorpe in Suid - Afrika Hoofplek Shigalo Sensus 2011.
  • Suid - Afrika. Dit is langs die pad van Acornhoek na Orpenruskamp in die Krugerwildtuin geleë, en grens wes aan die Timbavati - nedersetting. Lys van dorpe in
  • suidooste van Mpumalanga. Dit is op die suidwestelike grens met die Krugerwildtuin geleë, en wilde diere uit die natuur maak dus gereeld hulle verskyning
  • klein nedersetting geleë langs R81 - pad na Punda Maria in die Nasionale Krugerwildtuin Die naaste dorpe aan Nyavani is Malamulele en Thohoyandou. Nyavani
  • die Jeppesrif - grenspos op grens van Eswatini met die Malelaan - hek van Krugerwildtuin verbind. Die roete kruis die N4 - nasionale pad wanneer dit deur Malelane
  • Dit vloei in n oostelike rigting deur die Laeveld en daarna deur die Krugerwildtuin Die Shingwedzi is n linkerhand - takrivier van die Olifantsrivier wat
  • van Mpumalanga, Suid - Afrika. Die dorp is digby die Phabenihek van die Krugerwildtuin Die belangrikste gewasse wat hier verbou word is piesangs en mango s
  • Mananga - grenspos op grens van Eswatini met die Krokodilbrug - hek van die Krugerwildtuin verbind. Die roete kruis die N4 - nasionale pad met n verspringende kruising
  • R527 - streeksroete, 12 km wes van Hoedspruit met die Orpenhek in die Krugerwildtuin verbind. Tussen die twee punte gaan die roete deur Klaserie waar dit
  • is n dorp in die Limpopoprovinsie van Suid - Afrika. Dit lê digby die Krugerwildtuin aan die oostekant van die provinsie, ongeveer 150 km oos van Polokwane

Users also searched:

krugerwildtuin, artikels met gnd-identifiseerders. krugerwildtuin,

...

Encyclopedic dictionary

Translation
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →