★ Free online encyclopedia. Did you know? page 314



                                               

Murchison, Limpopo

Murchison is n myndorp, n nedersetting ± 40 km wes van Phalaborwa in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Dit val onder die beheer van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani-distriksmunisipaliteit ressorteer.

                                               

Murraysburg

Murraysburg het as n NG-Kerkgemeente ontstaan in 1855, op die plaas Eenzaamheid van 7 000 ha wat van J. Burger gekoop is. Die grond is onderverdeel en erwe is op n openbare veiling verkoop. Dit het £10 000 opgelewer wat gebruik is om die pastorie ...

                                               

Muswodi

Muswodi is n nedersetting in die Musina Munisipaliteit van Vhembe distrik, in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit is suid van die grens met Zimbabwe en in die omgewing van die Limpoporivier gelee.

                                               

Mvezo

Mvezo is n klein dorpie wat op die oewers van die Mbasherivier naby Mthatha, in die voormalige Transkei, Suid-Afrika gelee is. Die oud-President van Suid-Afrika Nelson Mandela is hier gebore, maar hy word op Qunu groot nadat sy vader as die hoofm ...

                                               

Môregloed

Môregloed is n voorstad in die ooste van Pretoria se sogenaamde Moot, die vallei wat van oos na wes loop tussen die middestad in die suide en Magaliesberg in die noorde. Môregloed word begrens deur Waverley in die noorde en ooste, die nywerheidsg ...

                                               

Naboomspruit

Naboomspruit is n dorp in die Limpopoprovinsie in die noorde van Suid-Afrika, sowat 40 kilometer suidwes van Potgietersrus en aan die voet van die Waterberge. Die dorp is vgenoem na die nabome wat langs die oewers van n nabygelee spruit groei. Se ...

                                               

Namakgale

Namakgale is n groot township naby Phalaborwa in die ooste van die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Dit val onder die beheer van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani-distriksmunisipaliteit ressorteer. Nabygelee dorpe slui ...

                                               

Namur (provinsie)

Namur of Namen is n Belgiese provinsie in Wallonie. Die provinsie het n bevolking van 480 105 in 2013 gehad en beslaan n oppervlakte van 3 664 km² met n bevolkingsdigtheid van 130 per km². Die hoofstad is die gelyknamige stad Namur. Namur lê in d ...

                                               

Napier

Hierdie artikel handel oor die dorp in die Wes-Kaap. Vir die stad in Nieu-Seeland, sien Napier, Nieu-Seeland. Napier is ’n dorpie in Kaap Agulhas Munisipaliteit, binne die Overberg Distriksmunisipaliteit, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is sowat 16 km ...

                                               

Natures Valley

Natures Valley is n dorpie en vakansieoord in die provinsie Wes-Kaap van Suid-Afrika. Natures Valley val onder beheer van die Bitou Plaaslike Munisipaliteit, in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit. Die Grootrivier mond hier in die Indiese Oseaan ...

                                               

Nederweert

Nederweert is n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die munisipaliteit Weert en aan die provinsie Noord-Brabant, in die streek van Die Peel. Die munisipale gebied het sowat 17 000 inwoners en n oppervlakte v ...

                                               

Needs Camp

Needs Camp is n swart nedersetting ongeveer 25 km wes van Oos-Londen, in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Dit val onder beheer van die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit.

                                               

Neerijnen

Neerijnen is ’n dorp en voormalige munisipaliteit in die provinsie Gelderland in Nederland. Op 1 Januarie 2019 is Neerijnen opgegaan in die nuwe munisipaliteit West Betuwe.

                                               

Neerpelt

Neerpelt is n Belgiese dorp en voormalige munisipaliteit in die noordweste van die Vlaamse provinsie Limburg, wat grens aan die Nederlandse provinsie Noord-Brabant. Die voormalige munisipale gebied het sowat 16 000 inwoners en n oppervlakte van 4 ...

                                               

Neuf-Brisach

Neuf-Brisach bʁizak", Duits: Neubreisach) is n nedersetting met n bevolking van sowat 1 900 in die gelyknamige kanton van die département Haut-Rhin in Frankryk. Neuf-Brisach lê naby die Rynoewer en die stad Colmar, teenoor die Duitse stad Breisac ...

                                               

New Germany, KwaZulu-Natal

New Germany is n dorp gelee in die binneland van Durban in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is aanvanklik ingesluit by Pinetown en nou in eThekwini. Dit is gestig in 1848 deur n groep van 183 Duitse immigrante wat hulle gevestig het op n katoenpla ...

                                               

New Hanover, KwaZulu-Natal

New Hanover is in die 1850s deur Duitse katoenboere gestig. Die dorp is na Hannover in Duitsland vernoem. Duits word nog baie gepraat in die distrik. Die spoorlyn het die dorp in 1899 bereik. Vandag is die hoof ekonomiese produk suikerriet gevolg ...

                                               

New Park

New Park is n residensiele voorstad van Kimberley, die hoofstad van die Noord-Kaap, Suid-Afrika. New Park dateer van die vroee dae van diamantontginning in Kimberley en was eers bekend as Newton, maar nadat die plaaslike krotbuurte op groot skaal ...

                                               

Newcastle, KwaZulu-Natal

Hierdie artikel handel oor die Natalse dorp. Sien gerus Newcastle vir n lys van ander dorpe en stede met dieselfde naam. Newcastle is n nedersetting in die Natalse middellande, n streek in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is gelee in die noordwest ...

                                               

Newclare

Newclare is n voorstad van Johannesburg, sowat 8 km wesnoordwes van die stadsaal. Newclare grens in die weste aan Bosmont en in die ooste aan Coronationville. Westbury is noord daarvan gelee en Newlands noordwes. Newclare is omstreeks 1905 op die ...

                                               

Newmarket Park

Newmarket Park is n voorstad in Alberton, Gauteng. Volgens die 2011-sensus het Newmarket Park n bevolking van 2 776 gehad, waarvan 40.9% Blankes was. Afrikaans en Engels is die grootste huistale.

                                               

Newton Park

Newton Park is n sentrale voorstad van Port Elizabeth, die grootste stad in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Newton Park word begrens deur Schauderville in die noorde en Greenacres in die ooste. Dit is een van Port Elizabeth se grootste voormalige wit ...

                                               

Ngqeleni

Ngqeleni is n dorp in O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. n Nedersetting in Wes-Pondoland, 32 km suidoos van Mthatha en ongeveer 40 km noord-noordwes van Koffiebaai. Die naam is afgelei van die Xhosawoord n ...

                                               

Ngwenya, KwaZulu-Natal

Ngwenya is n landelike nedersetting in die Groot Vyf Hlabisa Plaaslike Munisipaliteit, Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit in oostelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

                                               

Nieuw-Muckleneuk

Nieuw-Muckleneuk is n gevestigde voorstad in die ooste van Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika. Hierdie woongebied is in 1898 afgebaken, en het met verloop van tyd meer kommersiele en diplomatieke persele verkry. Dit word aan die weste-, ooste- en n ...

                                               

Nieuwerkerken

Nieuwerkerken is n Belgiese dorp en munisipaliteit in die suidweste van die Vlaamse provinsie Limburg, aan die grens met die provinsie Vlaams-Brabant. Die munisipale gebied het n oppervlakte van 22 km² en sowat 7 000 inwoners.

                                               

Nigel

n Prospekteerder het in 1886 goud op die plaas Varkensfontein ontdek en die Nigel Gold Mining Company gestig. Die plaas het aan PJ Lang Piet Marais behoort. Die dorp is eers in 1909 gestig en in 1912 amptelik as dorpsgebied geproklameer. n Teorie ...

                                               

Ninapark

Ninapark is n voorstad in Suid-Afrika, in die suidwestelike hoek van die hoofplek Akasia. Dit is noordwes van Pretoria in die Gauteng-provinsie gelee en is onder beheer van die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit. Ninapark het ongeveer 4 ...

                                               

Nkandla

Nkandla is n dorp en munisipaliteit binne die King Cetshwayo-distriksmunisipaliteit in noordoos KwaZulu-Natal. Dit is ongeveer 280 km noord van Durban gelee. Nkandla is ook die woning van Jacob Zuma, Suid-Afrika se voormalige president. Sy landgo ...

                                               

Nkowankowa

Nkowankowa is n nedersetting sentraal in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Dit val onder die beheer van die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani-distriksmunisipaliteit ressorteer.

                                               

Noardeast-Fryslân

Noardeast-Fryslân is n munisipaliteit in die provinsie Friesland in die noorde van Nederland. Die munisipaliteit is gestig in 2019 deur die samevoeging van die munisipaliteite Dongeradeel, Ferwerderadiel en Kollumerland en Nieuwkruisland. Dokkum ...

                                               

Nongoma

Nongoma is n klein dorp, en die setel van die Nongoma Plaaslike Munisipaliteit, in die noordooste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit lê sowat 300 km noord van Durban en 56 km van Ulundi, die hoofstad van Zululand. Die dorp het in 2011 n bevolkin ...

                                               

Noordhoek

Noordhoek is n voorstad van Kaapstad, Suid-Afrika, gelee onder Chapmanspiek aan die weskus van die Kaapse Skiereiland, ongeveer 35 km suid van die stad self. Die naam "Noordhoek" is geneem uit Nederlands. Dit is die beste bekend vir sy skilderagt ...

                                               

Norkempark

Norkempark is n voorstad in die noorde van Kemptonpark, Gauteng. Volgens die 2011-sensus het Norkempark n bevolking van 12 229 gehad, waarvan 34.7% Blankes was. Afrikaans en Engels is die grootste huistale in Norkempark.

                                               

Northcliff

Northcliff is n welgestelde en eksklusiewe voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Die voorstad is gelee op Northcliffrif, wat aan die een kant n uitsig bied oor die sentrale sakegebied en aan die ander kant van die boomryke noordelike voorstede. ...

                                               

Northmead

Northmead is n voorstad in Benoni, Gauteng. Volgens die 2011-sensus het Northmead n bevolking van 11 655 gehad, waarvan 82.2% Blankes was. Engels en Afrikaans is die grootste huistale.

                                               

Norwood, Johannesburg

Norwood is n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se E-streek gelee, sowat 6 km noordoos van die stadsaal, wes van Louis Bothalaan, tussen Houghton Estate, Victoria en Orange Grove. Die voorstad is in 1903 aangelê.

                                               

Nottingham Road

Nottingham Road is n klein dorpie in die KwaZulu-Natal Middelande in Suid-Afrika. Die dorpie is in die sentrale gedeelte van die Midlands Meander gelee. Die dorpie se naam is afgelei van Fort Nottingham wat 15 km daarvan gelee is.

                                               

Nquthu

Nquthu is n dorp in Umzinyathi-distriksmunisipaliteit in die KwaZulu-Natalprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp is ook die setel van die Nquthu Plaaslike Munisipaliteit.

                                               

Ntondweni

Ntondweni is n nedersetting in die Mtubatuba Plaaslike Munisipaliteit, Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit in noordoostelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

                                               

Nuth

Nuth is n dorp en voormalige munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg. Die voormalige munisipale gebied het sowat 16 000 inwoners en n oppervlakte van 33 km². Die dorp Nuth het sowat 5 500 inwoners. Op 1 Januarie 2019 is Nuth opgegaan ...

                                               

Nuwe Eersterus

Nuwe Eersterus is n dorp in die noordweste van Gauteng, Suid-Afrika, sowat 39 km noordwes van Pretoria. Dit word begrens in die weste deur Soshanguve en die ooste deur Hammanskraal. Die dorp is algemeen bekend as "Eersterus".

                                               

Nuweland

Vir inligting oor die rugbystadion, sien Nuwelandstadion. Die naam van die Johannesburgse voorstad Newlands word nie in Afrikaans vertaal nie. Nuweland is n boomryke, suidelike voorstad van Kaapstad, Suid-Afrika. Dit is n gesogte woongebied met i ...

                                               

Nuwerus

Nuwerus is n dorpie in die noorde van die Wes-Kaap, net noord van die Knersvlakte aan die nasionale pad tussen Kaapstad en Windhoek gelee, sowat 14 km suid van Bitterfontein langs die N7 nasionale pad. Die naam kom uit die dae toe pos nog per kar ...

                                               

Nyara

Nyara is n nedersetting gelee noordoos van Oos-Londen, langs die R349-pad na Morgansbaai. Dit val onder die Groot Kei Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

                                               

Nyavani

Nyavani is n klein nedersetting gelee langs R81-pad na Punda Maria in die Nasionale Krugerwildtuin. Die naaste dorpe aan Nyavani is Malamulele en Thohoyandou. Nyavani ressorteer onder die Thulamela Plaaslike Munisipaliteit van Limpopoprovinsie in ...

                                               

Oberholzer

Oberholzer is n dorp en boerderygemeenskap naby Carletonville aan die Wesrand in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is ongeveer 85 km wes van Johannesburg gelee.

                                               

Observatory, Johannesburg

Observatory is ’n groot tuinvoorstad, sowat 6 km oosnoordoos van die Johannesburgse stadsaal. Die Transvaalse Sterrewag is in 1903 gebou op die rif wat Berea, Yeoville en Bertrams van Bezuidenhoutsvallei skei en wat destyds ’n helder en rookvrye ...

                                               

Odendaalsrus

Odendaalsrus is die oudste mynboudorp in die Lejweleputswa Distriksmunisipaliteit in die Vrystaat provinsie, Suid-Afrika. Die dorp lê 16 km noord van Welkom, 11 km suid van Allanridge en is deel van die Vrystaatse Goudveld.

                                               

Oesterbaai

Oesterbaai is n nedersetting in die Oos-Kaap aan die Indiese Oseaan en is hoofsaaklik n vakansiedorpie. Dit is 23 km wes van Kaap St. Francis en suid van Humansdorp. Die dorpie kan slegs met n grondpad bereik word.

Encyclopedic dictionary

Translation

home

...
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →