★ Free online encyclopedia. Did you know? page 311



                                               

Olifantsfontein

Olifantsfontein is n klein industriele gebied in die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit aan die noordrand van Suid-Afrika. Olifantsfontein huisves meestal industriele ondernemings, soos aanlegte vir gevriesde hoenderporsies, verwerkte melk ...

                                               

Onderbanken

Onderbanken, ook wel De Onderbanken, Óngerbenk) is n voormalige munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale grens. Die voormalige munisipale gebied het sowat 8 000 inwoners en n oppervlakte v ...

                                               

Onhaye

Onhaye is n klein Belgiese dorp en munisipaliteit in die middel van die Waalse provinsie Namur. Die munisipale gebied het n oppervlakte van 66 km² en sowat 3 000 inwoners. Onhaye lê westelik van die stad Dinant.

                                               

Onverwacht, Gauteng

Onverwacht is n dorp in die Tshwane Metro in die Gautengprovinsie van Suid-Afrika. Die nedersetting is ongeveer 40 km noord-oos van Pretoria gelee, naby die myndorp Cullinan. Onverwacht is in 1886 deur pres. Paul Kruger gestig. Tydens die Tweede ...

                                               

Onverwacht, Limpopo

Onverwacht is n voorstad van Lephalale in Waterberg-distriksmunisipaliteit in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. In die 2011 Sensustabelle word Onverwacht as subplek 978038004 Lephalale Ext16 gelys.

                                               

Oos-Vlaandere

Oos-Vlaandere is n Belgiese provinsie in Vlaandere. Die provinsie het n bevolking van 1 515 064 in 2019 gehad en beslaan n oppervlakte van 2 991 km² met n bevolkingsdigtheid van 490 per km². Die hoofstad is Gent. Oos-Vlaandere lê in die noordwest ...

                                               

Oosterhout

Oosterhout is n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, gelee noordoos van die stad Breda in die Baronie van Breda. Die munisipale gebied het sowat 54 000 inwoners en n oppervlakte van 73 km².

                                               

Op-die-Berg

Op-die-Berg of Die Dorp op die Berg is n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie Wes-Kaap. Dit is in die Koue Bokkeveld, noord van Ceres gelee, en is sinoniem met kersieboorde en sneeu in die winter. Op-die-Berg ressorteer onder die Witzenberg Plaa ...

                                               

Opglabbeek

Opglabbeek is n Belgiese dorp en voormalige munisipaliteit in die ooste van die Vlaamse provinsie Limburg. Die voormalige munisipale gebied het n oppervlakte van 25 km² en sowat 10 000 inwoners. Sedert 2019 vorm Opglabbeek en Meeuwen-Gruitrode di ...

                                               

Ophondweni, Jozini

Moet nie verwar word met n ander Ophondweni in Mtubatuba nie Ophondweni is n nedersetting in die Jozini Plaaslike Munisipaliteit, Umkhanyakude-distrik van KwaZulu-Natal provinsie in Suid-Afrika.

                                               

Ophondweni, Mtubatuba

Moet nie verwar word met n ander Ophondweni in Jozini Plaaslike Munisipaliteit nie Ophondweni is n nedersetting in die Mtubatuba Plaaslike Munisipaliteit, Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit in noordoostelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

                                               

Oppermansgronde

Die gebied lê suid van Jacobsdal en tussen Koffiefontein en die oosgrens van die Noord-Kaap. Dit vorm deel van die Letsemeng Plaaslike Munisipaliteit in die Xhariep-distriksmunisipaliteit.

                                               

Opsterland

Opsterland is n munisipaliteit in die provinsie Friesland in die noorde van Nederland. Beetsterzwaag is die administratiewe setel van die munisipaliteit.

                                               

Orange Grove, Johannesburg

Orange Grove is n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se E-streek gelee. Orange Grove is sowat 5 km noordoos van die stadsaal gelee, tussen Norwood en Sydenham. Dis in 1902 aangelê, in die jaar voor Norwood, maar die Or ...

                                               

Oranjeville

Oranjeville is n dorp in die noorde van die Vrystaat in Suid-Afrika. Die oord lê aan die oewer van die Vaaldam. Die dorp is na die Prinse van Oranje van Nederland vernoem en is gestig as n halfweghuis vir ossewaens tussen Heilbron, Frankfort en V ...

                                               

Oranjezicht

Oranjezicht is n voorstad van Kaapstad, Suid-Afrika. Dit is op die ou Oranjezichtplaas gelee, wat eens vars produkte aan die Kasteel die Goeie Hoop verskaf het.

                                               

Orchards, Johannesburg

Orchards is ’n klein voorstad in die noordooste van Johannesburg, noord van Norwood, wes van Orange Grove en Sydenham, suid van Cheltondale en The Gardens, en oos van Oaklands. Orchards is ’n goed gevestigde voorstad met groot straatblokke, boomr ...

                                               

Orchards, Pretoria

Orchards is n voorstad in Suid-Afrika, in die noordwestelike hoek van die hoofplek Akasia. Dit is noordwes van Pretoria se middestad in die Gauteng-provinsie gelee en is onder beheer van die Tshwane-metroraad. Orchards het ongeveer 7 778 inwoners.

                                               

Orlando, Soweto

Orlando is die oudste township in Soweto, Gauteng. Die township is in 1931 gestig en na Johannesburg se burgemeester Edwin Orlando Leake vernoem. Orlando is verdeel in Orlando-Oos en Orlando-Wes. Volgens die 2011-sensus het Orlando-Oos 68 210 inw ...

                                               

Outremont

Outremont is n arrondissement van die Kanadese metropool Montreal wat uit die gelyknamige voormalige stad bestaan. Dit is die tradisionele woonbuurt van Franssprekende welgesteldes en van n groot deel van die plaaslike Hasidiese Joodse gemeenskap ...

                                               

Ouville-la-Rivière

Ouville-la-Rivière is n Franse dorp in die département Seine-Maritime, wes van Dieppe, met sowat 500 inwoners. Die dorp is gelee in die Pays de Caux, op die regteroewer van die Saânerivier. Die dorp word as Ouvilla vir die eerste keer in 1150 genoem.

                                               

Overpelt

Overpelt is n Belgiese dorp en voormalige munisipaliteit in die noordweste van die Vlaamse provinsie Limburg. Die voormalige munisipale gebied het n oppervlakte van 41 km² en sowat 14 000 inwoners. Sedert 2019 vorm Overpelt en Neerpelt die munisi ...

                                               

Overport

Overport is n heuwelagtige residensiele gebied in Durban, Suid-Afrika. Die naam Overport word algemeen gebruik om te verwys na die voorstede van Overport, Sydenham, Sparks en dele van Essenwood, met die deel van Sydenham wes van Brickfieldweg gew ...

                                               

Paarlshoop

Paarlshoop is n voorstad van Johannesburg, sowat 4 km wes van die stadsaal gelee. In die noorde grens dit aan Langlaagte en in die noordooste aan Homestead Park. Die naam is afgelei van die nedersetting Paarlshoop, die oudste privaat dorpsgebied ...

                                               

Palm Beach

Palm Beach is n kusdorpie in die KwaZulu-Natal provinsie van Suid-Afrika. Dit lê in die Ray Nkonyeni Plaaslike Munisipaliteit wat onder Ugu-distriksmunisipaliteit ressorteer.

                                               

Palmerston, Noordelike Gebied

Palmerston is die tweede grootste nedersetting in die Noordelike Gebied, in Australie. Die nedersetting is in 1981 gestig en het in 2011 ongeveer 35 duisend inwoners.

                                               

Pampierstad

Pampierstad is n dorp in die Frances Baard-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp lê in die noordelike deel van die Vaalharts-besproeiingskema en is 14 km vanaf Hartswater gelee. Meeste inwoners is Tswanasprek ...

                                               

Paradise Cay

Paradise Cay is n nedersetting, 3 km suid van Point San Quentin, in die noordweste van Kalifornie. Dit is n nie-geïnkorporeerde enklave wat deur die dorp Tiburon in Marin County omring word.

                                               

Paradysstrand

Paradysstrand is n nedersetting in die Kouga munisipaliteit in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Dit is ongeveer 93 km wes van Port Elizabeth en 7 km wes van Jeffreysbaai gelee.

                                               

Park Rynie

Park Rynie is n vakansiedorp aan die KwaZulu-Natalse kus van Suid-Afrika. Die dorpie is net suid van Scottburgh. Die dorpie is ontwikkel op grond wat deur n maatskappy gekoop is in 1857. Die oord is vernoem na Catherine Renetta, die vrou van John ...

                                               

Parkhurst

Parkhurst is n voorstad suid van Sandton, in Johannesburg, Suid-Afrika. Parkhurst is sowat 6 km noord van die Johannesburgse stadsaal gelee, was van Parktown-Noord. In 1904 was dit n sanderige woesteny, maar I.W. Schlesinger het die grond gekoop ...

                                               

Parkmore

Parkmore is n voorstad suid van Sandton, in Johannesburg, Suid-Afrika, oos van Hurlingham Gardens en Sandhurst en tydens die ou bedeling buite die stadsgrense van Johannesburg. Dit is omstreeks 1907 deur die magnaat I.W. Schlesinger aangelê, sowa ...

                                               

Parktown

Parktown is n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se F-streek gelee. Parktown het met die aanlê daarvan die oorspronklike spogbuurte van die Goudstad, Doornfontein en Belgravia, vervang as die stad se mees gesogte buurt ...

                                               

Parktown-Noord

Parktown-Noord is n voorstad suid van Sandton, in Johannesburg, Suid-Afrika. Parktown-Noord is sowat 6 km noord van Johannesburg se stadsaal gelee. Saam met voorstede soos Parkview, Saxonwold, Parkwood, Forest Town en Rosebank vorm dit deel van n ...

                                               

Parkview, Johannesburg

Parkview is n voorstad suid van Sandton, in Johannesburg, Suid-Afrika. Parkview is sowat 4 km noordwes van die Johannesburgse stadsaal gelee. Dit is aangelê op die plaas Braamfontein en grens aan Dieretuinmeer en die Hermann Ecksteinpark. Die NG ...

                                               

Parkwood

Parkwoord is n eksklusiewe, boomryke voorstad van Johannesburg, sowat 5 km noord van die stadsaal. Parkwood is noord van die Dieretuinpark weerskante van Jan Smutsrylaan gelee. Die eerste huis in die voorstad is in 1901 gebou. Uitbreiding 1 is aa ...

                                               

Paternoster

Paternoster is n vissersdorp langs die weskus van Suid-Afrika in die munisipaliteit Saldanhabaai en sowat negentig minute se motorrit noord van Kaapstad in die provinsie Wes-Kaap. Die naam, wat in Latyn letterlik "Ons vader" beteken, is moontlik ...

                                               

Paul Roux

Die dorp is in 1909 gestig op die plaas Wassou maar was eers Duplessisville genoem ter ere van ene Frans du Plessis. Die plek wat gekies is, was n rusplek van die vroee Voortrekkers, togryers en poskarryers. Die dorp is later na ds. Paul Roux gen ...

                                               

Pearston

Pearston is n dorp in die Oos-Kaap en die middelpunt van n vrugbare landboudistrik. Die dorp is op 21 September 1859 gestig toe n vergadering op die plaas Rustenburg van Casper Lötter gehou is en besluit is dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk ...

                                               

Peel en Maas

Peel en Maas is n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Maasrivier en aan die provinsie Noord-Brabant, en wat deels in die streek van Die Peel lê. Die munisipale gebied het sowat 43 000 inwoners en n oppervlakte v ...

                                               

Peer, België

Peer is n Belgiese stad en munisipaliteit in die noorde van die Vlaamse provinsie Limburg. Die munisipale gebied het sowat 16 000 inwoners en n oppervlakte van 87 km². In die dorp Kleine Brogel lê n lugmagbasis van NAVO. Op 20 Augustus 2009 is n ...

                                               

Pelgrimsrus

Pelgrimsrus is n klein historiese delwersdorpie in die bosveldlandskap van die Suid-Afrikaanse provinsie Mpumalanga wat halfpad tussen Ohrigstad en Sabie gelee is. Die meeste beboude erwe is langs die dorp se hoofstraat gelee.

                                               

Pella

Pella is n dorp en sendingpos noordwes van Pofadder in die provinsie Noord-Kaap van Suid-Afrika. Die dorp is omstreeks 1814 as n sendingpos van die Londense Sendinggenootskap gestig, toe Christen-Khoisan hulle in die gebied gevestig het. Die dorp ...

                                               

Pella, Noordwes

Pella is n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Dit val onder die Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Bojanala-distriksmunisipaliteit ressorteer.

                                               

Pennington

Die dorpie is vernoem na die Penningtonfamilie uit Engeland wat aan die begin van die 1900s hier begin boer het. Die dorpie het n belangrike rol gedurende die Unie van Suid-Afrika gespeel. Sir Frank Reynolds, een van KwaZulu-Natal se vroee suiker ...

                                               

Perdekop

Dit is gevestig tydens die perdesiekte-epidemie toe boere gevind het dat perde wat na die bokant van die koppie gebring is teen die siekte beskerm is. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte n uitkykballon van die plek af bedryf om die Bo ...

                                               

Petervale, Johannesburg

Petervale is n voorstad van Johannesburg in Suid-Afrika. Dit is in Gebied 3. Petervale is langs die N1 nasionale pad en word omring deur die voorstede Rivonia, Bryanston en Paulshof. Dit is verder naby aan Sunninghill en Morningside. Daar is n kl ...

                                               

Petrus Steyn

Petrus Steyn is n Oos-Vrystaatse dorpie tussen Lindley, Frankfort, Heilbron en Reitz. Die dorp is in 1914 uitgelê en genoem na die eienaar van die plaas waarop dit gestig is. Die dorp beskik oor die grootste graansilos in die Vrystaat.

                                               

Phahameng

Phahameng is n nedersetting in die noordwestelike Vrystaat, Suid-Afrika. Tydens die apartheidera was Phahameng waar die dorp Bultfontein se swartmense gewoon het. Volgens die 2001-sensus het die nedersetting n bevolking van 20 063 gehad.

                                               

Phahameng, Tswelopele

Phahameng is n township in die Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit, in sentraal-Vrystaat, Suid-Afrika. Tydens die apartheidera was Phahameng waar die dorp Bultfontein se Swart mense gewoon het. Volgens die 2011-sensus het die nedersetting n bevol ...

Encyclopedic dictionary

Translation

home

...
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →